Die winter het duidelik aangebreek met `n paar yskoue dae hier in die laaste deel van die maand. Dis die regte tyd om in die veld te wees en in die aand met so `n ligte rooietjie om die vuur te sit na die dag se stap. Ek vertrou lede geniet die jag.

HuntEx 2020
Daar was heelwat lede wat in April vanjaar gekla het dat ons hulle nie betyds laat weet het wanneer HuntEx gaan plaasvind nie. Maak asseblief nou al hierdie aantekening in die dagboek: HuntEx 2020 word beplan vir 24 tot 27 April 2020


Begroting en Ledegeld
Tydens die Raadsvergadering gehou op 27 Junie het die Raad die begroting goedgekeur vir die volgende finansiële jaar wat op 1 Julie 2019 begin.
Let op die volgende belangrike verandering:

  • Lede kan voortaan kies om geen, een, of twee tydskrifte te ontvang as deel van hulle lidmaatskapvoordele. Die volgende keuses sal beskikbaar wees: Lidmaatskap sonder `n tydskrif; lidmaatskap met SA Jagter; lidmaatskap met Magnum; lidmaatskap met beide SA Jagter en Magnum. Die ledegeld word dienooreenkomstig u voorkeur aangepas. Lede ontvang die tydskrif teen slegs 50% van die rakprys. Vir lede wat nie binne die gegewe tyd die keuse uitoefen nie sal hul huidige opsie voortduur.
  • Verder, het die Vereniging die lidmaatskap kategorieë vir studente en volwassenes jonger as 26 jaar in `n enkele lidmaatskapgroep gekonsolideer. Die administratiewe las om studente lidmaatskap te behou, bewyse van registrasie aan te vra en te bevestig het net te omslagtig en tydrowend geword. Derhalwe het die Raad goedkeuring verleen om hierdie twee lidmaatskap kategorieë te vervang met `n groep vir “Jong Volwassenes” om lede tussen 18 en 26 jaar in te sluit.


Die volgende ledegeldstruktuur vir die onderskeie groepe lede en afhangend van die keuse wat u maak oor tydskrifte, geld vanaf 1 Julie:

    Tans      Vanaf 1 Julie 2019
Lidmaatskapfooi (1 tydskrif)      BTW Ing   BTW Ing
Bestaande gewone lid   860,00   895,00
Bestaande gewone (18 – 25) jong volwassene    450,00   475,00
Bestaande senior lid   340,00   355,00
Bestaande gesinslid   180,00   205,00
Bestaande junior lid   180,00   205,00
Bestaande student   350,00   0,00
Bestaande buitelandse lid   850,00   895,00
         
Lidmaatskapfooi (0 tydskrif)   BTW Ing   BTW Ing
Bestaande gewone lid   860,00   660,00
Bestaande gewone (18 – 25) jong volwassene    450,00   400,00
Bestaande senior lid   340,00   340,00
Bestaande gesinslid   180,00   205,00
Bestaande junior lid   180,00   205,00
Bestaande student   350,00   0,00
Bestaande buitelandse lid   850,00   895,00
         
Lidmaatskapfooi  (2 tydskrifte)   BTW Ing   BTW Ing
Bestaande gewone lid   860,00   1 095,00
Bestaande gewone (18 – 25) jong volwassene    450,00   690,00
Bestaande senior lid   340,00   580,00
Bestaande gesinslid   180,00   205,00
Bestaande junior lid   180,00   205,00
Bestaande student   350,00   0,00
Bestaande buitelandse lid   850,00   895,00


Bewaring
Internasionale Verwikkelinge en Skakeling
`n Hele paar interessante verwikkelinge het gespruit uit die African Wildlife Economy Summit wat onlangs by Victoria Falls in Zimbabwe gehou is. Die beraad is bygewoon deur die Presidente van Zimbabwe, Namibië, Botswana en Zambië. Dis insiggewend dat die RSA nie op soortgelyke wyse verteenwoordig was nie. Verskeie ministers van regoor die kontinent het ook die geleentheid bygewoon.

By die beraad het Afrika-lande baie sterk standpunt ingeneem dat hulle die reg het om wildlewe binne hulle grense te besit, daarmee handel te dryf en dit na goeddunke op `n verantwoordelike wyse te gebruik. Dit was hoog tyd dat die Afrika-kontinent standpunt inneem oor sy reg om wildlewe verantwoordelik te gebruik en hul nie te laat voorskryf deur ander lande en veral kleiner belangegroepe uit ander lande nie.

Die jeug en plaaslike gemeenskappe van 12 lande in Afrika het `n gesamentlike verklaring uitgereik waarin die standpunt baie sterk gestel is dat hulle die reg het tot eienaarskap, bestuur en verantwoordelike gebruik van natuurlike bronne en dat dit deur internasionale organisasies erken moet word. Lees gerus hierdie weldeurdagte en sinvolle verklaring hier.

Olifantbestuur en Leeuwerkgroep
Lizanne Nel het deelgeneem aan twee werkswinkels oor die formulering van `n nasionale strategie vir die bestuur van olifante vir Suid Afrika.

SA Jagters het ook sy lede verteenwoordig by die Nasionale Leeuwerkgroep om die bewaring van wilde leeubevolkings in die land te bevorder en só by te dra tot oplossings vir die uitdagings vir die bewaring van leeus.

Dit is duidelik dat SA Jagters erkenning geniet vir sy bydrae tot hierdie belangrike bewaringsvraagstukke.

Loodvergiftiging
Daar is bewyse van gevalle waar aasvoëlbevolkings, blesbokke in `n reservaat in Gauteng, asook werkers en skuts wat in `n binnenshuise skietbaan werk, verhoogde vlakke van lood in hulle bloed het. Die redes en/of oorsake hiervoor is onbekend.

SA Jagters het `n proses geloods van in-diepte bespreking met verskeie rolspelers om die risiko’s en impak van loodvergiftiging op natuurlewe en jagters beter te verstaan en pro-aktief na `n oplossing te soek om die impak daarvan te verminder.

Hondsdolheid
Hondsdolheid kom van tyd tot tyd in verskillende streke voor en is onlangs in die Oos Vrystaat in Zastron se omgewing en ook in die Weskaap geïdentifiseer. Ons vestig graag lede se aandag op die risiko’s wat met hondsdolheid gepaardgaan. Meer inligting is hier beskikbaar.


Jagsake
Meeste lede het seker reeds `n draai in die jagveld gemaak of is nou in die finale beplanningsfase van u jaarlikse jagtog. Ons herinner lede om hulleself te vergewis van die statutêre jagvereistes. Die opsomming van al die onderskeie proklamasies en jagwetgewing is op die webtuiste onder Jagsake.

Buffeljagkompetisie vir R50
Die Mangalana-stam naasliggend aan die Sabie Game Park in Mosambiek het een van die buffels uit hulle jagkwota aan SA Jagters toegeken. Die Sabie Game Park is geleë net oorkant die grens met Mosambiek waar die Sabierivier in Mosambiek vloei. `n Mens kan daarheen ry om te gaan jag. Die omgewing is ideaal geleë en dra `n redelike groot buffelbevolking.

As `n tweede prys in hierdie trekking het die Raad van SA Jagters aangebied om `n geslypte diamant ter waarde van R28 000 beskikbaar te stel wat die Diamant-tak van SA Jagters aan ons geskenk het.

Vir `n kans om een van hierdie pryse te wen, koop u kaartjie deur die volgende te doen:
1. Plaas R50 of veelvoude van R50 (wat u meervoudige kanse sal gee) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.
2. Gebruik net u eie selfoonnommer en Buffel as verwysing.

Inskrywings vir hierdie trekking sluit op 31 Julie 2019. SA Jagters sal u selfoonnommer gebruik om die trekking van die gelukkige wenner van hierdie jag te doen. Die voorwaardes van toepassing op hierdie jaggeleentheid sal u hier kry.

Tiervisvang
Jagsake bied ook `n geleentheid om tiervis te vang. Vir R50 staan u die kans om `n tiervis hengelavontuur in die Komatirivier by Komatipoort te wen. Die prys sluit is vir 4 persone. Die boot, hengelgerei, aas en gids is ingesluit vir twee sessies (een sessie van 12 ure en een sessie van 6 ure). Die boot is ook rolstoel-vriendelik.

Die wenner van hierdie prys moet self betaal vir sy eie vervoer na en van Komatipoort, verblyf en etes. `n Kampterrein en ablusieblok met warm water en elektrisiteit is by die perseel beskikbaar en ander verblyfopsies is die omliggende gebiede geleë is. S

1. Plaas R50 of veelvoude van R50 (wat u meervoudige kanse sal gee) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.
2. Gebruik net u eie selfoonnommer en Tier as verwysing.

Die trekking vir hierdie kompetisie vind op 13 Augustus 2019 plaas.


Varkpermitte
Een van die belangrike dienste wat SA Jagters vir u bied is die elektroniese uitreiking van vervoerpermitte vir wildevark vleis. Enige opbetaalde lid van SA Jagters wat `n grondeienaar is waarop wildevarke gejag word, kan sy eiendom gratis registreer op ons aanlynstelsel sodat hy permitte kan uitreik vir die vervoer van wildevark vleis aan jagters wat op sy eiendom kom jag. SA Jagters wat reeds op die stelsel geregistreer het, het tot dusver vanjaar 447 uitgereik.

Meer inligting oor die registrasieproses is op die webwerf onder Jagsake te kry. Dit is belangrik om die volledige registrasieproses stap-vir-stap te volg en die registrasie by SA Jagters te aktiveer. Klik hier vir instruksies.

’n Hele paar lede het die elektroniese registrasie gedoen (sonder om dit daarna aan te stuur na die kantoor) en wou onmiddellik permitte uitreik. Dit werk ongelukkig nie so nie. Volg die proses volledig en stuur die voltooide aansoekvorm aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Eers nadat ons u plaas geregistreer het, sal ons u in kennis stel dat die registrasie afgehandel is en u permitte kan uitreik.

Die Departement van Landbou vereis dat slegs grondeienaars kan registreer vir die uitreik van permitte. Derhalwe kan SA Jagters se nasionale kantoor nie direk vervoerpermitte aan jagters uitreik nie.

Baie dankie aan die lede wat deel neem aan ons Afrika Varkpes navorsingsprojek in samewerking met die Departement Veeartsenykunde by UP. Stuur asseblief die nodige bloedmonsters aan Boetie Kirchner by Inyathipark.


Skietsake
Die Vereniging se streekskietkompetisies is eersdaags afgehandel en ons sal binnekort die uitnodigings na die groot nasionale kompetisies begin uitstuur. Die laaste proewe vir die IGRF Bolt Action skietdissipline vind in Julie plaas. Daarna maak ons reg vir die nasionale sportskietkampioenskap en die groot kompetisie wanneer die IGRF Wêreldkampioenskap in Oktober in Suid-Afrika gehou word.

Sterkte aan al die skuts wat nou in die pylvlak is vir die jaar se skietaktiwiteite.

Daar was `n fout in die skietuitslae in die Mei-nuusbrief. Jors Humpel het in die IGRF dissiplines by Bisley, Engeland in die Limited Bolt action ``n goud- en in die 5785 ``n bronsmedalje gewen. Jammer vir die fout, Jors.

Die Sewentigste Herdenking van SA Jagters
Ons het nou reeds die onderskeie projekte wat verband hou met die sewentigste verjaarsdag van SA Jagters beskryf.

Gedenkboek
Die ontstaan en geskiedenis van SA Jagters is nog nooit gepubliseer nie. Prof. Pottie Potgieter een van ons oud-presidente, is die argivaris wat inligting, dokumentasie en foto’s versamel vir só `n boek. Stuur asseblief alle nuuswaardighede uit die verlede, inligting en foto’s aan prof. Pottie. Herman Jonker is die redakteur en verantwoordelik vir die saamstel van die boek. Ons verwag dat die boek teen die einde van die jaar beskikbaar sal wees.

Juwele
Die eerste stukke van die reeks ivoor-juweliersware wat Maryna de Klerk van M2 Juweliersware vervaardig, is nou beskikbaar. Die ivoor is afkomstig uit die Nico van Rooyen-versameling. Foto’s van die juwele is hier kry.

Elke stuk is gemerk met `n nommer en prys. Hierdie is individuele items waarvan slegs enkele stukke meer as een eksemplaar het. Skakel Realda Goosen by (012) 808 9300 vir navrae en bestellings. Maak seker dat u die nommer van die stuk of stukke beskikbaar het. Betaalde bestellings kry voorkeur.

Alle items word per koerier afgelewer wat addisionele koste meebring. U sal versoek word om geld elektronies te deponeer met die verwysingsnommer van die juwele en u naam, waarna die juwele versend word.

Messe
Daar is `n beperkte reeks van 500 Buck-knipmesse met ivoorinlegsels en SA Jagters se logo op die hef beskikbaar teen R1 000 elk. Die messe verkoop baie goed. Bestel nou om teleurstelling te voorkom.

Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur bewys van betaling met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. wat met u sal skakel om aflewering te reël.

Gewere
SA Jagters se Raad loot ook twee gewere uit in klassieke kalibers (7 X 57 en 9,3 X 62) gebou deur Ralph Badenhorst, jnr. Ter viering van die sewentigste verjaarsdag.

Lidmaatskap
Die ledetal van SA Jagters bly konstant op 42 335 opbetaalde lede teen 26 Junie 2019.

Elke lid van SA Jagters wat 10 lede in `n gegewe jaar vir SA Jagters werf die volgende jaar gratis lidmaatskap ontvang. Takke wat lede werf kry ook erkenning met `n gedeelte van die ledegeld, bo en behalwe die tak-subsidie wat die Tak ontvang. Carl Arnold, President van SA Jagters, se doelwit is om SA Jagters se ledetal in 2019 en 2020 met 4 000 lede te sien groei. Kom ons vat hande om hierdie doelwit te behaal.

Toegewyde Status
Lede met toegewyde status het (beide jag en sportskiet) moet onthou om die nodige aktiwiteite aan te teken om die status te bou. Die behoud van u vuurwapens kan afhanklik raak van hierdie status.

Uit die 16 759 toegewyde jagters het 7 883 genoegsame aktiwiteite geregistreer om die status te behou.Uit die 10 815 toegewyde sportskuts het slegs 4 170 lede genoegsame aktiwiteite geregistreer om die status te behou.

Registreer aktiwiteite op ons aanlyn lede-administrasiestelsel.

Opleiding
SA Jagters in samewerking met die Wildlife College bied opleiding aan in die jag van gevaarlike wild aan lede met Toegewyde Jagterstatus. Die geskeduleerde kursusse het einde Junie ten einde geloop, maar verdere kursusse later vanjaar is `n moontlikheid. Anders sal dit eers weer in 2020 aangebied kan word.

Fotokompetisie
Lede word herinner om deel te neem aan SA Jagters se fotokompetisie. Die doel van die kompetisie is om `n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit op die webwerf, in aanbiedinge en advertensies by geleenthede soos die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon.

Aan die einde van elke maand sal ons foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.sahunters.co.za publiseer. Lede sal ook erkenning in die vorm van goud, silwer of brons sertifikate ontvang. Junie maand se foto’s kan hier gesien word.

Ons borg (Canon SA) het weer `n nuwe kamera as prys vir die algehele wenner beskikbaar gemaak. Die prys word tydens ons kongres galadinee aan die einde van die jaar oorhandig. Ons probeer ook om meer pryse vir die wenners in die verskillende kategorieë.

Kategorieë vir 2019 se kompetisie
1. Die Jagter (Nie gejagte diere): Foto’s wat `n jagter – mens of dier – in die natuur uitbeeld.
2. Die Natuur Praat: Foto’s uit die natuur wat met die jou siel praat, bv. Merkwaardige agtergronde of kleure.
3. Dierelewe: Foto’s wat enige dierelewe (land, voël of seelewe) uitbeeld.
4. Skiet –`n toegewyde sport: Foto’s wat die aktiwiteit, toewyding, toerusting en voorbereiding van die sportskut uitbeeld.

Lees gerus hier wat u moet doen om in te skryf.

Kommersiële sake
Soos gebruiklik, sluit ons skakels in na ons webwerf vir meer inligting oor spesiale aanbiedings vir SA Jagters se lede. Kliek op die skakel waarin u belangstel.

Kilima Private Game Reserve het pas by ons aangesluit met `n boogjaggeleentheid. Meer inligting hieroor sal eersdaags op die webwerf beskikbaar wees of aan lede gestuur word.

Die volgende leweransiers bied spesiale voordele aan lede van SA Jagters.

  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai


Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

 


Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB