Die teoretiese eksaminering van beide statusse is identies, die verskil kom in by die moeiliker skiettoets. Die Bekwame Jagter skiettoets bestaan uit nege skote, waarvan 3 uit die lêposisie op 200 meter, 3 uit die sit- of knielposisie op 100m en 3 uit die staande posisie vanaf 50 meter is.
Die Bekwame Jagter skiettoets is baie nou verwant aan die ou “CHASA” skiettoets wat die jagter in die verlede moes slaag, voordat daar statutêre bepalinge ter sprake was. Die hoër status “Bekwame Jagter” is in die lewe gebring om nie afbreek te doen aan die status van lede wat vroeër verplig was om die moeiliker skiettoets te slaag nie. Die SAJWV verkies hierdie praktiese skietvaardigheidsvlak as dié skietvaardigheid waaroor ‘n jagter moet beskik voordat daar verantwoordelik na lewendige diere in die jagveld geskiet kan word. Daarom word ‘n jagter eers bekwaam geag as hy aan hierdie spesifieke skietvaardigheidsvlak voldoen het.