Inyathipark Nuus Maart 2020
Geagte kollega
Hoe vinnig verander die wêreld waarin ons leef en die lewe soos ons dit dag tot dag ervaar. Twee weke terug, op 16 Maart het ek die eerste Spesiale Nuusbrief oor Koronavirus en die moontlike impak daarvan na lede uitgestuur. Die eerste drie gevalle was toe positief getoets en vanoggend staan die getal positiewe toetse reeds op 1 326. Vandag, slegs 14 dae later is die RSA in afsluiting met net noodsaaklike dienste en ondernemings wat in bedryf is. Die land is stil. Niemand van ons weet wat die toekoms regtig inhou nie en die moeilikste aspek om mee saam te leef is juis die onsekerheid. Dit is die werklikheid waarin ons vandag leef.