Tuinroete tak - eerste elektroniese ledevergadering vir 2020!
Met die beperkings wat COVID-19 gedurende 2020 op SA Jagters se aktiwiteite op tak-, streek- en nasionale vlak geplaas het, kyk ons na ander maniere om kontak met lede te bewerkstellig. Tuinroete-tak was baie kreatief in die verband en het vanaf Aprilmaand elke maand ‘n baie suksesvolle aanlyn bestuursvergadering gehou. Hulle het besluit om dieselfde resep te gebruik vir hulle ledevergadering in Augustus om die heropening van hulle skietbaan met die lede te bespreek en te verduidelik hoe dit gaan plaasvind (gebaseer op die toestemming wat SA Jagters van die Minister van Sport, Kuns en Kultuur ontvang het).