Nasionale President skietkompetisie 2017

Die Nasionale President skietkompetisie wat op Saterdag, 23 September 2017 op die Elandsrand skietbaan te Kroonstad plaasgevind het.

Hartlike dank aan die Valschrivier tak wat die dag baie suksesvol aangebied het! Basie Berg, hoofbaanoffisier vir die dag het hom uitstekend van sy taak gekwyt en die dag het
baie goed verloop wat veiligheid en die toepassing van kompetisiereëls betref.

Die Elandsrand skietbaan se “mirage” het gesorg vir uitdagings, maar dit was ‘n pragtige dag vir skiet met baie min wind!

Baie geluk aan die wenners van die volgende klasse met uitstekende prestasies:

1)    Ope klas – Danie Symington
2)    Dames – Yvette Aggenbach
3)    Seniors – Dolf du Preez
4)    Juniors – Herman Nieuwoudt

Daar het ook 66  skuts gekwalifiseer vir die nasionale Platinum toekenning – reëlings in die verband sal binnekort bekend gemaak word.

Ope klas: v.l.n.r. CW Potgieter (2 de), JD Symington (1 ste), GJ Hugo (3 de)

Dames: v.l.n.r. C Kruger (2 de), Y Aggenbach (1 ste), ML Janse van Rensburg (3 de)

Seniors: v.l.n.r. RC du Preez (1 ste), EJD Genis (2 de), IJ Joubert (3 de)

Juniors: Herman Nieuwoudt (1 ste) - J Ferreira (2de), MW du Preez (3 de) afwesig tydens die neem van die foto

 

  • Last modified on Tuesday, 03 October 2017 05:11
  • font size
Andre van der Merwe

André van der Merwe is die Bestuurder: Tak-  en Skietsake van die SAJWV

André is ‘n entoesiastiese jagter en sportskut wat gereeld deelneem aan die SAJWV se sportskietaktiwiteite op tak-, streek- en nasionale vlak.

Vir navrae oor Tak-en Skietsake en artikels waarvan hy die outeur is op die SAJWV webwerf, kan aan hom geskryf word by andrevdm@sahunt.co.za 

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za