SA Jagters Streekskietprogram 2019

2019 Streekskietprogram, Universele Reëls en skietkompetisiereëls vir die volgende skietkompetisies vir
1)  Presidentskiet;
2)  Intertak Spanskiet;
3)  Uitdaag Spanskiet en
4)  Gallery Sporting Rifle

Met die Gallery Sporting Rifle (GSR) streekskietkompetisies word net die Sporting Rifle dissipline (5685) geskiet – die IGRF Limited Bolt Action Rifle skietoefening word nou bekendgestel en sal vir die eerste keer by die GSR proewe van Maart 2019 amptelik geskiet word.

Belangrik: Let veral op dat in die Universele Reëls daar veranderinge aangebring is wat vanaf 1 Januarie 2019 geld vir al die skietoefeninge hierbo genoem – dit is duidelik in geel “highlight” aangedui. Enkele voorbeelde van veranderinge is die volgende:
1)  Die skietstoeltjie se definisie het verander;
2)  Sit- en knielposisies is verander na die standaard (klassieke) posisies;
3)  Let op na die definisie van skietbaadjies;
4)  Die gebruik van trompremme en tromprem/knaldemper kombinasies op vuurwapens word nie toegelaat nie;
5)  Minimum snellerdruk ens

  • Last modified on Friday, 30 November 2018 09:22
  • font size
Andre van der Merwe

André van der Merwe is die Bestuurder: Tak-  en Skietsake van die SAJWV

André is ‘n entoesiastiese jagter en sportskut wat gereeld deelneem aan die SAJWV se sportskietaktiwiteite op tak-, streek- en nasionale vlak.

Vir navrae oor Tak-en Skietsake en artikels waarvan hy die outeur is op die SAJWV webwerf, kan aan hom geskryf word by andrevdm@sahunt.co.za 

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za