Lidmaatskap

  • Sunday, 26 April 2015 17:56
  • Published in Membership
  • Read 21482 times

Waarom 'n lid van SAJWV?  
 
SAJWV, beter bekend as SA Jagters, is in 1949 gevestig. Dit maak die vereniging die oudste jag en wildbewarings vereniging in Suid Afrika, wat na die gemene belange van die natuurbewaarder, jagter, sportskut en vuurwapeneienaar  omsien.
 
SA Jagters is by die SAPD geakkrediteer as 'n jag- en sport-skiet vereniging en is sodoende by magte om toegewyde jagter status, toegewyde sportskut status en nou ook professionele jagter status uit te reik en te administreer.
 
Met 79 takke landwyd en meer as 42 000 lede, geniet SA Jagters nasionale verteenwoordiging en het dit die grootste voetspoor van al die jag en wildbewarings verenigings in Suid Afrika.
 
Ten spyte van die laaste negatiewe uitspraak in die Konstitusionele Hof, bly SA Jagters tot op datum die enigste vereniging wat oor die afgelope 9 jaar 'n suksesvolle saak teen die SAPD in die Hoogeregshof kon voer om die reg van burgers om vuurwapens te besit, te beskerm.
 
SA Jagters neem die leiding in verskeie areas binne die wildsektor, insluitend die bevordering van verantwoordelike en etiese jag.
 
Die vereniging se hoofkantoor is in Pretoria te Inyahti Park gelee -ook die tuiste vir die grootste versameling van Suid Afrikaanse en internasionale wilds-trofees. Ons ervare en gekwalifiseerde vriendelike personeel is altyd gewillig om ondersteuning aan lede te verleen.

Wat doen SAJWV vir sy lede?

  • Om wild en natuurbewaring aan te moedig en te bevorder en daardeur jag en bewaring as onderling afhanklike en onafskeidbare begrippe te vestig;
  • Om met die owerhede te skakel en saam te werk tot voordeel van billike en toepaslike wetgewing ten opsigte van wild-bestuur en -bewaring, jag en vleisverwerking, sowel as die besit en gebruik van vuurwapens deur jagters en sportskuts;
  • Om jag en skietgeleenthede te bevorder en te organiseer en lede se belangstelling in jag en skiet te ontwikkel;
  • Om die beeld van die jagter en sportskut onder alle belanghebbendes te bevorder;
  • Om met relevante plaaslike en internasionale verenigings en organisasies te skakel ten einde die doelstellings van die SAJWV na te kom en lede se belange te bevorder;
  • Om ‘n omgewing te skep wat aan lede die geleentheid bied om sosiale aktiwiteite wat verband hou met jag, sportskiet en bewaring te beoefen;
  • Om uitstekende diens aan lede te lewer;

Voordele direk aan die lid

  • 12 Eksemplare van die SA Jagter tydskrif per jaar
  • R20 miljoen publieke aanspreeklikheidsdekking vir skiet en jagverwante voorvalle;
  • Afslag op toegangsfooi by HuntEx, die jaarliks expo vir jagters deur jagters
  • Afslag op aankope vir 'n aantal produkte by geidentifiseerde verskaffers, insluitend enige nuwe Ford of Toyota Hilux voertuig. Vir die volledige lys klik hier.
  • MyBonus/AgriBonus lidmaatskape en voordele
  • Maklike aanlyn toegang vir lede om hul SAJWV profiel te bestuur (skietpunte, balkies, aktiwiteite-logboek ens.) via die web of ons Android toep.
  • Ondersteuning met jag lisensies/permitte en vleis vervoer/invoer permitte.
  • Ondersteuning met vuurwapen lisensie sake
  • Endossemente vir vuurwapen lisensie aansoeke word binne 24 uur uitgereik
  • Toegewyde status word binne 48 uur uitgereik na ontvangs van 'n volledige aansoek met ondersteunende dokumentasie
  • Alle takke bied toegewyde jagter en -sportskut opleiding aan lede ten einde toegewyde status te bekom, wat 'n vereiste is in terme van die Vuurwapenbeheer Wet vir enige iemand wie meer as vier vuurwapens wil besit.
  • Opleiding vir Baanoffisiere en Trofeemeters
  • Maandelike sosiale byeenkomste op takvlak, sowel as sosiale aktiwiteite vir ons jeug
  • Last modified on Tuesday, 10 July 2018 08:34
  • font size
More in this category: Membership »

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za