SA Hunters Newsletters

SA Jagters Nuusbriewe

So kom ons aan die einde van nog ʼn jaar; ʼn taamlike “deurmekaar jaar”. `n Jaar waarin die konstitusionele hof `n ietwat kontroversiële uitspraak teen SA Jagters gegee het, `n jaar vol hofaansoeke deur verskeie instansies teen die Minister van Polisie en kie, `n jaar waartydens brandstofpryse drasties gestyg het, `n jaar waarin die land verneem het dat grondonteiening sonder vergoeding in Suid Afrika `n moontlikheid is, `n jaar waarin die vuurwapenlisensies oor die laaste maand of so sommer lukraak afgekeur word. Genoeg om enige mens negatief te stem!

We are at the end of yet another year; it was quite a chaotic year. It was a year in which the Constitutional Court handed down a somewhat controversial judgement against SA Hunters; a year of court applications by various institutions against the Minister of Police and co; a year of escalating fuel prices; a year in which land restitution without remuneration in South Africa has become a probability; a year of turning down firearm licence applications randomly. Certainly, more than our fair share of negative news!

Die somer is hier met temperature wat reeds in sommige dele van die land diep in die dertig grade draai. Voor die einde van hierdie week stuur ons die kongresdokumentasie na Takvoorsitters ter voorbereiding vir die SA Jagters se 2018 Kongres. Dis soms ongelooflik om te ervaar hoe vinnig `n jaar verbygaan.