Vanaf 1 Maart is RSA op vlak 1 van die Covid-19 inperking en begin die lewe relatief terugkeer na effens meer normaal. Daar is nog baie dinge wat anders loop as wat ons graag sou wou sien maar ons is nou gewoond aan die nuwe normaal.

Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.

Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.

 

Nuwe Boodskappe

  1. Ou Groen Lisensies

Die gesprek met die Polisie oor `n moontlike proses om ou groen lisensies te vervang, duur steeds voort. Beide PHASA en die versamelaarsvereniging het tot die proses toegetree en die Polisie bied geleentheid tot ongeveer middel Maart 2021 vir voorstelle vir oorweging. Ons sal lede ingelig hou van enige verwikkelinge.

 

  1. Vuurwapenamnestie

Dit is algemeen bekend dat die Vuurwapenamnestie op 31 Januarie 2021 afgeloop het. Die Polisie het op 16 Februarie 2021 terugvoer gegee aan die Portefeuljekomitee in die Parlement oor die Vuurwapenamnestie. Ongelukkig was daar so `n deurmekaarspul met die getalle wapens ingehandig soos deur die Polisie gerapporteer dat daar steeds onsekerheid is oor hoeveel wapens werklik ingehandig is.

 

As voorbeeld die volgende:

Op 3 Junie 2020 het die Polisie rapporteer dat daar tot en met middernag 28 Mei 2020, 23 647 wapens onder die amnestie ingehandig is . Dit was twee dae voor die vorige amnestie sou eindig. Op 16 Februarie 2021 berig die Polisie aan die Portefeuljekomitee dat daar in die vorige amnestie wat op 31 Mei 2020 ten einde geloop het 45 915 wapens ingehandig is. Die verskil is  22 268.

 

Oor die amnestietydperk wat op 31 Januarie 2021 ten einde geloop het berig die Polisie dat daar 80 263 wapens ingehandig is. Oor die 6 maande wat die amnestie geduur het, was die syfers soos volg:

 

Augustus 2020 2 740
Sep-20 3 969
Oktober 2020 4 335
Nov-20 5 311
Desember 2020 6 560
Januarie 2021 57 348
Totaal 80 263

 

Die hoofdoel van die amnestie was om wapens waarvan die lisensies verval het en nie betyds hernu is nie, in te handig sodat die individue weer kon aansoek vir nuwe lisensies vir die wapens om dit weer wettig te besit.

 

Dit is algemeen bekend dat daar ongeveer 380 000 van hierdie wapens was waarvan die lisensies verval het sonder dat daar betyds aansoek gedoen is vir die hernuwing daarvan. As ons aanvaar dat daar nou 80 000 van daardie wapens onder die amnestie ingehandig is, dan bly daar steeds minstens 300 000 wapens waarvan die lisensies reeds verval het in die hande van die publiek.

 

Lede wat wapens ingehandig het en aansoek gedoen het vir nuwe lisensies, moet asseblief geduldig wees. Die lisensies sal sekerlik nie vinnig uitgereik word nie en die Sentrale Vuurwapenregister het `n persverklaring uitgereik waarin hulle beweer dat weens Covid-19 die minimum tyd waarbinne hulle nou lisensies sal kan uitreik, 120 werksdae is, dus minstens 6 maande.

 

  1. Navraag oor uitreik van Vuurwapenlisensies

Die maklikste manier om navraag te doen oor vordering met die uitreik van vuurwapenlisensie-aansoeke, is om die stelsel op die Polisie se webwerf te gebruik. Lees die instruksies en volg die stappe hier om `n idee te gee waar die aansoek in die stelsel is.

 

  1. Vuurwapenlisensies wat verval

SA Jagters kry gereeld navrae van lede en nie-lede wat nie betyds hulle vuurwapenlisensies hernu het nie,  ten spyte van al die korrespondensie oor lisensiehernuwings en die pas afgelope amnestietydperk.

SA Jagters kan nie nou iemand help wie se vuurwapenlisensie nou verval nie, Diegene sit dus met `n onwettige vuurwapen waarmee hy/sy inderwaarheid niks kan doen nie, en kan nie eers die wapen by `n handelaar indien nie. `n Vuurwapen waarvan die lisensie verval het, is onwettig in u besit. Al wat u kan doen is om die wapen by die Polisie in te handig vir vernietiging, of alternatiewelik moet u maar die vuurwapen waarvan die lisensie verval het onwettig hou en veilig in u kluis bêre. Moet dit asseblief nie gebruik of daarmee rondry nie.

Ons herinner lede weer om die lede-administrasiestelsel op ons webwerf te benut om sulke ongemaklikheid in die toekoms te vermy. U persoonlike profiel op die lede-administrasiestelsel maak voorsiening daarvoor dat lede hul vuurwapenlisensies se inligting soos onder andere die vervaldatum daarop kan insleutel. Die stelsel sal lede betyds waarsku indien een of meer van u lisensies verval sodat u betyds vir hernuwing kan aansoek doen.

 

  1. SA Jagters en Sosiale Media

SA Jagters het nou ook `n Facebook blad en Twitter rekening wat ons gebruik om `n groter teikenmark te bereik en die Vereniging te bemark. Ons het begin met die plaas van inligting oor die amnestie in Januarie en het redelike goeie blootstelling gekry.

In Maart verskaf ons `n reeks inligting oor van die dienste wat SA Jagters aan sommige van sy lede bied. Kyk gerus hierna. Volg ons by https://web.facebook.com/SAJagtersHunters (@SAJagtersHunters) en op Twitter by: @SAJagters

Gesels saam en deel die plasings met vriende en taklede. Die SA Jagters se bewaringsblad op Facebook is reeds bekend en deel inligting en nuus oor bewarings.

 

  1. Skietsake

Precision Rifle Federation

Die ooreenkoms met die South African Precision Rifle Federation (SAPRF) ontwikkel mooi en ons takke en lede sal binnekort hulle dissiplines ook as deel van ons skietaktiwiteite kan aanbied.

 

Streekskietkompetisies

Die Streekskietkompetisies het afgeskop. De afgradering van Covid-19 na vlak 1 laat toe dat groter groepe skuts op skietbane byeen kan kom. André van der Merwe het reeds `n aanvullende instruksies en gewysigde protokol vir hierdie doel uitgestuur.

Daar is ook reeds skuts wat voldoen het aan die vereistes om streekskietkleure te kry. Baie geluk!. Doen so voort.

 

Somchem Kruit

Goeie nuus vir herlaaiers is dat Rheinmetall Denel weer kruit plaaslik vervaardig na die herstel van hulle aanleg in die Wes-Kaap. Lees hier wanneer watter soorte kruit weer beskikbaar sal wees.

2019 SA Jagters Browning Nasionale Haelgeweerskietkampioenskap

Die 2019 SA Jagters Browning Nasionale Haelgeweerskietkampioenskap word uiteindelik eerskomende Saterdag by die Wattle Spring skietbaan aangebied. Geniet die geleentheid om weer `n slag `n klompie kleie te breek.

Dit is vanjaar die eerste keer wat die streek haelgeweerskietgeleenthede in 13 streke regoor die land aangebied word wat beteken dat  SA Jagters streek- en nasionale kleure in haelgeweerskiet toegeken kan word.

Om te kwalifiseer vir streekskleure moet `n skut op minstens 85% in een kompetisie op streeksvlak behaal. Om SA Jagters Nasionale Haelgeweerkleure te verwerf moet `n skut wat reeds op streeksvlak gekwalifiseer het, ook 85% behaal by die Nasionale Healgeweerkampioenskap in September. Skuts word slegs na die Nasionale Haelgeweerkampioenskap genooi indien hul aan ten minste een Streek Haelgeweerskiet deelgeneem het en onder die top 150 skuts op die ranglys verskyn. Kyk gerus op die Nasionale skietkalender vir `n skietgeleentheid naby jou.

 

  1. Jagsake

Met die jagseisoen wat voorlȇ begin die onderskeie provinsiale departemente hul jagproklamasies regkry vir 2021. Die Noordkaap het reeds aangedui dat hul proklamasie onveranderd gaan bly. Sien die  Noordkaap Proklamasie hier.

 

  1. Bewaring

In Februarie was die fokus op die vervaardiging van `n dokumentêre video oor SA Jagters. Hiermee wil die Vereniging demonstreer dat ons die leier in Suid-Afrika is op die gebied van verantwoordelike jag en bewaring, sportskiet en vuurwapeneienaarskap. Hierdie is `n gesamentlike inisiatief tussen SA Jagters en The Conservation Imperative, wat daarna streef om die positiewe bydrae van volhoubare benutting (ook jag) tot bewaring uit te lig.

Besoek intussen die SA Hunters Conservation Facebook blad vir `n voorsmakie van wat om te verwag.

 

  1. Bedankings

Dit is nou reeds `n geruime tyd bekend dat die President van SA Jagters, Carl Arnold as president en raadslid bedank het. Danie de Villiers het ook as raadslid en VP Skietsake bedank.

Die Raad het `n kommissie van ondersoek na die redes vir die bedankings aangewys. Daar sal met Takke en lede hieroor gekommunikeer word soos die Raad nodig mag ag.

 

  1. Navrae by SA Jagters Kantoor

SA Jagters ontvang heelparty e-pos en telefoonnavrae van lede. Alhoewel ons nie van enige lid `n blote nommer wil maak nie, maak dit tog die lewe vir ons baie makliker as lede hulle lidnommers met die navraag verskaf. Dit is die vinnigste manier om u lede-profiel tussen die 43 000 ander lede op te spoor. Ons wil die beste diens moontlik aan elke lid lewer. Help ons asseblief deur u lidnommer te verskaf wanneer u enige navraag doen.

 

  1. Hernuwing van Bevoegdheid

Alhoewel die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die betrokke regulasies bepaal dat bevoegdheid saam met die laaste lisensie van die tipe wapen verval (Art 13 Selfverdediging. Art 15 Geleentheidsjag en Sportskiet en Art 16 Toegewyde Jag en Sportskiet) is die praktiese standpunt van die Polisie dat die bevoegdheid soos volg verval en hernu behoort te word.

Art 13 (Handwapen of haelgeweer vir Selfverdediging) 5 jaar na die bevoegdheid uitgereik is

Art 15 en Art 16 (Enige wapen wat gelisensieer is vir geleentheidsjag of sportskiet en enige wapen wat gelisensieer is vir toegewyde jag of sportskiet) 10 jaar na die bevoegdheid uitgereik is.

Neem kennis hiervan en doen betyds aansoek om ook u bevoegdheid te hernu. Onthou dat wanneer u aansoek doen vir enige lisensie of hernuwing van `n lisensie moet u beskik oor `n geldige bevoegdheid vir die tipe wapen waarvoor u aansoek doen vir `n lisensie.

Laat weet gerus as daar enige vrae is hieroor.

 

  1. Fotokompetisie

Die Vereniging stel vanjaar `n nuwe beoordelingstelsel vir die SA Jagter Amateur Fotokompetisie in werking. Beoordelaars sal die foto’s volgens die temas van die jaar se kompetisie beoordeel en deur middel van `n puntestelsel konstruktiewe terugvoer aan die fotograwe gee om lede aan te moedig om hulle vaardighede te verbeter.

Erkenning vir sertifikate is soos volg: 60-74% Brons, 75 – 89% Silwer, 90-100% Goud.

Lees gerus hier wat u moet doen om in te skryf en hoe die reëls vir die kompetisie werk

Kategorieë vir die 2021 Kompetisie

  1. Bewaring in Aksie – Foto’s wat bewaringsaksies en gemeenskapsdiens deur lede of die tak uitbeeld.
  2. Plant- en Dierelewe – Foto’s wat plant- of dierelewe, insluitend landskappe, voëls, reptiele en insekte uitbeeld. Onthou asseblief dat hierdie kategorie nie foto’s van gejagte diere insluit nie.
  3. Ons kulturele erfenis – Foto’s wat die kultuurerfenis van ons land en sy mense oor die totale spektrum uitbeeld.
  4. Fotografie werkswinkels

Om fotografie verder te bevorder beplan SA Jagters om fotografie werkswinkels op streek en takvlak aan te bied. Opleiding sal op 3 vlakke plaasvind: beginner, gevorderd en meesters, of `n kombinasie van die drie vlakke en lede sal `n sertifikaat van voltooiing toegeken word.

Om ons te help met die beplanning en implementering van die werkswinkels, vra ons dat takke en lede wat sou belangstel om `n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur met die volgende inligting: naam en van, streek en tak, kontaknommer, vlak van opleiding (fotografiekennis).

 

  1. Spesiale Aanbiedings

SA Jagters het verwantskappe met verskeie handelaars wat spesiale korting aan lede bied. Sommige van hierdie verskaffers stel van tyd tot tyd spesiale aanbiedings vir `n beperkte tyd beskikbaar.

 

Media 24 Produkte

Media 24 het as spesiale aanbod aan lede van SA Jagters vir toegang tot Netwerk 24 se volle produkreeks elektronies aangebied teen `n koste van R 75 per maand. Kry meer inligting oor die aanbod hier.

 

Adventure Afrika Tydskrif

Die meeste buitelewe, reis en kampeertydskrifte het verlede jaar gesneuwel met die Covid 19 inperking, of die publikasie daarvan is ernstig ingekort. Twee jong entrepreneurs het die dapper stap gewaag om in hierdie marksegment `n nuwe tydskrif te begin uitgee en so het Adventure Afrika die lig gesien. Hulle intekenfooi is gewoonlik R430 vir 12 uitgawes. Hulle bied dit aan SA Jagters teen slegs R350 vir 12 uitgawes. Lees meer hier.

Adventure Africa is `n opwindende, nuwe en veelsydige 4x4, kampeer, en lewenstyl tydskrif. Die vyfde uitgawe is propvol avontuur en reise regoor die land en die kontinent. Teken in voor die einde van Maart vir `n kans om `n vakansie te wen vir twee mense na Mapesu Private Wildtuin naby Mapungubwe. Intekengeld vir 12 maande is R430 maar met `n aansienlike afslag van R350 aan lede. Stuur `n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir meer inligting (gebruik SAJ/Subs in titel).

 

Doctari Messe

Die Doctari ivoormes-projek is weer op dreef. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien daar net 50 van hierdie messe beskikbaar is. 

Belangstellendes kan R5 500 in die bankrekening van SA Jagters betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Gedenkboek

Die gedenkboek is steeds beskikbaar. Dit is voorwaar `n uitstekende publikasie.

Die boek is beskikbaar in A4-formaat in twee weergawes: Die een met `n gewone omslag teen R300 per boek; en `n tweede luukse weergawe met `n buffelleer omslag. Slegs 100 van die buffelleer-eksemplare teen R1000 elk sal beskikbaar wees. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Vir bestellings, doen die volgende:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek of R1 000 vir die leergebinde weergawe) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.

Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

 

Buck-knipmesse

Daar is slegs 220 van die beperkte reeks van 500 Buck-knipmesse teen R 1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Uitverkoping SA Jagters Winkel

SA Jagters het besluit om sy klerevoorraad uit te dun en ons produkreeks te verander. Talle items is tans op `n spesiale uitverkoping. Rig navrae aan Rene by (012) 8089300 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Humansdorp Koöperasie

Humansdorp Koöperasie bied vir Maart 2021 grootmaat ammunisie aan Takke en lede teen spesiale pryse. Maak u bestelling op en stuur dit deur die Tak aan om die spesiale pryse te kry. Wanneer u die bestelling plaas, dui asseblief aan dat u `n lid van SA Jagters is. Die volgende is beskikbaar:

Lapua .22 ammunisie in SK, SK Standard Plus en SK Magazine

9 mm Par ammunisie in Sellier en Bellot, ZVS en Winchester

7,62X51 (308 Win) FMJ – hier is heelwat surplus ammunisie teen redelike prys beskikbaar

 

Ondersteuning aan Lede

Baie van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Hieronder is inligting van geleenthede wat ons lede aan ander lede bied om mekaar te help.

  1. Retha van der Walt en twee ander outeurs \ het `n splinternuwe boek gepubliseer oor Fungi and Lichens of the Limpopo Province. Hierdie boek is gebaseer op Retha se navorsing oor `n hele paar jaar oor die wilde fungi en ligene wat natuurlik in die Limpopo-provinsie voorkom. `n Mens kan amper nie dink daar steeds nuwe spesies ontdek word nie. Spesies van hierdie plante wat wel in die wêreld bekend is vir die eerste keer in die Limpopo-provinsie en in die Limpopo-vallei opgespoor. Alhoewel hierdie `n wetenskaplike werk is, is dit steeds interessante leesstof. Die standaardprys is R 380 plus posgeld. Retha bied 10% korting aan lede van SA Jagters wat die prys afbring na R 342 plus posgeld. Kyk gerus hier na meer detail oor hierdie boek.
  2. Goeie droë bosveld vuurmaakhout is beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria-omgewing. Meer detail hier.
  3. Wildsvleisresepteboek – Lede kan R50 afslag kry per eksemplaar. Ouma Leonè de Lange gee R50 afslag en skenk R50 aan SA Jagters vir elk resepteboek wat sy verkoop op https://www.ouma-se-wildsboek.co.za Gebruik die “SAHUNT” promosiekode wanneer jy die boek bestel. Die resepteboek is perfek vir die jagter, en sluit 220 resepte in om op die kampvuur te maak; omskakelingstabelle vir gewig en oondtemperature.
  4. Frikkie Bouwer een van die ouer lede van SA Jagters het klompie patrone, punte en doppies beskikbaar in die volgende kalibers: 30 06 Sprg, 308 Win, 30-30, 7X57mm. Kyk gerus hier vir meer detail.

 

Herhalende Boodskappe

  1. Jagsake

Jaggeleentheid geborg deur Archer’s Rock Safari’s

Archer’s Rock Safari’s borg ’n jaggeleentheid ter waarde van sowat R50 000 wat `n gelukkige lid met `n R50 kaartjie kan wen. Die jagpakket vir geweer of boogjag, of ’n kombinasie daarvan, is soos volg:

Een koedoebul tot 52 duim, een wildebeesbul tot 29 duim, twee rooibokramme tot 22 duim, een vlakvark tot 12 duim. Gratis verblyf in vyfster lodge vir twee jagters of een jagter en een gas vir vier nagte met vyf jagdae en ’n gratis spa-behandeling met alle etes, vervoer, koelgeriewe en gidse ingesluit.

Aangesien ons nie nou die jaggeleentheid kan benut nie, het Archer’s Rock Safari’s ingestem om hierdie geleentheid uit te stel na 2021. Diegene wat reeds `n kaartjie gekoop het, sal nie die kans verbeur nie. Vir die res, is hier nou weer `n geleentheid om deel te neem. Lees meer hier oor Archer’s Rock Safari’s se jaggeleentheid. By voorbaat dankie aan Archer’s Rock wat die jaggeleentheid aangeskuif het.

Om in aanmerking te kom vir hierdie jag:

  1. Plaas R50 of veelvoude van R50 (vir meervoudige kanse) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077.
  2. Gebruik u eie selfoonnommer en Archers as verwysing.

Inskrywings vir hierdie trekking sluit op 30 Maart 2021. SA Jagters sal u selfoonnommer gebruik om die trekking van die gelukkige wenner van hierdie jag te doen.

Vir enige navrae oor hierdie jaggeleentheid skakel met Boetie Kirchner by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Hierdie jaggeleentheid sal tussen Junie en Augustus 2021 plaasvind.

 

  1. Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

SA Jagters het nou 43 543 lede.

Die Raad het besluit dat elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, kommissie van tussen R100 tot R150 per lid sal ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Takke kan ook hierdie vorms by Dorothy Ras aanvra by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

  1. Kommersiële sake

Die ooreenkoms met Humansdorp Koöperasie bestaan reeds vanaf 1 November 2019 en bied unieke geleenthede aan lede van SA Jagters. Dit is `n uitstekende aanbod. Lede van SA Jagters kwalifiseer vir 5% spesiale korting op aankope van jag- en skietverwante produkte. Volg die skakel by die lys van produkte hieronder vir inligting oor afslag.

Neem asseblief kennis dat die aflewering van produkte dalk bietjie later kan plaasvind.

Om hierdie geleentheid te benut:

  1. Besoek die webwerf van Humansdorp Koöperasie by:
    1. http://firearms.humkoop.co.za/
    2. co.za en klik op die skakel vuurwapens
    3. co.za en klik op die skakel vuurwapens
  2. Kies die produk waarin u belangstel en plaas bestelling per e-pos. Die e-pos adresse word verskaf.
  3. U moet `n opbetaalde lid wees en u lidnommer verskaf. Alvorens Humansdorp Koöperasie enige korting toestaan, sal hul nagaan of u `n lid is van SA Jagters en of u ledegeld op datum betaal is. Slegs opbetaalde lede kwalifiseer vir die korting.
  4. Plaas u bestelling by Eduan du Toit, Cheryl Coetzee of Riaan Vermaak by een van die onderstaande E-pos adresse:

E-posadresse

  1. This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  2. This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Sodra die bestelling ontvang en die rekening betaal is, sal die koöperasie die produk laat aflewer.

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar. Neem asseblief kennis dat sommige van hierdie verskaffers gesluit kan wees gedurende die inperking.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit  
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Archers Rock Safaris
  • Dovetail Wooden Boxes
  • 4Deadlock Skietstok

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB