The fun shoots offer variety and at a large number of branches these are annual events.
The following branches hosted fun shoot events and are good examples:
Die Waterberg-tak op Ellisras bied elke jaar die Kode Pienk skietdag vir vroue aan wanneer die mans van die Waterberg-tak – onder leiding van Herman de Lange (takvoorsitter) – vroue uit die gemeenskap op die Knapskoot-skietbaan van dr Willie Barnard bederf.
Lesings oor wapenhantering en praktiese skietopleiding word aangebied op ʼn vlak wat beginners tot gevorderde skuts akkommodeer. ʼn Plaaslike prokureur spreek die vroue toe en vrae oor selfverdediging word beantwoord
Click on image to enlage
Lammergeier-tak bied hierdie besondere ghongskiet reeds vir die afgelope 15 jaar aan die lede in hulle groter omgewing. Pierre Bosch (voorsitter van die Lammergeier-tak) en sy span reël hierdie skietgeleentheid sodat dit vir mans, vroue en kinders in spanverband deelneem en mekaar bystaan met advies oor skietposisies, afstande en bv. windrigting en -sterkte.
Dieselfde kompetisie onder dieselfde reëls maak dit uitdagend vir selfs ervare skuts van hierdie tipe skietkompetisies, maar die minder ervare skuts kry genoeg tyd gee vir hulle skietoefeninge en behaal dikwels besondere hoё tellings.
Click on image to enlage
Die prysuitdeling vind aan die einde van die dag plaas met tafels vol pryse waar elke span kans kry om pryse te gaan kies. Die grootste pryse gaan nie outomaties na die wenspanne toe nie. Gedurende 2022 het die Zeiss-borgskap ook twee verkykers en twee teleskope ingesluit (totale waarde ongeveer R60 000) wat die oggend van die skietkompetisie deur middel van ʼn gelukkige trekking aan vier persone oorhandig is. Twee vroue het die teleskope gewen en twee mans het die verkykers gewen.
Die gees en geesdrif onder die deelnemers en toeskouers is iets om te aanskou! Skuts geniet hierdie pretskietkompetisies terdeë.
Die Vrystaat Sandveld-tak by Soutpan tussen Bultfontein en Bloemfontein in die Vrystaat bied ʼn baie gewilde pretskietgeleentheid met lug- en randslaggewere aan vir alle ouderdomsgroepe. Een van die eienskappe van die pretskiet is dat dit nie op papierteikens geskiet word nie. Die fokus is op ʼn wye verskeidenheid reaktiewe teikens. Ongeveer 130 skuts het die 22 kaliber skietdag in 2019 bygewoon – merkwaardig vir hierdie plattelandse tak met ongeveer 300 lede.
Click on image to enlarge
Op so ʼn skietdag loop die spanning hoog en daar word met smaak vertel hoe ervare skuts sukkel om ʼn 22 geweer se magasyn vinnig genoeg te laai om voort te gaan met ʼn man-vs-man oefening soos met die gholfballe of die Flipping Jack. Skuts moet vinnig skiet en raak skiet. Dit is hier waar magasyne soms onder groot druk herlaai word en patrone selfs op die grond beland. Beslis groot pret!