Written by Andre vd Merwe
|
19 January 2010

Storietyd - Story telling time!
“Nee Pa, dit is nie hoe jy laas dié storie vertel het nie!” Ek het die vermaning oor die jare meer as een keer van my twee dogters Karlie en Anita gehoor en elke keer kon ek aan die vonkel in my vrou, Henna, se oë sien hoe sy die hele storievertel ritueel saam met ons kinders geniet.
Het storietyd nog sy regmatige plek in elke huisgesin? Ek was bevoorreg om groot te word met ’n Pa wat ons gereeld op stories getrakteer het, en veral met die jagstories het ons kinders aan sy lippe gehang. Uit een van Pa se jagstories het ek die heel eerste keer geleer hoe gevaarlik ’n gekweste gemsbok kan wees en hoe sy Pa (Oupa Andries) diè les prakties in die jagveld aan hom oorgedra het.
Read more...