Bloemfontein - Taknuus

Bloemfontein - Taknuus

City/Town: Bloemfontein
Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Chairman: Stompie Thuynsma
Phone: 082 564 3792

Bestuur:

O/voorsitter: Rob Stott

Sekretaris: Pieter du Preez

Finansies: Anne Stott

Lede-belange: Leon Nel

Opleiding: Rikus Swanepoel

Skietbeampte: Piet Theron

Sosiaal: Tina Thuynsma

Media: Jonathan Crowther

Met die jagseisoen wat op dreef is en die toenemende getal skietdae en skietkompetisies wat vir ons lede gereël word, is dit tyd om daardie gewere uit die kluis te haal en ’n lappie deur die loop te stoot. Dis nou te sê vir diegene wat dit nog nie gedoen het nie!

Van skietdae gepraat: Die Vrystaat se streek Presidentskiet kompetisie vind op Vrystaat Sandveld se skietbaan (Die Meerkatgat) buite Soutpan plaas op die 11de Mei 2013, dit is nog ’n geleentheid waar skuts hulself kan kwalifiseer om as top 100 skut uitgenooi te word na die nasionale Presidentskiet in September. Kontak gerus vir Robert Stott by rstott@rentit.co.za indien u wil deelneem aan die streekskiet, hy maak spanne op, dit is egter nie nodig om in spanverband deel te neem nie.

Die pas-afgelope pretskiet was ’n groot sukses en die bestuur wil graag almal wat ’n bydrae gelewer het bedank, ’n spesiale dank aan Gerhard Coertzen vir sy reuse bydrae om die dag vir almal moontlik te kon maak.

Kundige sprekers op hul gebied is reeds vir die volgende paar vergaderings vasgeknoop.

Die tak se vergaderings sal voortaan, indien nie anders vermeld word nie, by die A-lodge in Bloemfontein gehou word. Lede wat meer oor die A-lodge wil weet, kan die lodge se webblad by www.alodgeatbloem.co.za besoek. Daar is onder meer ’n roetekaart beskikbaar wat aandui hoe om daar te kom.

Lede moet hulle vergewis van die opgedateerde lys van skietdae en –kompetisies, wat hieronder gedruk word.

Die datums van ons tak se opleidingsessies vir vanjaar verskyn ook hieronder. Onthou asb. ’n kwota van minstens vyf kandidate is vir ’n opleidingsessie nodig. Indien minder kandidate hulself vir ’n sessie inskryf, sal hulle by die volgende opleidingsessie ingedeel word.

Lede, hul familie en ook vriende loop hierdie vergadering en skietdae dus op eie risiko mis!

Meer inligting oor jagaangeleenthede soos die nuwe opleidingsbedeling, jagproklamasies, jagseisoene vir verskillende spesies ens. kan op die SAJWV se webwerf gekry word by www.sahunters.co.za

Jaarprogram:

Ledevergaderings:14/05/13; 04/06/13; 09/07/13; 13/08/13; 10/09/13; 08/10/13; 12/11/13.

Takskietdae by BMSSK: 18/05/13 (vlakte- en bosveldskietoefeninge); 15/06/13 (bosveld oopvisier en rooibok sonder rus); 13/07/13 (rooibok- en vlakvarkskietoefeninge); 10/08/13 (vlakte- en bosveldskietoefeninge); 14/09/13 (buffel- en jakkalsskietoefeninge); 05/10/13; 16/11/13 (22-randslag).

Ander skietdae: 11/05/13– Vrystaat Sandveld (Streek Presidentskiet); 20/07/13 - Vrystaat Sandveld (mees veelsydige skut); 10/08/13 – BMSSK (Silhoeët) Sasolburg (Gauteng ope); 17/08/13 – Soutpan (Nasionale Intertak-spanskiet); 28/09/13 – sal aangekondig word - (Nasionale Presidentskiet); 12/10/13 - Aliwal-Noord (Aliwal-skiet); 19/10/13 - (Sandveld-feesskiet); 26/10/13 - Gerrie Coetzee-groepering skiet; 02/11/13 - (Sandveld-nagskiet).

Opleiding: 06/06/13; 08/08/13; 03/10/13.


Date added: 2010-09-30 03:56:42    Hits: 485
Powered by Sigsiu.NET