| Search |
Cheetah - Taknuus |
||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||
|
City/Town: Hertzogville Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it Chairman: Johan van Rensburg Phone: 082 374 7898
Cheetah-lede, jammer dat daar nie Maart ’n taknuus was nie, maar die maand se dae het ’n bietjie te vinnig vir dié voorsitter verbygegaan. Ongelukkig het die reën wat geval het, vir die gesaaides van die meeste van ons, te laat gekom. Baie sterkte aan al die boere wat sit met seker een van die swakste oeste in jare! Ons het Vrydagaand die 12de April ons jaarlikse nagskiet gehad. Baie dankie aan Marius Groenewald en Pieter v.d. Berg wat my gehelp het met die sny en opstel van die skietbaan. Die skiet was ’n reuse sukses. Net jammer die weer het ons bietjie geboikot. Ons kon duidelik sien wie die manne is wat gewoond is om in die nag met ’n lig te skiet. Hoop die lid wat nie besef het die skietgat is 2,5m tot 3m diep nie en daar ingefoeter het, voel darem al beter. Saterdag 13 April het Willie en Jenice van Huyssteen die gewone maandelikse skiet hanteer. Dankie aan die lede wat na die nagskiet hulle weg oopgesien het om weer te kom skiet. Dit is lekker om positiewe lede te hê. Met Vrydagaand se skiet is daar voorbeelde van ’n baadjie (R450.00), onderbaadjie (R350,00) en hemp (R250,00) gewys. Laat weet asb. as jy belangstel, sodat ons dit kan bestel. Jy betaal dit met aflewering. Baie dankie aan Mnr. PJ van Schalkwyk en Omnia wat die tak se sms’e geborg het. Ons waardeer dit dat julle op dié manier bereid is om ons te ondersteun. Program: 11 Mei 2013: Bultfontein/Bloemhof skietoefening en vergadering (kan moontlik skuif a.g.v. skiet op Soutpan) 08 Junie 2013: Hoopstad skietoefening en vergadering op Koppel 10 Aug 2013: Hertzogville balkieskiet en trofeëmeet 14 Sept 2013: Bultfontein/Bloemhof skietoefening en vergadering 12 Okt 2013: Algemene Jaarvergadering en afsluiting (plek sal later bepaal word) Enige veranderings en byvoegings sal per sms aan die lede deurgegee word. Indien u nie sms’e ontvang nie, kontak die takvoorsitter dadelik. U selnommer is dalk foutief. U moet ten minste 2 sms’e per maand ontvang. Lede kan ook ’n sms aan die voorsitter stuur met u lid no., sel no. en e-posadres. Op dié manier kan ons die databasis op datum hou. Ek het aan al die lede ’n sms gestuur en gevra dat u asb. u lid no. en e-posadres aan my stuur. Die van u wat dit nog nie gedoen het nie, stuur dit asb. so gou moontlik. Lekker maand en versigtig met die rigting waarin die geweerlope wys! |
||||||||||||||||||
| Date added: 2010-09-30 04:00:05 Hits: 151 |
| Powered by Sigsiu.NET | |





