• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Inyathipark Nuus Februarie 2020

3 Maart was Wêreld Wildlewe Dag. Ons sien deesdae allerhande dae wat vir een of ander herdenking gebruik word. Hierdie is na my mening nogal een waaraan ons aandag kan gee. Die fokus is vanjaar op volhoubaarheid van alle wildlewe. Lees gerus hier bietjie meer oor die bedoeling van hierdie dag.

  1. SA Jagters en die Korona-virus (COVID 19)

Teen die tyd wanneer die nuusbrief u bereik is dit algemeen bekend dat die eerste drie gevalle van mense in Suid-Afrika wat wel Koronavirus opgedoen het positief diagnoseer is. SA Jagters wil geensins bydra tot die histerie wat reeds geskep is nie, maar deel graag die volgende feitelike inligting met lede vir kennisname:

  1. Covid 19 is ʼn aanmeldbare siekte en daarom moet medici en gesondheidswerkers vereis gevalle aanmeld. (Sien hier die skrywe van Departement Gesondheid)
  2. Prof James Robb, ʼn molekulêre viroloog wat in die sewentigerjare reeds navorsing gedoen het oor die groep Korona-virusse, verskaf ʼn paar handige en baie praktiese wenke om moontlike blootstelling en besmetting met Covid 19 te beperk. Lees gerus hierdie handige wenke en moenie moeilik raak as die buurman skielik nie meer wil hand skud wanneer hy groet nie.

Laastens, verskaf ons ook ʼn tegniese inligting van die Departement Gesondheid vir opleidingsdoeleindes wat handig te pas kan kom.

  1. Vuurwapenamnestie

Die vuurwapenamnestie is reeds ou nuus. Dit lyk asof baie min mense gebruik maak van die geleentheid om wapens onder die amnestie in te handig, waarskynlik omdat die Polisie nie daarmee vertrou word nie. Ons sal die proses monitor en enige belangrike verwikkelinge met lede kommunikeer.

Vir enige navrae oor die amnestie skakel gerus vir Petrus Swart by (012) 8089300 of kontak hom per E-pos by petrus@sahunt.co.za

  1. Jagsake

Bek-en-klouseer

Die verbod op veeveilings wat ingestel is na die uitbreek van bek-en-klouseer is opgehef. Alhoewel veeboere nou weer diere op veilings kan aanbied is daar goeie beheermaatreëls ingestel wat behoort by te dra tot die beperking van die verspreiding van die siekte.

Daar behoort in die eersvolgende uitgawe van die SA Jagter ook ʼn artikel te wees met meer inligting oor Bek-en-klouseer.

Jaggeleentheid geborg deur Archers Rock Safaris

Archers Rock Safaris borg ’n jaggeleentheid ter waarde van sowat R50 000 wat ʼn gelukkige lid met ʼn loteryaartjie van R50 per kaartjie kan wen. Die jagpakket wat vir geweer of boogjag, of ’n kombinasie daarvan beskikbaar is, is soos volg:

Een koedoebul tot 52 duim, een wildebeesbul tot 29 duim, twee rooibokramme tot 22 duim, een vlakvark tot 12 duim. Gratis verblyf in vyfster lodge vir twee jagters of een jagter en een gas vir vier nagte met vyf jagdae en ’n gratis spa-behandeling met alle etes, vervoer, koelgeriewe en gidse ingesluit.

Die jag is beskikbaar in die Gravelotte-omgewing tussen 1 Julie en 30 Oktober 2020. Lees meer hier oor Archers Rock Safaris se jaggeleentheid.

Om in aanmerking te kom vir hierdie jag:

  1. Plaas R50 of veelvoude van R50 (vir meervoudige kanse) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077.
  2. Gebruik u eie selfoonnommer en Archers as verwysing.

Inskrywings vir hierdie trekking sluit op 15 Junie 2020. SA Jagters sal u selfoonnommer gebruik om die trekking van die gelukkige wenner van hierdie jag te doen.

Vir enige navrae oor hierdie jaggeleentheid skakel met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za

Trofeemeet

Opleidingskursusse vir trofeemeet vir 2020 het begin met ʼn baie suksesvolle kursus by Hardekool-tak te Musina. Lede wat belangstel om hierdie kursus te doen, kan navraag doen by hulle takvoorsitter. Waar daar ʼn behoefte is, word kursusse op streekvlak gereël.

Jagverslag

Lede word herinner om hul aanlynprofiel op die webwerf na te gaan en aktiwiteite onder die jagverslae te voltooi. Die verslag voorsien SA Jagters met belangrike inligting wat ons gebruik om sekere regte vir die jagters te beding. U kan ook hierdie opsomming van u geregistreerde aktiwiteite gebruik as motivering vir lisensies vir u jaggewere.

Buffeljag

SA Jagters het die kans om weer soos verlede jaar ’n klompie buffeljaggeleenthede (buffelkoeie) te bekom. Omdat die belangstelling in hierdie jaggeleenthede groot was, het die Raad besluit om ’n waglys te hou van individue wat in hierdie geleenthede mag belangstel. Plaas asseblief u naam op die waglys as u in aanmerking geneem wil word vir so ‘’n geleentheid om ’n buffelkoei te mag jag.

Dit kos R500 per individu om u naam op die waglys te kry. Plaas R500 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik u eie selfoonnommer en Buffelkoei as verwysing.

Vir enige navrae oor hierdie moontlike geleenthede skakel asseblief ook met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za

Wildveiling Allemanskraaldam

Die Vrystaat Provinsie bied op 14 Maart 2020 sy jaarlikse wildveiling by Allemanskraaldam aan. Die aanbod van diere beskikbaar in jagpakkette is hier beskikbaar. Die pryse is redelik op sommige pakkette op hierdie veiling.

  1. Skietsake

Skietsake nuus is stil, bloot omdat die jaarlikse kompetisies nou behoorlik afgeskop het en Streekskietbyeenkomste vinnig op mekaar volg.

Uitnodiging na Australië

Die Sports Shooters Association of Australia het ’n oop uitnodiging aan lede van SA Jagters gerig om aan hulle tweejaarlikse Big Game Rifle Shoot te kom deelneem wat op 12 en 13 September in Darwin plaasvind. Die skietkomitee monitor hierdie uitnodiging. Enigeen wat in Australië wil gaan deelneem, kan met André van der Merwe of Nic Roets skakel.

  1. Bewaring

Die 22ste sessie van die African Forestry and Wildlife Commission (AFWC22) en die Sixth African Forestry and Wildlife Week (AFWW6) vind van 9 – 13 Maart 2020 by Skukuza, KNP plaas. Die African Forestry and Wildlife Commission (AFWC) is een van ses streeksbosboukommissies wat deur die FAO (die VN se voedsel en landbou-organisasie) gestig is om as ʼn forum te dien waar lidlande beleid en tegnologie oor bosbou en wildlewe op streekvlak kan bespreek. Dit vergader elke twee jaar. Die doel van die AFWC is om te adviseer oor die formulering van beleid in die bestuur van bosbou en wildlewe; om implementering en koördinering daarvan te hersien; inligting uit te ruil; te adviseer oor beste praktyke; en om aanbevelings te maak oor bogenoemde.

Die tema vir vanjaar is Forests and Wildlife: Africa’s diversity for shared prosperity and security. SA Jagters bied in samewerking met die Wildlife College en SANParke ʼn besprekingsessie aan oor Biodiversity for Societies in Africa. Dit sal onder andere aspekte insluit oor die werk wat die organisasie en sy vennote doen om ʼn verantwoordelike wildlewe ekonomie te stimuleer wat die welstand van mense bevorder terwyl dit bydra tot bewaring. Dit is deel van die tema wat die rykdom en diversiteit van Afrika se hulpbronne beklemtoon en die rol wat dit speel in miljoene mense se welstand, volhoubare lewenstyl, werkskepping, voedselsekuriteit en voeding wat die grondslag is vir nasies se robuustheid, ekonomie en vooruitgang.

  1. Opleiding

SA Jagters bied in samewerking met die Wildlife College opleiding aan in die jag van gevaarlike wild. Net lede met toegewyde jagterstatus kwalifiseer. Slegs ses deelnemers per kursus word toegelaat om persoonlike aandag aan elke kursusganger te verseker. Dit kos R4 000 per persoon per kursus en sluit opleiding van twee spesies per kursus in. Die eerste twee kursusgangers wat betaal, bepaal die spesies vir daardie spesifieke kursus, byvoorbeeld “Olifant en Buffel”. Opleiding is beskikbaar vir Olifant, Buffel, Leeu, Luiperd, Seekoei en Krokodil.

Die Wildlife College verskaf die volgende toerusting: `ʼn Kampkombuis, kampstoele, kookgerei, eetgerei, messegoed en `ʼn braairooster. `ʼn Veilige stoorfasiliteit vir kruideniersware is beskikbaar om dit teen bobbejane te beskerm. Ander geriewe sluit in `ʼn watertenk, toilet, stort en sonkraglanterns. Let wel: kursusgangers moet self vuurmaakhout, ys, yskas, voedsel en drinkgoed bring. In sommige gevalle word verblyf verskaf, terwyl kursusgangers by ander kursusse self verblyf moet verskaf.

Kursus tipe 1: Die ses kursusgangers bly in drie tente wat elk toegerus is met twee kampbeddens en matrasse.  

Kursus tipe 2: Die ses kursusgangers voorsien hulle eie tente, matrasse, kampbeddens of mobiele verblyf.  

Vir navrae en besprekings, tree in verbinding met Liesel by (012) 808 9325 of liesel@sahunt.co.za

Vir die brief met meer inligting insake die kursus kliek op hierdie skakel.  

NB: Belangstellendes moet oor toegewyde jagterstatus beskik

Kursusdatums vir 2020

2 – 5 April (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

23 – 26 April (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

30 April – 3 Mei (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

28 – 31 Mei (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

4 – 7 Junie (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

25 – 28 Junie (x 4 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

6 – 9 Julie (x 6 Plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)

9 – 12 Julie (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)

13 – 16 Julie (x 6 Plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)

16 – 19 Julie (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)

20 – 23 Julie (x 6 Plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)

23 – 26 Julie (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)

27 – 30 Julie (x 6 Plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)

30 Jul – 2 Augustus (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)

6 – 9 Augustus (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

27 – 30 Augustus (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

3 – 6 September (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

24 – 27 September (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

Verskaf die volgende inligting met bespreking en betaling van die kursusfooi:

  • Naam en van
  • Lidnommer
  • Nommer van Toegewyde Jagterstatus
  • Telefoonnommer
  • Voorkeurdatum vir bespreking

Kyk na `n kort video wat `ʼn idee gee oor die aard van die opleiding.

  1. Handaflewering van die SA Jagter

Ons het voorheen berig dat die SA Jagter-tydskrif per hand by u woonadres afgelewer kan word in die groter dorpe en stede. Hierdie aflewering is baie meer betroubaar as die Poskantoor. Ons kan ongeveer 10 000 lede se aflewering van die SA Jagter meer betroubaar maak deur die tydskrif per hand by die huisadres te laat aflewer.

On the Dot sal vanaf  April lede se eksemplare van SA Jagter (wat in die laaste week van Maart beskikbaar sal wees) per hand aflewer . Dit word verpak in ʼn groen plastieksakkie om hierdie tydskrifte te kan onderskei van pos wat  die Poskantoor by u huisadres aflewer.

Om te verseker dat u die tydskrif ontvang, kyk of u woonadres korrek is op die lede-administrasiestelsel en stuur dan ʼn e-pos na admin@sahunt.co.za

Ons weet dat daar in sommige gevalle probleme is met handaflewering van ons tydskrifte. Indien u enige probleme ervaar, stuur ʼn e-pos na admin@sahunt.co.za en verduidelik wat die probleem is. Ons sal Media24 vra om aandag daaraan te gee. Let op On the Dot slegs pakkies in groen sakkies per hand aflewer. Indien u skakel sal ons vra in watter kleur sakkie die tydskrif afgelewer is.

  1. Skietgeleenthede van SA Jagter (tydskrif) in 2020

SA Jagter tydskrif bied weer twee spesiale skietgeleenthede aan in 2020. Die haelgeweerskiet is afgehandel.

Daar is ʼn ghongskiet op 9 Mei 2020 by Jan “Staal” du Toit se skietbaan tussen Ermelo en Amersfoort. Safari Outdoor borg die kompetisie met uitstekende pryse.

Lees hier vir meer inligting. 

  1. Lidmaatskap

Die ledetal van SA Jagters bly naastenby konstant op 41 975 opbetaalde lede op 3 Februarie 2020 nadat klompie lede geblok is weens laat of nie-betaling van ledegeld. Ons vertrou dat ons meeste van hierdie geblokte lede sal terugkry.

Werf lede vir kommissie

Die Raad het besluit dat elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, kommissie van tussen R 100 tot R150 per lid sal ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad het ook besluit om ʼn aantal kommissie agente aan te stel om lede te werf. Lede wat weet van iemand wat nie ʼn lid is van SA Jagters nie, wat gereeld reis en mag belangstel om lede vir SA Jagters te werf teen kommissie, kan hulle besonderhede soos kontaknommers, fisiese adres, die gebiede waar hy/sy gereeld reis en by welke geleenthede hy/sy lede sou kon werf, stuur na fredc@sahunt.co.za. Ons het nog baie min belangstelling gehad in hierdie proses. Ons sal graag ʼn klompie mense wil aanstel om teen kommissie vir ons lede te werf.

Ons sal ook aansoekvorms vir lidmaatskap weer begin plaas by ʼn verskeidenheid handelaars. Kyk uit vir die geleenthede wat dalk hier mag voordoen.

  1. Ivoorprojek

Die Doctari ivoormes-projek is weer goed op dreef nadat ons effe agter geraak het met bestellings en aflewerings. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien slegs 150 messe in hierdie projek gemaak word. Daar is reeds 100 messe verkoop.

Belangstellendes kan R5 500 in die bankrekening van SA Jagters betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

  1. Kommersiële sake

Die ooreenkoms met Humansdorp Koöperasie loop reeds vanaf 1 November en bied unieke geleenthede aan lede van SA Jagters. Kyk asseblief na die aanbod, dit is uitstekend.

Die ooreenkoms gesluit met Humansdorp Koöperasie hou in dat elke lid en slegs lede van SA Jagters 5% spesiale korting sal kry by aankope op ʼn hele reeks van jag- en skietverwante produkte teenoor hulle gewone pryse. Sien in die lys hieronder by die skakel die lys van produkte waarop die korting geldig sal wees.

Vir Februarie is daar die volgende spesiale aanbod beskikbaar:

Op enige Lothar Walther loop 10%+5% = 15% korting

Op enige Bartlein en Broughton loop 5%+5% = 10% korting

Op alle Hornady doppe en punte vir herlaai 5%+5% = 10% korting

Op alle Lapua doppe en punte vir herlaai 5%+5% = 10% korting

Om hierdie geleentheid te benut:

  1. Besoek die webwerf van Humansdorp Koöperasie by:
    1. http://firearms.humkoop.co.za/
    2. co.za en klik op die skakel vuurwapens
    3. co.za en klik op die skakel vuurwapens
  2. Besluit op die produk waarin u belangstel en plaas bestelling telefonies op per e-pos. Die telefoonnommers en e-pos adresse word hieronder verskaf.
  3. U moet ʼn opbetaalde lid wees en u moet u lidnommer verskaf. Alvorens Humansdorp Koöperasie enige korting aan u sal toestaan sal hul kontroleer of u wel ʼn lid is van SA Jagters en of u ledegeld op datum betaal is. U kan slegs die voordeel van die korting kry indien u ʼn opbetaalde lid is.
  4. Plaas u bestelling by Eduan du Toit, Cheryl Coetzee of Riaan Vermaak by een van die onderstaande telefoonnommers of E-pos adresse:
    1. Telefoonnommers
      1. (042) 2910431
      2. (042) 2951501
  • iii. (042) 2951082
  1. E-pos Adresse
    1. arms@humkoop.co.za
    2. ammo@humkoop.co.za

Wanneer u, u bestelling geplaas het en die rekening betaal is sal die Koöperasie die produk per koerier of in sekere gevalle met ʼn logistiekverskaffer stuur.

Dovetail Wooden Boxes is vanaf Maart deel van die verskafferslys en bied 10% korting aan lede van SA Jagters wat enige van hulle produkte aankoop. Kyk gerus na hulle ammunisiekissies by hulle advertensie in die groep hieronder.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Archers Rock Safaris
  • Dovetail Wooden Boxes

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

  1. HuntEx

HuntEx2020 vind vanjaar van 24 tot 27 April 2020 plaas. Tref betyds reëlings om hierdie skou te besoek. Die detail vir HuntEx is soos volg

Vrydag 24 April: 09:00 – 17:00 Hierdie is die dag wat gesluit is vir die publiek en gereserveer is vir gaste van die uitstallers. Daar is ʼn beperkte getal kaartjies vir besoekers beskikbaar op die HuntEx webwerf by www.huntex.net of skakel Dorothy Ras by (012) 8089300. Die koste vir hierdie kaartjies beloop R 200,00 per persoon.

Saterdag 25 April: 09:00 – 17:00

Sondag 26 April: 09:00 – 17:00

Maandag 27 April: 09:00 – 15:00

Die aanlynkaartjies vir 25 tot 27 April kos R110,00 per persoon. Dit spaar tyd en geld want dan hoef u nie tou te staan by die hek om kaartjies te koop nie. Kaartjies by die hek kos R120 per persoon.

  1. Gedenkboek

Ongelukkig is die publikasie van ons gedenkboek vertraag deur die detail bladuitleg wat gedoen moet word. Die boek behoort teen einde Maart beskikbaar te wees. Ons vra  verskoning aan lede wat die boek vroeër reeds in die hand wou kry.

Die finale proewe wat ek nou ontvang het dui duidelik aan dat die boek ʼn uitstekende stuk werk gaan raak vir lede.

Die boek is beskikbaar in A4-formaat in twee weergawes: Die een met ʼn gewone omslag teen R 300,00 per boek; en ʼn tweede meer luukse weergawe met ʼn buffelleer omslag. Slegs 100 van die buffelleer-eksemplare teen R1000 elk sal beskikbaar wees. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Vir bestellings, doen die volgende:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R 300 vir die gewone boek of R 1 000 vir die leergebinde weergawe) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.
  2. Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak asseblief baie seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.
  3. IWFF Jaggeleentheid

Die IWWF bied weer vier jaggeleenthede aan wat deur middel van ʼn trekking uitgeloot sal word. Dit kos R50 per kaartjie en bied geleentheid om ʼn goedkoop jaggeleentheid vir die jaar te bekom. Meer inligting is hier beskikbaar

  1. Fotokompetisie

SA Jagters se fotokompetisie vir lede gaan in 2020 voort. Die doel van die kompetisie is om `ʼn portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit op die webwerf, in aanbiedings en advertensies by geleenthede soos die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon.

Aan die einde van elke maand sal ons foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.sahunters.co.za publiseer. Lede sal ook erkenning in die vorm van goud, silwer of brons sertifikate ontvang.

Ons borg het weer `ʼn nuwe kamera as prys vir die algehele wenner beskikbaar gemaak. Die prys sal tydens ons kongres gala-aand aan die einde van die jaar oorhandig word. Ons probeer ook om meer pryse vir die verskillende kategoriewenners te kry.

Ons kategorieë vir 2020 se kompetisie is:

  1. Ons Erfenis. Enige landskap, plant- of dierelewe (insluitend voëls en insekte) wat ons land of buurlande se natuurlike erfenis uitbeeld.
  2. Die Jagter. Foto’s wat mense of diere se jag ervarings en aksies uitbeeld. Onthou asb. dat hierdie kategorie nie foto’s van gejagte diere insluit nie. Stuur daardie foto’s gerus na die tydskrif se Bokspog. 
  3. Die mens in die natuur. Enige foto’s waar mense interaksie met die natuur het.

Lees gerus hier wat u moet doen om in te skryf.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!