SA Jagters is deel van verskeie inisiatiewe waar ons die impak van lood en lood ammunisie op wildlewe en lede ondersoek.  Drie artikels in die verband is in die SA Jagter tydskrif gepubliseer. Een oor die potenisiële risikos, vir lede, een oor die risiko’s vir wildlewe en laastens ‘n artikel waarin twee van die bestuurders skryf oor die implikasies vir die jagter wat die skuif wil maak na nie-lood ammunisie.

Daar is ook begin met ‘n reeks aanbiedings aan takke in die verband wat baie goed ontvang word en geleentheid skep vir interaksie. Indien daar lede is wat meer inligting in die verband benodig, kan hul die artikels op die webwerf vind. Daar word ook saam met die Nasionale Lood Taakspan gewerk aan inligtingstukke wat meer inligting verskaf, insluitende risiko’s van die gebruik van lood ammunisie vir roofdierbeheer, wildlewebestuur en in hengel.

 

Filename Size
An Adobe Acrobat file Lead and Wildlife (part 2) 2.97 MB
An Adobe Acrobat file Lood - wat is jou risiko's (part 1) 1.72 MB
An Adobe Acrobat file Oorweeg monolitiese koeëls vir jag 2 MB