SA Jagters bied 'n kompetisiestruktuur vir Gallery Sporting Rifle op streek/provinsie en nasionale vlak waardeur lede van SA Jagters provinsiale en nasionale kleure in Gallery Sporting Rifle kan verwerf.

Gallery Sporting Rifle is 'n jaggebaseerde skietkompetisie volgens die internasionale reëls van die International Gallery Rifle Federation (IGRF). Die Gallery Sporting Rifle skietkompetisie is 'n aparte skietkompetisie wat sal plaasvind op dieselfde dag as die Streek Presidentskietkompetisie. Dit word aangebied as 'n laaste aflossing, of twee, op dieselfde skietbaan nadat die Presidentskietkompetisie afgehandel is. Hierdie is twee verskillende skietkompetisies waarvan die reëls, toerusting en teikens verskil. Dit gee aan skuts die geleentheid om op dieselfde dag aan beide die skietkompetisies deel te neem en kwalifiserende tellings op te stel vir die twee onafhanklike ranglyste.

Lees meer in die aangehegte dokumente

Filename Size
An Adobe Acrobat file 1- Gallery Sporting Rifle i.v.m. registrasie ens 221.27 KB
A Microsoft Word file 2-Gallery Sporting Rifle 2019 registrasievorm 217.5 KB
An Adobe Acrobat file 3-SA Jagters provinsies en streke 1 November 2018 27.38 KB
An Adobe Acrobat file 4-(SI06) Sporting Rifle Dissipline 100 200 300 Jan 2018 1.67 MB
An Adobe Acrobat file 5-(SI06) Sporting Rifle Discipline 100 200 300 Jan 2018 1.68 MB
An Adobe Acrobat file 6-IGRF Limited Bolt Action Rifle SAJWV 533.13 KB
An Adobe Acrobat file 7-IGRF Limited bolt action Rifle SAHGC 423.98 KB