Gallery Sporting Rifle: SA Jagters – Uitnodiging aan lede vir deelname en registrasie

SA Jagters begin in Januarie 2018 met 'n kompetisiestruktuur vir Gallery Sporting Rifle op streek/provinsie en nasionale vlak waardeur lede van SA Jagters provinsiale en nasionale kleure in Gallery Sporting Rifle kan verwerf.

Gallery Sporting Rifle is 'n jaggebaseerde skietkompetisie volgens die internasionale reëls van die International Gallery Rifle Federation (IGRF). Die Gallery Sporting Rifle skietkompetisie is 'n aparte skietkompetisie wat sal plaasvind op dieselfde dag as die Streek Presidentskietkompetisie. Dit word aangebied as 'n laaste aflossing, of twee, op dieselfde skietbaan nadat die Presidentskietkompetisie afgehandel is. Hierdie is twee verskillende skietkompetisies waarvan die reëls, toerusting en teikens verskil. Dit gee aan skuts die geleentheid om op dieselfde dag aan beide die skietkompetisies deel te neem en kwalifiserende tellings op te stel vir die twee onafhanklike ranglyste.

Lees meer in die aangehegte dokumente

Filename Size Date
A Microsoft Word file Gallery Sporting Rifle 2018 registrasie en deelname 238 KB 2017-10-20
An Adobe Acrobat file Registrasievorm Gallery Sporting Rifle 60.42 KB 2017-10-20
An Adobe Acrobat file Takke streke provinsies 28.81 KB 2017-10-20

  • Last modified on Friday, 20 October 2017 08:52
  • font size
Andre van der Merwe

André van der Merwe is die Bestuurder: Tak-  en Skietsake van die SAJWV

André is ‘n entoesiastiese jagter en sportskut wat gereeld deelneem aan die SAJWV se sportskietaktiwiteite op tak-, streek- en nasionale vlak.

Vir navrae oor Tak-en Skietsake en artikels waarvan hy die outeur is op die SAJWV webwerf, kan aan hom geskryf word by andrevdm@sahunt.co.za 

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za