SA Jagters neem saam met ander rolspelers in die wildlewe sektor deel aan die ontwikkeling van ‘n wildsvleisstrategie vir Suid Afrika wat gelei word deur die Departement van Visserye, Bosbou en Omgewing. (DFFE)

Gekonsolideerde data van meer as 10 000 rekords van jagverslae wat deur die Vereniging se lede ingesamel is, is beskikbaar gemaak vir die proses sonder om detail van lede self beskikbaar te maak. Insette is ook gelewer tydens bilaterale gesprekke en twee werkswinkels op 4 en 5 Mei 2021.

Die voorlopige konsep is tydens die werkswinkel met relevante rolspelers bespreek sodat hul verdere insette kan gee. Lede word aangemoedig om die aanbieding deur te gaan en enige insette deur te stuur aan die bestuurder bewaring,

Lizanne Nel by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of die bestuurder jagsake, Boetie Kirchner by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 

Filename Size
An Adobe Acrobat file DFFE Game Meat Strategy Workshop 1 as Presented by Alsson Network on 4 and 5 May 2021 12.2 MB