Uitreiking van Varkpermitte deur SA Jagters
SA Jagters het na `n lang onderhandelinge met die Departement Landbou, Bosbou en Visserye se Direktoraat Dieregesondheid daarin geslaag om erkenning te kry as `n bedryfsorganisasie wat sy lede kan magtig om permitte uit te reik vir die vervoer van verwerkte wildevark-karkasse en -vleis. Hierdie vergunning is toegestaan ingevolge Regulasie 20 van die Wet op Dieresiektes No 35 van 1984.