SA Hunters Wildlife College Dangerous Game Hunting Training

  • Wednesday, 01 March 2017 10:49
  • Published in Other
  • Read 3737 times

Die kursus in die jag van gevaarlike wild is 'n gesamentlike inisiatief van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging en die Wildlife College.

Die kursus bied aan toegewyde jagters die unieke geleentheid om teoretiese kennis oor die jag van gevaarlike wild en praktiese vaardigheid in groot 5-gebied op te doen.

Dr. Kevin Robertson, ook bekend as Doctari, skrywer van verskeie gesaghebbende publikasies oor skootplasing waaronder The Perfect Shot is die hoof van die afdeling.

Die kursus fokus hoofsaaklik op die jag van die groot vyf en word in die Kruger Nasionale Park en die Wildlife College naby die Orpen-hek aangebied. In hierdie stadium word daar hoofsaaklik gefokus op die jag van olifante en buffels. Pieter Nell is die olifantspesialis en dr. Robertson is die buffel-kenner. Gawie Lindeque help met die logistiek.

Die skietvaardigheid fokus ook op die korrekte skootplasing onder verskillende omstandighede.

Lewensgrootte anatomies-korrekte teikens van die spesies word vir die praktiese skiettoets in die veld gebruik. Die hoogtepunt van die kursus is die simulasiejagsessies wanneer kursusgangers lewendige diere in die veld bekruip tot binne jagbare afstand.Die enigste verskil is dat 'n laser die jaggeweer vervang waarmee die “jagter” sy skoot plasing aandui. Dit maak van hierdie kursus 'n baie unieke ervaring en van onskatbare waarde vir die potensiële grootwildjagter.

Kyk gerus na die video: https://www.youtube.com/watch?v=KHWSDpnxP-k

LET WEL: BELANGSTELLENDES MOET OOR SAJWV TOEGEWYDE JAGTER STATUS BESKIK ASOOK HULLE EIE TENT BRING

Die kursus beplanning vir 2017 is gedoen en die volgende datums is beskikbaar:

DATUMS: (SLEGS 6 STUDENTE PER DATUM) (R4000 per persoon) (Buffel en Olifant)
[Aankoms die middag van kursus en vertrek weer in die middag na kursus voltooi is]

1. 24 tot 27 August 2017  6 x plekke oop (Bring eie tent)
2. 31 Augustus tot 3 September 2017 5 x plekke oop (Bring eie tent)
3. 21 tot 24 September 2017 5 x plekke oop (Bring eie tent)

Vir die bespreking benodig ons asseblief die volgende inligting: liesel@sahunt.co.za

  • Naam en van
  • Lidnommer
  • Toegewyde Jagters nommer
  • Kontaknommer
  • Datum wat u graag sal wil bespreek
  • Ingevulde Registrasie Vorm
  • ID Afskrif
  • Betalingsbewys

Let op dat betalings met bespreking gedoen word.
 
SAJWV  Bankbesonderhede:
(Lid nr en “WILDLIFE” as verwysing. Stuur bewys aan liesel@sahunt.co.za)       

S A Jagters ABSA                    
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 0144 399 00 77


Rate this item
(0 votes)
  • Last modified on Wednesday, 02 August 2017 07:18
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za