Fotografienuusbrief 22 Oktober 2021

Nuut in dié maand se nuusbrief:
*POPI wet op nuusbriewe

*Opleidingsdatums beskikbaar
*Nuwe fotostorie
*
September Fotokompetisie-toekennings


POPI wet op kommunikasie

SA Jagters lede kan hier hulle nuusbriefopsies bestuur om te verseker dat hulle die maandelikse fotografienuusbrief ontvang. Die nuusbrief sal nog net ‘n paar keer onder algemeen verskyn, maar sal mettertyd onder die nuuskategorie Photography uitgestuur word.

 

SA Jagters Fotografie-opleiding

Opleiding is deel van die inisiatief om fotografie in die Vereniging te bevorder.

1) Fotowenke
Die nuutste fotowenke oor hoe om ‘’Hoë Kontras-foto's’’ te neem, is beskikbaar op Facebook hier en op die SA Hunters -webwerf hier.
Hoe om te Tuinvoëls af te neem hier.
Hoe om Sonsondergange en Sonsopkomste te fotografeer hier.

Vir nog 12 ander fotowenke, volg die Facebook-skakel #phototips.

              

2) Aanlynsessies

Die aanlynsessie oor blootstellingsmodusse (exposure modes) wat op 15 en 16 Oktober plaas gevind het was ʼn groot sukses. 40 lede het geregistreer, maar ongelukkig het ʼn paar lede krag- en internet onderbrekings ervaar. Daar is egter ʼn groot aanvraag om weer die sessies aan te bied. Ons sal die datums in Januarie 2022 bekend stel.

Lede wat belangstel om die aanlyn fotografiesessie oor blootstellingsmodusse by te woon, kan ʼn e-pos stuur aan Marette Bennett by sahuntphoto@gmail.com

 

3) Werkswinkels           

Die 2-dag werkswinkels wat in Pretoria by die Rietvlei natuurreservaat aangebied word se datums is reeds in die vorige nuusbrief van uitgestuur. Daar is nog twee plekke beskikbaar vir 12/13 November 2021 (Vrydag en Saterdag).

Kostes en kursusbeskrywing is in die vorige nuusbrief van 5 Oktober 2021 uiteengesit.


SA Jagters Fotografieklub

Die Fotografieklub se amptelike doen en late is vir eers op die Facebook platform. Kliek hier om by die Facebook-groep aan te sluit en nooi gerus mense uit.

Die Fotografieklub sal in 2022 op takvlak uitgebrei word. Meer inligting sal volg.

Die Fotografieklub se Facebook-hoogtepunte is op die SA Jagters webwerf onder Photo blog hier.

  • Fotografieklub Fotouitdaging

    Die Fotografieklub se maandelikse uitdagings se foto-albums is op die SA Jagters webwerf te sien by:  #voëls   #blomme   #big3

    Dieselfde foto-albums is ook op Facebook by:  #voëls    #blomme   #big3

Die Oktober foto-uitdaging se tema is #katte.
Kliek hier vir meer inligting op Facebook en hier vir die SA Jagters webbladskakel.

SA Jagterslede wat nie ʼn Facebook-profiel het nie, maar ook aan die uitdaging wil deelneem, kan navrae stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  Of, stuur jou katfoto’s met al die foto-inligting en jou persoonlike inligting na dieselfde e-posadres met #katte in onderwerplyn.

  • Fotografieklub Bladomslag

    Die jongste Fotografieklub bladomslagfoto is Cathy Roets se besondere foto van 3 jong leeumannetjies. Kliek hier op te sien op Facebook.

    Ons kies elke tweede week ʼn nuwe foto vir die bladomslag. Aan die begin van Oktober was Taryn Engelbrecht se foto van ʼn bromvoël gekies. Kliek hier vir Facebook.

    Die bladomslag-album met al die verskillende fotos is beskikbaar op die SA Jagters webwerf hier.

SA Jagters se Amateur Fotografiekompetisie

Die laaste ronde van die 2021-fotokompetisie is afgehandel en die September-toekennings is soos volg:
DSLR/Spieëlloos:

Plant- en Dierelewe het 4 goue toekennings opgelewer. Baie geluk aan Edmund Hattingh en Pierre van der Berg wat die top presteerders was. Twintig silwer toekennings is behaal in Plant- en Dierelewe en Sasha Mulder ontvang ʼn toekenning vir BATHA die olifant, in die afdeling Bewaring in Aksie. Wendy Venter se inskrywings in Ons Kultuurerfenis het twee toekennings ontvang. Sewe brons toekennings is verwef in Plant- en Dierelewe.

Die Slimfoonkategorie het 4 silwer en 2 brons toekennings opgelewer in Plant- en Dierelewe en 1 brons toekenning in Ons Kultuurerfenis.

Al die toekennings se foto’s gedurende Oktober is hier te sien.

Die algehele wenner en kategoriewenners vir die 2021 fotokompetisie word einde Oktober aangekondig.

Die 2022-fotokompetisie het reeds op 1 Oktober 2021 begin en sluit op 30 September 2022. Desember en Januarie se inskrywings word saam beoordeel.

Die nuwe kategorieë vir die 2022 Amateur Fotokompetisie is soos volg:
1) Fauna en Flora DSLR/spieëlloos
2)
Fauna en Flora Slimfoon
3)
Takaktiwiteite DSLR/spieëlloos/slimfoon
4)
Die Skietbaan DSLR/spieëlloos/slimfoon
5)
Die Jagveld DSLR/spieëlloos/slimfoon (mense en diere in die jagveld, maar nie foto’s van gejagte diere nie. Stuur gerus foto’s van trofee- en gejagte diere aan Bokspog in SA Jagter/SA Hunter by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)

 

Die beskrywing van die temas en die bygewerkte reëls is hier beskikbaar:

Rig alle fotografie-navrae aan Marette Bennett by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of skakel in kantoorure 082 553 4719.