Written by Dr Herman Els
|
02 July 2012
DIE SAJWV JAGTERSGILDE
Na gesprekvoering het die UK op 21 Junie 2012 goedgekeur dat die voormalige toekenning van Meesterjagter op die volgende wyse gewysig sal word en dat daar reeds vanjaar uitvoering gegee sal word aan ’n proses om verdienstelike lede van die Vereniging vir die status van lid van die SAJWV se Jagtersgilde te nomineer (sien notule van NTVF-vergadering van 25 Februarie 2012 aangaande Meesterjagterstatus).
Die aard van die status asook die wyse waarop nominasie en die keuringsproses sal funksioneer volg hieronder.
Takvoorsitters word vriendelik versoek om asseblief met die proses behulpsaam te wees indien dit so is dat van hulle taklede persone tot hierdie status sou wou nomineer.
Dit is belangrik om aan te dui dat die nominasieproses vertroulik sal geskied en dat dit absoluut verkieslik is dat genomineerdes nie bewus gemaak word van die feit dat hulle genomineer is nie.
Read more...