Dedicated Hunters Information

Toegewydejagter aansoek prosedure

Die Toegewyde Jagter/Sportpersoon status voldoen aan die statutêre bepaling van Wet 60 van 2000.   Lede wat hierdie status verwerf het, kan ingevolge Artikel 16 van bogenoemde wet verklaar word as toegewyde jagter/sportpersoon.   Dit bied aan hulle die geleentheid om meer as vier vuurwapens vir jag-/sportskietdoeleindes te besit asook ander voordele.

  • Indien ‘n lid wil aansoek doen om toegewyde jagter/sportpersoon status moet die SAJWV se voorgeskrewe toegewyde kursus suksesvol afgelê word.
  • Indien die lid egter oor een van die volgende kwalifikasies beskik is die toegewyde jagter kursus nie van toepassing nie:    Sertifikaat van toegewyde jagter status van ‘n erkende instansie;   CHASA sertifikaat of ‘n professionele jagter sertifikaat.
  • Die lid moet die SAJWV-skiettoets vir toegewyde jagters by sy tak suksesvol aflê.
  • Krediet word verleen aan aansoekers bo die ouderdom van 70 jaar.
  • Die lid wat die geakkrediteerde toegewyde kursus wil aflê moet die senior Opleier van sy/haar tak kontak. Hy sal reël vir die bywoning van die toepaslike kursus.
  • Die lid moet die kursus met ‘n teoretiese punt van 70% slaag.
  • Ledegeld moet op datum betaal wees alvorens die status uitgereik kan word.
  • Die aansoekvorm is beskikbaar op die webwerf asook by die tak.
  • ‘n Bedrag van R200-00 moet die aansoekvorm vergesel.   (Hierdie bedrag is losstaande van die kursusfooi).
  • Aansoekvorm en bewys van betaling moet gestuur word aan   This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it    of   faks: 0866960223  of  012 808 9343.
  • Geregistreerde toegewyde Jagters/sportpersone moet kennis neem dat hulle, volgens die Vuurwapenwet,  verplig is om jaarliks ‘n aktiwiteits-/nie-aktiwiteitsverslag voor einde Oktober in te dien.  Indien u dit nie indien nie, kan u toegewyde status verbeurd verklaar word.
  • Rig enige navrae aan Trish by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Attached Documents:
FileFile size
Download this file (Aansoek.Toegewyde Jagter.2011.doc)Toegewyde Jagter Aansoek Vorm354 Kb
Download this file (Application Dedicated Hunter.2011.doc)Dedicated hunter Application Form119 Kb

Dedicated Hunter Annual Report

From the number of questions and telephone calls that branch management and Inyathi Park answers on a regular basis, it is clear that there are a substantial number of Dedicated Hunters that  “do not understand active participation or they do not know about the requirement” despite repeated articles via the SA Hunter magazine, “Branch News” and individual correspondence to members from Inyathi Park!

Read more...

Minimum ouderdom vir toekenning van Toegewydejagter status

Dit gebeur van tyd tot tyd dat daar besluite op die Uitvoerende Komitee (UK) geneem moet word wat, ongeag van die besluit, ‘n groot aantal lede ontevrede en selfs baie ongelukkig stem. Die bepaling van ‘n minimum ouderdom vir die toekenning van die status van toegewyde jagter is een van hierdie besluite. Sou die UK besluit dat die minimum ouderdom 18 jaar is, is daar ‘n groot persentasie van ons lede wat goeie redenasies voer hoekom dit jonger moet wees. Besluit die UK dat die minimum ouderdom 12 jaar is, is daar weer ‘n groot persentasie van ons lede met net sulke goeie argumente hoekom dit nie so jonk mag wees nie.

Hoe nou gemaak?

Read more...