Pretoria het verlede week die eerste paar druppels reën gehad en donderweer ervaar. Ons vertrou dat dit die begin sal wees van `n seisoen met veel meer seën as waarvoor ons kan vra.

Ek is `n paar dae laat met die nuusbrief maar moes net die dokumentasie vir die Kongres van 2 November gereed kry en uitgestuur kry.

 

Kongres 2019

Die Kongres van SA Jagters vind plaas op 2 November 2019 in Pretoria. Teen hierdie tyd is die meeste afgevaardigdes reeds geregistreer en word alle ander reëlings getref. Indien u Tak nog nie die afvaardiging gefinaliseer het nie raak dit nou krisistyd. Gee asseblief die nodige aandag hieraan.

Die Kongres word voorafgegaan deur die NTVF op 1 November en dan die Kongresdinee die aand van 1 November. Dit gaan verseker `n spoggeleentheid wees. Indien u die dinee wil bywoon dan is daar plek vir `n beperkte getal gaste teen die koste van R350 per persoon. Skakel asseblief met Dorothy Ras by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om u plek te bespreek.

 

Gewere

SA Jagters se Raad het besluit om twee gedenkgewere in klassieke kalibers (7 X 57 en 9,3 X 62) te laat bou ter viering van die sewentigste verjaardag. Ralph Badenhorst Jnr. Bou hierdie gewere wat lede in `n gelukkige prystrekking kan wen.

Foto’s van die twee gewere is hierte sien.

Vir die laaste kans om een van die gewere te wen:

  1. Plaas R50 of veelvoude van R50 (wat u meervoudige kanse sal gee) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by Absa en die rekeningnommer is 01443990077.
  2. Gebruik u eie selfoonnommer en 7X57 of 93X62 (afhangend vir watter een van die gewere u wil in aanmerking kom) as verwysing.

Maak seker dat u die kaliber van die geweer byvoeg by u selfoonnommer as verwysing wanneer u die oorplasing doen. Inskrywings vir hierdie trekking sluit op 31 Oktober 2019. SA Jagters sal u selfoonnommer gebruik om die trekking van die gelukkige wenner van hierdie gewere te doen.

Die gewere sal op die aand van 1 November by die Kongresdinee deur Ralph aan die President van SA Jagters Carl Arnold oorhandig word.

 

Gedenkboek

SA Jagters vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar met `n gedenkboek wat die ontstaan en geskiedenis van die Vereniging boekstaaf. Die boek bevat feite, vertellings, foto’s en interessanthede uit `n vergange era. Die boek wat teen 2 November beskikbaar behoort te wees, sal `n waardige plek op enige lid se koffietafel of boekrak kan inneem.

Dit is beskikbaar in A4-formaat in twee weergawes: een met `n gewone omslag teen R 300,00 per boek; en `n tweede meer luukse weergawe met `n buffelleer omslag. Slegs 100 van die buffelleer-eksemplare teen R1000 elk sal beskikbaar wees. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Gaan kyk hier vir `n voorsmakie van die boek se Voorwoord en Bladsye.

Vir bestellings, doen die volgende:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R 300 vir die gewone boek of R 1 000 vir die leergebinde weergawe) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.
  2. Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak asseblief baie seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.
  3. Bewaring

Maandag 7 Oktober 2019 (gister) was Wêreld Habitatdag en hierdie week is National Invasive Species week. Kom ons kyk of ons `n bydrae kan maak tot die bewaring van RSA se natuurlike habitat deur elkeen minstens een indringerplant uit te haal of uit te roei.

Die jongste beskikbare statistiek dui op daling in die stroop van renosters:

  • In 2014 is 1 215 renosters gestroop
  • In 2018 is 769  renosters gestroop
  • Vanaf Januarie tot Junie 2019 is 316 renosters gestroop.

Dit is steeds te veel. Die lyk of die strategie om renosters te bewaar en teen stroping te beskerm begin werk. Volledige detail is hier beskikbaar.

 

Jagsake

Trofeemeet

Trofeemeting vir die afgelope jaar het afgesluit en sewe nuwe spesierekords is geregistreer. Geluk aan die jagters wat op hierdie manier erkenning gee aan die diere wat hulle gejag het. Die nuwe rekords is vir Bosvark, Damara Dik-Dik, Rooiduiker, Steenbok, Rooijakkals, Bontebok, en Krokodil.

 

Skietsake

Bloemfontein-tak het die Lynx Optics/SAJWV Presidentskietkompetisie op 14 September 2019 op die Meerkatgat skietbaan naby Bultfontein aangebied. Baie geluk en dankie aan Pieter du Peez en sy span mense vir hulle harde werk hiermee.

Baie geluk aan die wenners van die verskillende klasse: Ope klas en Kampioenskut: Gerhard Coertzen, Bloemfontein-tak; Juniorklas: Wimpie Jacobs, Sterland-tak, Damesklas: Yvette Aggenbach, Suikerbosrand-tak, Seniorklas: Gawie Hattingh, Centurion-tak.

76 skuts het by hierdie geleentheid platinumtellings geskiet. Baie geluk!

Die Nasionale Sportskietkampioenskap vind op 25 en 26 Oktober op die Excalibur-skietbaan in Welkom plaas.

SA Jagters bied van 28 tot 31 Oktober 2019 die International Gallery Rifle Federation se Wêreldkampioenskap op die Excalibur-skietbaan in Welkom aan. Sterkte aan die skuts wat gaan deelneem en nie net SA Jagters nie maar ook Suid-Afrika verteenwoordig.

 

Handaflewering van die SA Jagter

Ons het voorheen berig dat die SA Jagter-tydskrif per hand by u woonadres afgelewer kan word. Hierdie aflewering is baie meer betroubaar as die Poskantoor. Om te verseker dat u die tydskrif ontvang, kyk of u woonadres korrek is op die lede-administrasiestelsel en stuur dan `n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Indien u enige probleme ervaar met die handaflewering van u tydskrifte stuur asseblief `n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en verduidelik wat die probleem is. Ons sal Media24 vra om aandag daaraan te gee.

 

Die Sewentigste herdenking van SA Jagters

Die onderskeie projekte wat verband hou met die sewentigste verjaardag van SA Jagters is reeds beskryf.

Juwele

Daar is nog enkele juweelstukke beskikbaar in die reeks juweliersware wat Maryna de Klerk van M2 Juweliersware vervaardig het. Elke stuk is gemerk met `n nommer en prys.

Gaan kyk hier vir foto’s van die juwele.

Enigeen wat van hierdie ivoorjuwele wil koop afkomstig uit die ivoor van Nico van Rooyen, kan Realda Goosen by (012) 808 9300 skakel. Hou die nommer van die stuk of stukke waarin u belangstel byderhand. Die persone wat eerste bestel en betaal, sal die juwele kry.

Hou in gedagte dat die items per versekerde pakket met `n koerier versend word en dus verdere koste meebring. Betaal deposito’s elektronies oor met die verwysingsnommer van die juwele en u naam as verwysings. Na ontvangs van die deposito sal die juwele versend word.

Messe

Daar is lewendige belangstelling in die beperkte reeks van 500 messe wat teen R 1 000 elk beskikbaar. Dit is Buck-knipmesse met ivoorinlegsels op die hef en SA Jagters se logo op die hef graveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

  1. Lidmaatskap

Die ledetal van SA Jagters bly konstant op 42 176 opbetaalde lede teen 7 September 2019 nadat klompie lede geblok is weens laat of nie-betaling van ledegeld.

Werf lede vir kommissie

Die Raad het besluit dat elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, kommissie van tussen R 100 tot R150 per lid sal ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad het ook besluit om `n aantal kommissie agente aan te stel om lede te werf. Lede wat weet van iemand wat nie `n lid is van SA Jagters nie, wat gereeld reis en mag belangstel om lede vir SA Jagters te werf teen kommissie, kan hulle besonderhede soos kontaknommers, fisiese adres, die gebiede waar hy/sy gereeld reis en by welke geleenthede hy/sy lede sou kon werf, stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Ons het nog baie min belangstelling gehad in hierdie proses. Ons sal graag `n klompie mense wil aanstel om teen kommissie vir ons lede te werf.

 

Toegewyde Status

Vir lede met toegewyde status (beide jag en sportskiet) is daar slegs die res van die maand Oktober oor om aktiwiteite vir die jaar op die aanlyn lede-administrasiestelsel te registreer om hulle status te behou. Die behoud van u vuurwapens kan afhanklik raak van hierdie status.

Uit die 16 901 toegewyde jagters het slegs 11 916 reeds genoegsame aktiwiteite registreer om die status te behou.

Uit die 11 357 toegewyde sportskuts het slegs 7 538 lede genoegsame aktiwiteite geregistreer om die status te behou.

 

Ivoorprojek

Die Doctari ivoormes-projek is weer goed op dreef nadat ons effe agter geraak het met bestellings en aflewerings. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien slegs 150 messe in hierdie projek gemaak word. Daar is reeds 80 messe verkoop.

Belangstellendes kan R5 500 in die bankrekening van SA Jagters betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Vuurwapenlisensies wat verval het

Die Minister van Polisie se poging om met `n kortpad `n amnestie af te kondig, het misluk.

Ons advies aan lede met wapens waarvan die nuwe lisensies reeds verval het bly steeds soos volg: Bêre u wapen veilig in u kluis en doen verder niks nie. Ons verwag dat `n amnestie wel aangekondig sal word maar dit sal waarskynlik eers in 2020 gebeur.

 

Fotokompetisie

Die doel van ons fotokompetisie is om `n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit op die webwerf, in aanbiedinge en advertensies by geleenthede soos die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon.

Aan die einde van elke maand kies ons foto’s om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.sahunters.co.za te publiseer. Lede sal ook erkenning in die vorm van goue, silwer of brons sertifikate ontvang.

Ons fotokompetisie vir die jaar het tot `n einde gekom. Gaan kyk hier na die laaste maand se finaliste. Ons het al die foto's wat lede gedurende die jaar wou instuur maar wat probleme daarmee gehad het in die laaste maand ingesluit. Daar vertoon dus ietwat meer foto’s (en meer foto’s per lid) in die laaste maand as voorheen.

Die beoordelaars sal die wenners van die goue toekennings in elke kategorie asook die algehele wenner oor die naweek beslis. Die wenner sal in die volgende nuusbrief aangekondig word.

Ons borg (Canon SA) het weer `n nuwe kamera as prys vir die algehele wenner beskikbaar gemaak. Die prys word tydens ons kongres galadinee in November oorhandig.

Hou die nuusbrief dop vir inligting oor die volgende kompetisie.

 

 

Kommersiële sake

Hieronder is skakels na ons webwerf vir meer inligting oor spesiale aanbiedings vir SA Jagters se lede.

Wildman het `n tak in Centurion in Pretoria geopen. As deel van hulle promosieveldtog om hierdie tak bekend te stel, kan lede van SA Jagters wat gedurende Oktober enige produk by die nuwe winkel koop dubbel die getal Mybonus punte verwerf. Meer inligting hier.

Die volgende leweransiers bied spesiale voordele aan lede van SA Jagters.

  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit  
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Archers Rock Safaris

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

 

HuntEx

HuntEx2020 vind volgende jaar van 24 tot 27 April 2020 plaas. Tref betyds reëlings om hierdie skou te besoek.

 

SA Jagters se kantoor sluit

SA Jagters is `n geregistreerde werkgewer en is volgens wet verplig om verlof aan werknemers toe te staan. Dit is vir baie jare reeds die praktyk dat die kantoor van SA Jagters tussen ongeveer 16 Desember en ongeveer 6 Januarie sluit.

Ons het verlede jaar vir `n effens langer periode gesluit en van ons lede was ongelukkig daaroor.

Ons stel lede vroegtydig in kennis dat die kantoor van SA Jagters op 11 Desember 2019 sluit (nie 13 Desember soos ek verlede maand berig het nie) en weer sal open op 6 Januarie 2020. Indien u in Desember enige dokumentasie sou benodig, maak asseblief seker dat u betyds daarvoor aansoek doen.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB