Druksilinderveiligheid

Daar is toenemend meer persone en junior lede wat drukluggewere aanskaf om aan ons posliga en junior skietoefeninge deel te neem.

As deel van ons volgehoue strewe om veiligheid ons hoofprioriteit te maak, wil ons met graag ‘n paar sake onder die gebruikers se aandag bring. Maak asseblief seker dat u vertroud is met die regulasies met betrekking tot die inspeksie van u druksilinder. Maak seker dat u druksilinder se inspeksie gereeld gedoen word.

Vermy asseblief dat u druksilinder gedra word na ‘n skietpunt. ‘n Hoëdruksilinder wat val kan ‘n potensiële missiel word. Maak asseblief seker dat wanneer u ‘n druksilinder na die skietbaan neem dat dit in ‘n doelgeskikte waentjie vervoer word. So ‘n waentjie bied ook die geleentheid om dit veilig regop geanker te laat staan.

Indien u onseker is of meer oor die veiligheid, vervoer of veilige hantering van druklugsilinders wil weet, skakel met ons opleidingsdepartement by nic@sahunt.co.za

 

 

Rate this item
(1 Vote)
  • Last modified on Monday, 14 May 2018 08:44
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za