Spesiale Nuusbrief: 8 Julie 2020
Hierdie spesiale nuusbrief fokus op vyf belangrike sake. Ek val met die deur in die huis.
- Veranderinge by Media 24 – Impak op SA Jagter en Man Magnum
Covid-19 het duidelik sy merk gelaat op sakeondernemings in RSA. Een van die bedrywe wat veral hard geslaan is, is die drukkersbedryf vir koerante en tydskrifte. Die Caxton-mediahuis het reeds geruime tyd gelede bekend gemaak dat hulle die publikasie van alle tydskrifte staak.