Geweerloting / Rifle Raffle

  • Friday, 11 May 2018 10:28
  • Published in Other
  • Read 16800 times

Marico Bosveld-tak en Orpen Wapens van Oom Ossie Penzhorn het vir ons ’n pasmaakgeweer beskikbaar gestel om uit te loot sodat ons nog geld bymekaar kan maak vir die Regshulpfonds en vir renosterbewaring.

Orpen Wapens bou ’n pasmaak 9,3 X 62 kaliber met K98 aksie, Walther-loop, topgraad Turkse okkerneuthout en gravering met 24 kt goud. Hierdie is inderdaad ‘n versamelstuk en die kommersiële waarde van die geweer is minstens R135 000. Die geweer word reeds gebou en u kan die foto’s hieronder besigtig.

Vir ‘n bydrae van R50 of enige veelvoud daarvan staan enigeen die kans om hierdie geweer te wen in ‘n gelukkige trekking.

Betaal per EFT aan die Regshulpfonds van SA Jagters in veelvoude van R50. Die rekening van die Regshulpfonds word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 9134305406. Neem asseblief kennis dat die rekeningnommer verskil van die normale rekening van SA Jagters waarin ledegeld en ander bedrae betaal word. Verskaf die volgende inligting as verwysing, met ‘n spasie tussen elkeen van die entiteite:

  • K
  • U Selfoonnommer

Die kompetisie is oop vir lede en nie-lede, aangesien alle vuurwapeneienaars voordeel sal trek as die Grondwethof in ons guns beslis. Versprei asseblief hierdie inligting so wyd moontlik na alle wapeneienaars. Gebruik gerus gemeenskap- en streekskoerante hiervoor.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

The Marico Bushveld Branch of SA Hunters and Orpen Wapens owned by well-known Ossie Penzhorn will provide a custom-built rifle in 9,3 X 62 calibre built on a K98 action with Walther barrel, top grade Turkish walnut stock with 24 ct gold engraving as prize in our next fundraising effort to boost our legal fund and in aid of rhino conservation. This rifle is a collector’s item with a commercial value of R135 000. The rifle is already built and you can view photo thereof hereunder.

For a small contribution of R50, or any multiple thereof, anyone stand a chance to win this beautiful rifle in a lucky draw.

Please make payment by EFT into the Legal Aid Fund of SA Hunters in multiples of R50. The Legal Aid Fund’s account is with ABSA and the account number is 9134305406. Please note that this is a different account number from the regular account used for paying in membership fees and other payments. When transferring the money, please use the following information as reference, with a space between the two entities:

  • K
  • Your mobile phone number

This competition is open to members and non-members because all firearm owners will benefit if the Constitutional Court judgement is in our favour. You may distribute this information as widely as you wish and even use community or regional newspapers.

 

 

 

 

 

 

 

Rate this item
(10 votes)
  • Last modified on Friday, 11 May 2018 10:44
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za