Skietaktiwiteite vir liggaamlik gestremde/ingeperkte lede

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) wil aan individue met enige vorm van fisiese gestremdhede of ingeperktheid die geleentheid bied om aktief aan jag en sportskietaktiwiteite deel te neem. Derhalwe, het SAJWV sy skietoefeninge aangepas om ook toeganklik te wees vir individue wat:

  1. aangebore gestremdhede het
  2. gestremd is weens ongelukke
  3. spier- en skeletafwykings het
  4. 'n siektetoestand het wat hulle inperk en verhoed om standaard skietposisies in te neem (lê, sit, kniel of staan)

Dit is belangrik om onderskeid te maak tussen individue wat nie die standaard of hoër posisie kan inneem nie, m.a.w. 'n ingeperkte persoon, en 'n individu wat wel van hierdie posisies kan skiet met behulp van klein aanpassings aan die standaardposisies.

Mense met liggaamsgestremdhede sal bystand ontvang na gelang van hulle individuele behoeftes en omstandighede sonder om die persoon onbillik te bevoordeel óf te benadeel nie, en om veral nooit veiligheid in te boet nie.

Die SAJWV het die reëls en klassifikasiekodes van die International Paralympic Committee, die National Rifle Association en die International Sport Shooting Federation aangepas vir sy skietoefeninge vir gestremde en ingeperkte skuts.

Wysigings tot die amptelike SAJWV skietoefeninge maak dit moontlik om vir hierdie skuts om aktief en op 'n billike en regverdige wyse aan SAJWV se jag- en sportskietaktiwiteite deel te neem. Hierdie reëls maak dit moontlik vir gestremde en ingeperkte individue om met selfvertroue en kundigheid te jag, en baan die weg om verskeie skiethulpmiddels te ontwikkel en te toets.

Vir meer inligting, skakel of e-pos Johan Lundall by +27 82 724 8477 of johan.lundall@fjlconsulting.org

     

  • Last modified on Thursday, 21 May 2015 14:02
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za