SAJWV Agtergrond
Ontstaan
Op 'n Saterdagoggend, 1 Oktober 1949, het 50 belangstellendes by die Nasionale Dieretuin in Pretoria byeengekom om 'n jagtersvereniging te stig. Gedurende hierdie tyd is wild in Suid- Afrika in groot getalle en feitlik onbeheerst uitgeskiet. 'n Jagtersvereniging kon 'n groot rol speel om 'n verandering te maak en gevolglik het bewaring deel geword van die toenmalige Transvaalse Jagtersvereniging se aktiwiteite. Die owerheid van die dag het die ontwikkeling gesteun en die administrateur van Transvaal was die beskermheer. Ander ere-lede was die provinsiale sekretaris, die goewerneur-generaal van Mosambiek, die nasionale minister van Lande, die nasionale adjunk-kommissaris van Polisie, die “konservator” van Fauna en Flora en die hoof van die Nasionale Dieretuin.