Inyathipark Nuus October 2019
SA Jagters se jaarlikse hoogtepunt, die NTVF en Kongres, het op 1 en 2 November plaasgevind. Met die opening van die NTVF het ds. Zet Roberts bykans hartstogtelik gebid vir reën. Ds. Fanie Willers het met die opening van die Kongresdinee op Vrydagaand dieselfde gedoen. Wonder bo wonder so teen 21:00 het `n regte hoëveld donderstorm uitgesak met heerlike sagte reën vir die res van die nag. Ons is diep dankbaar vir die reën wat ook op ander plekke in die land geval het
Ek is `n paar dae laat met die nuusbrief sodat ek kan berig oor die verrigtinge van die Kongres en al die daaropvolgende gebeure. Ons sal die November nuusbrief ook uitstuur net voordat die kantoor in Desember sluit.