• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Reëls en Aansoekprosedure vir Sportskutstatus

Die verwerwing van Toegewyde Sportskutstatus voldoen aan die statutêre bepaling van Wet 60 van 2000. Lede wat hierdie status verwerf het, mag ingevolge Artikel 16 van die Wet meer as vier vuurwapens vir sportskietdoeleindes besit.

  • Toegewyde Sportskutstatus is geskik vir lede wat aktief aan sportskietaktiwiteite of kompetisies deelneem.
  • Let wel: Ingevolge die beleid van SA Jagters, word Toegewyde Sportskutstatus slegs toegeken aan lede 16 jaar en ouer.
  • Lede jonger as 16 jaar mag wel die opleiding voltooi maar mag slegs aansoek doen vir en die Toegewyde Status wanneer hulle 16 jaar oud word en die Toegewyde Status aansoek sal daarom slegs ontvang, verwerk en die Toegewyde Status uitgereik word nadat die lid 16 jaar oud geraak het.

Dit word soms beweer dat dit makliker is om Toegewyde Sportskutstatus te verwerf as Toegewyde Jagterstatus en sommige lede registreer dan liewer Toegewyde Sportskutstatus. Onthou dat die aktiwiteitsvereistes vir die handhawing van Toegewyde Sportskutstatus baie strenger is en werklike sportskietaktiwiteite vereis om die status te behou.

Aansoekprosedure vir Toegewyde Sportskutstatus

  1. Lede wat die voorgeskrewe kursus vir Toegewyde Sportskutstatus wil aflê, kan die senior opleier van hul tak kontak om vir opleiding te registreer.
  2. Lede moet die voorgeskrewe kursus vir Toegewyde Sportskutstatus suksesvol voltooi.
  3. Die Tak se opleidingsbeampte stuur die eksamenuitslae en die lid se voltooide en getekende aansoekvorm na die nasionale kantoor om die sertifikaat vir Toegewyde Sportskutstatus uit te reik.
  4. Met die ondertekening van die aansoekvorm onderneem die lid om aan die minimum voorgeskrewe vereistes van die Wet te voldoen en die aktiwiteitsvereistes van SA Jagters na te kom ten einde Toegewyde Sportskutstatus te behou.
  5. Lede word per SMS verwittig dat Toegewyde Sportskutstatus toegeken is en dat hulle die sertifikaat van die aanlyn lede-administrasiestelsel kan aflaai en druk.
  6. Die takke bepaal self die kursusfooi wat die koste van die handleiding, lapwapen, registrasie en uitreiking van die sertifikaat vir Toegewyde Sportskutstatus insluit.
  7. SA Jagters erken Toegewyde Sportskutstatus wat lede by ‘n ander geakkrediteerde vereniging verwerf het mits sy/haar lidmaatskap by die spesifieke vereniging op datum is en die opleiding deur sodanige vereniging deur SA Jagters erken word. Die lid moet SA Jagters se aansoekvorm vir die uitreiking van Toegewyde Sportskutstatus voltooi en dit saam met die bewys van lidmaatskap van die geakkrediteerde vereniging, ‘n afskrif van die sertifikaat vir Toegewyde Sportskutstatus en bewys van betaling van die eenmalige R250 administrasiefooi stuur aan dedicated@sahunt.co.za SA Jagters sal die aansoek verwerk en die Toegewyde Sportskutstatus uitreik.
  8. Vir lede wat Toegewyde Sportskutstatus verwerf het by ‘n vereniging waarvan die opleiding nie deur SA Jagters erken word nie, word vereis dat hulle eers SA Jagters se voorgeskrewe eksamen vir Toegewyde Sportskutstatus moet aflê (recognition of prior learning) om aan SAJWV se gestelde vereistes te voldoen. Geen kursusfooi is betaalbaar nie, maar ‘n eenmalige administratiewe koste van R250 word gehef vir die uitreiking van Toegewyde Sportskutstatus.
  9. Die lid se ledegeld by SA Jagters moet op datum betaal wees  voordat Toegewyde Sportskutstatus uitgereik kan word.
  10. Lede wat 70 jaar en ouer is kwalifiseer outomaties vir Toegewyde Sportskutstatus sonder om die kursus te voltooi. Die eenmalige administratiewe fooi van R250 is wel van toepassing vir die uitreiking van Toegewyde Sportskutstatus. Sodanige lede voltooi slegs die aansoekvorm vir Toegewyde Sportskutstatus en stuur dit saam met die bewys van betaling van die eenmalige R250 administrasiefooi aan dedicated@sahunt.co.za

Vereistes vir die Handhawing van Toegewyde Sportskutstatus

Die Wet op die Beheer van Vuurwapens bepaal dat ‘n geakkrediteerde vereniging ‘n stelsel moet hê waarvolgens toegewyde status toegeken en bestuur word. SA Jagters vereis dat lede met Toegewyde Sportskutstatus jaarliks teen 31 Oktober ‘n aktiwiteitsverslag indien om toegewyde status te behou. Diegene wat nalaat om aktiwiteite te registreer en dus versuim om aan die bepalings van die Wet te voldoen, se Toegewyde Sportskutstatus sal gekanselleer word.

  • Toegewyde Sportskuts moet aan enige drie sportskietaktiwiteite per jaar deelneem om Toegewyde Sportskutstatus te behou. Dit sluit in ‘n amptelike SA Jagters skietaktiwiteit (tak- en streek-skietdag); ‘n skietaktiwiteit by ‘n ander geakkrediteerde vereniging; en ‘n skietoefening op ‘n skietbaan waar skuts ‘n baanregister moet teken voordat hulle mag skiet.
  • Die bywoning van amptelike aktiwiteite van SA Jagters soos bv. takvergaderings, tak-skietdae en enige ander amptelike skietbyeenkoms word deur middel van die rekenaar-tablet op rekord geplaas.
  • Dit is lede se eie verantwoordelikheid om skietaktiwiteite by ‘n ander geakkrediteerde vereniging op die aanlyn lede-administrasie stelsel aan te bring sodat dit deel kan uitmaak van die vereiste jaarlikse aktiwiteitsverslag.
  • Die aktiwiteite moet voor 31 Oktober van elke jaar gerapporteer word.
FilenameSize
A Microsoft Word file 4A – Toegewyde Status Aktiwiteitsverslag Mei 2020205.28 KB
A Microsoft Word file 5A – Toegewyde Status Geen-Aktiwiteitsverslag Mei 2020202.99 KB
A Microsoft Word file Aansoekvorm vir Toegewyde Jagter en Sportskut Status 2020798.5 KB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!