Print PDF

Rhinos Alive Veldtog

Twee van Suid-Afrika se grootste vervaardigers van landboumiddels het onlangs elk ’n bedrag van R100,000 aan die SAJWV se Rhinos Alive veldtog geskenk.

Tom Fraser, uitvoerende hoof van die Villa Crop Protection en Exportos groep van maatskappye, en die uitvoerende direkteur van Villa, Dr André Schreuder, het dié aankondiging gemaak, nadat die Adjunk President van die SAJWV, Dr Gerhard Verdoorn, ‘n kort voorlegging oor die SAJWV se veldtog by Villa/Exportos se direksievergadering in Kaapstad gedoen het. Meeste van die direkteure is ook eienaars van wildplase en deel die Vereniging se ernstige kommer oor die renostersituasie.

Daar is selfs ‘n renoster op een van Tom Fraser se plase doodgemaak en haar kalfi e is verwese in die veld agtergelaat. Gelukkig het Tommy Fraser, Tom se seun wat die plaas se bestuur behartig, daarin geslaag om die kalfie op te spoor en die bulletjie is nou in veilige hande.

Villa en Exportos se hande was nog altyd oop vir bewaring en het gereeld waardevolle fi nansiële bydraes tot ander bewaringsinisiatiewe gelewer. Tans bedryf Tommy self op sy plaas ‘n akademie wat plaaswerkers en bestuurders oplei in die voorkoming van stropery. Die Threatened Wildlife Protection Academy gaan in die toekoms, teen gesubsidieërde fooie werkers, bestuurders en bewaringsbeamptes oplei, spesifi ek om renosterstropery te bekamp.

Die R200,000 is ‘n reuse inspuiting in die SAJWV se renosterveldtog en sal aangewend word vir die ondersteuning van die DNA kodering van renosters deur die Onderstepoort Veterinêre Genetiese Laboratorium. SAJWV se bewaringspan is opgewonde oor die vordering met die Rhinos Alive Veldtog en hoop dat die fi nansiële inspuiting nog meer resultate teen stropery sal lewer.