Brits - Taknuus

Brits - Taknuus

City/Town: Brits
Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Chairman: Dawie Du Plessis
Phone: 082 573 7154
O/voorsitter Danie van Rensburg  082 5204 816
Skietkoördineerder Neels Botha  125 212 507
Tesourier Francois van Staden  082 4025 033

 

Skietdae te Rashoop: Elke eerste Saterdag van die maand. Kom BRITS taklede, toon julle belangstelling in julle tak se aktiwiteite asseblief.

Opleiding:Vir enige opleiding benodig, kontak vir Dawie du Plessis by 082 573 7154. Die bestuur beplan ook om baie nuwe aanbiedings te hou hetsy op die baan en op sekere dae. Kom ons probeer om die jaar meer lede op die baan te sien.

Ons beoog om ’n groot McQueens skiet aan te bied en met elke skiet wil ons manne op die baan sien om so lede te kry wat ons in Brits-spanne indeel, want ons gaan saam met ander SAJWV-takke spanne skiet.

Mense, die jagseisoen is hier so bring julle gewere en kom kyk waar jy skiet, onthou vir een skoot in die jagveld ± 5-10 op die skietbaan. Dit voorkom slegte skote in die jagveld.

Britstak Haelgeweergroep (BHG): April was ons laaste skietdag tot 7 September 2013. Indien ons soos verlede jaar in Augustus wil skiet, sal u teen Julie 2013 in kennis gestel word. Baan skiet-aktiwiteite hervat op 7 September 2013. BHG sal jaggeleenthede reël gedurende die wintermaande en sal lede op hoogte hou, geniet die jagseisoen en onthou wapenveiligheid en permitte. Belangstellendes kontak Theo Oosthuizen (voorsitter BHG – 082 641 4022).

Daar is ook ʼn braai na elke skiet so bring jou stoel en koelkan met die nodige eet- en drinkgoed.

Program:

06/04/13:           Skiet te Rashoop

04/05/13:           Skiet te Rashoop

01/06/13:           Skiet te Rashoop

Skiet-aktiwiteite sal deurgegee word sodra meer besonderhede beskikbaar is.

Gedagte vir die maand: “Keer vandag jou rug op die twyfel en hou vas aan jou geloof”! Spreuke16 vers 7.


Date added: 2010-09-30 02:28:30    Hits: 358
Powered by Sigsiu.NET