• ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie  2018

    ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie 2018

    Die ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie  is op 20 Oktober 2018 suksesvol aangebied deur die Duiker tak ongeveer 20km oos van Heidelberg. Read More
  • SAJWV Gallery Sporting Rifle skietkompetisie 2018

    SAJWV Gallery Sporting Rifle skietkompetisie 2018

    Die eerste SA Jagters Gallery Sporting Rifle skietkompetisie is op 13 Oktober 2018 aangebied deur die Riemland tak op die Riemland skietbaan Read More
  • LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    Die Lynx Optics/SAJWV Presidentskietkompetisie is op 15 September 2018 baie suksesvol aangebied deur die Valschrivier tak op die Elandsrand skietbaan ongeveer 12 Read More
  • SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    Die SA Jagters, nasionale Intertak Spanskietkompetisie het plaasgevind op Saterdag, 18 Augustus 2018 op die Meerkatgat skietbaan van die Vrystaat Sandveld tak Read More
  • Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Elsa Esterhuizen gesels met Fred Camphor van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging met oor die kwessie rondom vuurwapenlisensies, en waar sake nou Read More
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

Inyathi Park News - August 2018

It feels like a couple of weeks ago when we started 2018 and here we are at the end of the official hunting season. The days get slightly warmer while the nights in Gauteng are still chilly. In September our preparations for SA Hunters’ annual Congress kicks off.

Bydraes vir die Regshulpfonds
Die tyd het aangebreek om die geweer wat Oom Ossie Penzhorn en Orpen Wapens beskikbaar gestel het uit te loot. Baie dankie aan elkeen wat `n bydrae gemaak het. Hierdie poging saam met die Marico Bosveld-tak het R273 000,00 ingesamel.

Ons sal waarskynlik in die volgende week `n draai maak by Orpen Wapens en Oom Ossie vra om die gelukkige wenner vir die geweer te trek uit die inskrywings wat ons ontvang het sodat ons die pragtige pasmaak 9,3 aan die wenner kan oorhandig.

Membership

On 31 August 2018, membership of SA Hunters stood at 43 000 paid up members after the names of those members who did not pay their membership fees had been removed from the list. August 2018 is the first month that membership of SA Hunters grew beyond 43 000.

Every member of SA Hunters who recruits ten or more ordinary members qualifies for free membership for the next year. Branches that recruit new members may also receive R100 of the membership fee of the new member beyond the branch subsidy.

Please note that either the member or the Branch will receive the incentive for recruiting new members.

Vraelys oor jag in RSA
Lillian Gramberg-Danielsen het laat weet dat sy meer as 1 400 voltooide vraelyste ontvang het. Baie dankie aan elkeen wat die moeite gedoen het om die vraelys oor die bewaringsbydrae van jag te voltooi. Lillian promised to let us have a summary of her findings and recommendations flowing from the research, once she has completed the requirements for the degree. It will most likely take some time, but we will eventually receive some feedback from her.

Dedicated Status

By the end of August 2018, we had 17 142 dedicated hunters of whom 10 304 already recorded adequate activities to maintain dedicated status. 5 564 out of 10 448 dedicated sport shooters recorded sufficient activities to retain their dedicated status. Members have two months left until the end of October to participate and record the required activities on their personal profiles on the e-Hunter system.

In a last effort to reach members that did not record adequate activities last year to retain their dedicated status, I sent a letter to approximately 3 000 members last month. I received some angry responses from nearly 1 000 of these members who did not like the idea that they might lose the dedicated status. Thank you very much to those members that responded and made an effort to retain their dedicated status.

Sportskietnuus
Skietkompetisies
Op Saterdag, 18 Augustus 2018 het Vrystaat Sandveld-tak die nasionale SA Jagters Intertak Spanskietkompetisie by die Meerkatgat-skietbaan aangebied.
Baie geluk aan Pretoria-Oos-tak se Swartwitpensspan wat die kompetisie gewen het, Schweizer se Laksmanne was in die tweede plek en Generaal de la Rey se Molon Labe span was derde.

Borge
Baie dankie aan ons hoofborg, Dave Sheer, Pretoria vir die borgskap van R20 000 aan die kampioenspan. Geskenkbewyse ter waarde van R30 000 is met behulp van ander donasies by die Humansdorp Koöperasie gekoop en ons bedank die Koöperasie vir hulle samwerking in die verband. SA Jagters-lede kan gerus die twee wapenhandelaars ondersteun en hulle so bedank vir hulle bydrae tot SA Jagters.

Volg hierdie skakel hieronder na die volledige artikel en resultate:

Die volgende finale kompetisies is nog aan die kom:

  • Die nasionale SA Jagters Presidentskietkompetisie word op 15 September 2018 deur die Valschrivier-tak by die Elandsrand-skietbaan buite Kroonstad aangebied. Die 238 streek Platinumtoekennings wat verwerf is getuig van `n baie hoë standaard vir 2018. Hierdie nasionale kompetisie gaan waarskynlik weer strawwe kompetisie oplewer.
  • Gallery Sporting Rifle Nasionale Kampioenskap op 13 Oktober 2018, aangebied deur die Riemland-tak te Bethlehem;

Die volgende nasionale skietkompetisies word aangebied op die basis van oop inskrywing deur enige lid of spanne. Die spesifieke reëlings per kompetisie sal gepas kommunikeer word:

  • Ingeperkte Skuts Skietkompetisie op 29 September 2018, aangebied deur die Sandrivier-58-tak te Welkom.
  • Junior Skietkampioenskap op 2 en 3 Oktober 2018; afrigtingskliniek op 4 Oktober 2018; Junior Skietkampioenskap aangebied deur die Sandrivier-58-tak te Welkom.
  • Intertak Ghong Spanskietkompetisie op 20 Oktober 2018, aangebied deur die Duiker-tak op Balfour.
  • Sportskietkampioenskap op 25 Oktober 2018; Ope dag en 26 en 27 Oktober 2018  Sportskietkampioenskap, aangebied deur die Sandrivier-58-tak te Welkom

Maak seker dat u die nodige uitnodiging ontvang vir die kompetisies waarheen individue en spanne genooi word of dat u wel betyds inskryf vir die kompetisies as individuele deelnemer of as deel van `n span.

Handaflewering van die SA Jagter
Ons het reeds voorheen berig dat SA Jagters saam met Media 24 die moontlikheid ondersoek om die SA Jagter per hand by u woonadres af te lewer. Dit kos SA Jagters effens goedkoper as die gewone posgeld. Media 24 het reeds so `n netwerk ontplooi waarmee heelparty van hulle ander tydskrifte afgelewer word.

Ons het reeds `n e-pos boodskap uitgestuur na ongeveer 18 000 lede met die versoek om aan te dui of hulle handaflewering van die tydskrif sal aanvaar. Lede is versoek om seker te maak dat hulle woonadresse korrek op die lede-administrasiestelsel is. Lede wat verkies dat die SA Jagter per hand afgelewer word, kan `n e-pos stuur aan admin@sahunt.co.za.

Ek herinner lede dat hulle ook kan kies om die SA Jagter-tydskrif elektronies kan ontvang. Laat ons per e-pos weet by admin@sahunt.co.za

Hunting Affairs
Hunting of Dangerous Game – Training in Association with Wildlife College
By now members already know about the training for Dangerous Game Hunting presented in association with the Wildlife College near Hoedspruit. All the available courses for this year has been fully booked. Anyone interested in this training in the future, can contact Liesel Faurie at the E-mail address liesel@sahunt.co.za

Bewaring
IUCN
Tydens die raadsvergadering van 23 Augustus is daar besluit dat SA Jagters sal aansoek doen om lid te word van die “International Union for the Conservation of Nature” (IUCN). Die IUCN het ongeveer 1300 lede wat verskeie lande, NRO’s, wetenskaplike en akademiese organisasies insluit. Dit is die grootste bewaringsorganisasie in die wêreld wat volhoubare benutting ondersteun.

Voordele van die IUCN lidmaatskap sluit in dat SA Jagters nou plaaslik en internasionaal kan deelneem aan formulering van standpunte oor aspekte wat lede en bewaring raak soos die CITES kwotas vir rooidata-spesies, bv. Luiperds, en die rol van volhoubare benutting en jag in bewaring.

SA Jagters Facebook-blad
Die SA Jagters Facebook-blad groei fluks in ledetal en is deel van ons strategie om meer mense in te lig oor die rol wat SA Jagters en jag in bewaring speel. Die vermoë om kommentaar te lewer is beperk en lede kan ook nie op die bladsy “post” nie. Ons nooi weer alle lede uit om die bladsy te “like” en om julle vriende te nooi om ook die bladsy te “like” en artikels wat geplaas word, te “like” en te “share” sodat ons die impak van SA Jagters in sosiale media kan verhoog. Die blad is beskikbaar by https://www.facebook.com/Tinyarhi/

Parliamentary Colloquium on Captive Bred Lion
SA Hunters was invited to participate in the two-day Parliamentary Colloquium on Captive Breeding of Lion, shooting of captive-bred lions, the lion bone trade and lion petting. Role players from all sectors were invited to make presentations and raise their opinions on the practice. SA Hunters and Custodians of Professional Hunting and Conservation made a joint presentation highlighting the reputational damage that captive breeding of lion and shooting of these lions can cause to responsible hunting and the broader wildlife sector.

A full report on the study SA Hunters conducted to assess the potential risks was provided to the Portfolio Committee for the Environment and is available on the website of SA Hunters.

Wildlife Poisoning and Lead
Poisoning of wildlife in South Africa happens for a variety of reasons, i.e. people looking for protein, farmers trying to deal with `problem’ animals, unscrupulous individuals trying to get animal parts for the muti trade, misuse of chemicals by inexperienced workers. Lead from ammunition used by hunters have been identified as a potential risk factor with a number of recent scientific publications on the matter.

A Wildlife Poisoning Prevention Working Group (WPPWG) was established with a specific sub-group dealing with lead. SA Hunters will represent members on that group. More information on the latest research and way forward will be communicated to members.

Launch of the National Biodiversity Strategy
During August, President Cyril Ramaphosa launched the Biodiversity Economy Operation Phakisa. He said that harnessing the benefits of biodiversity can create new opportunities for commerce, trade and entrepreneurship. Around 162 000 jobs and R47bn can be generated through the development of the biodiversity economy.

SA Hunters participated in the development of the Biodiversity Economy Strategy and was instrumental in identifying several initiatives that can unlock responsible growth of the wildlife sector. Although the launch of the strategy presents opportunities for growth in the sector, it is critical that great care should be taken to ensure that all utilisation of wildlife is sustainable and responsible. All use is not necessarily good use. SA Hunters is committed to providing leadership in ensuring responsible wildlife use and development for the future of wildlife and the people of South Africa.

Fotokompetisie
Lede het nog kans tot einde September om nog foto’s vir ons foto kompetisie in te stuur. Daar is weer `n nuwe kamera as prys vir die algehele wenner beskikbaar. Lees gerus hier hoe om in te skryf. Die finaliste vir Augustus kan hier op die webwerf gesien word. Die wenners sal hul sertifikate op hulle elektroniese profiel op die stelsel ontvang.


Availability of S 365 Propellant

Many of our members recently reported unavailability of S 365 as well as some of the other Somchem propellant at dealers. I just received confirmation that Rheinmetal Denel will start shipping the first propellant from newly manufactured batches to dealers that place orders next week. Please contact your local dealer to enquire about the availability of Somchem propellant.

Vuurwapen-amnestie
Die Minister van Polisie het wel aansoek gedoen vir `n vuurwapen-amnestie. Die Parlementêre Portefeuljekomitee op Polisie sou die aansoek op 16 Augustus 2018 bespreek het, maar die vergadering is laatmiddag op 12 Augustus op versoek van die Minister gekanselleer.

Ek is van mening dat ons steeds amnestie sal kry, maar dat dit eers heelwat later sal gebeur.

Die onsekerheid duur intussen steeds voort. Totdat die hofsake nie afgehandel is nie sal ons waarskynlik nie werklik sekerheid kry oor die status van wapens waarvan die lisensies verval het nie.
Ons weet wel dat die inhandig van wapens gestop is deur die interdik wat GOSA bekom het. Die Polisie het reeds aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die interdik.

National Congress of SA Hunters
Please take note that the SA Hunters annual Congress will be held on 2 and 3 November. Attendance at the National Congress is based on Branch membership and Branches elect delegates. The agenda and relevant documentation for the annual Congress are sent to branches for discussion and preparation. Please ensure that you become active in your branch should you wish to participate in this process.

ManMagnum Tydskrif
Magnum tydskrif, wat natuurlik uit dieselfde stal as SA Jagter/SA Hunter kom, nooi alle lede uit om by hulle Facebook blad aan te sluit.  Daar word gereeld nuwe inligting publiseer asook kompetisies waarin aantreklike pryse gewen kan word.  Kliek hier om direk na die bladsy toe te gaan en onthou om die “Like” skakel te kliek!

Magnum Magazine, from the same stable as SA Jagter/SA Hunter, invites all SAHGCA members to join their Facebook page.  The page is updated regularly with new information as well as competitions with nice prizes up for grabs. Click here to be taken directly to the page and remember to click the “Like” button!

History of SA Hunters
SA Hunters will be 70 years old in 2019. In 2016, we started with a process with Oom George Nell to compile the history of SA Hunters over this period with a view to publish a book in 2019, when SA Hunters turns 70. Unfortunately, Oom George fell ill and passed away recently. We requested Prof Pieter Potgieter, a former President of SA Hunters, to continue with this task.

We will appreciate any information on the Association, its activities, role-players and how the Association grew during the 70 years since its establishment. Please contact Prof. Pottie at pieter.potgieter@safricom.co.za Please be patient while we peruse the documentation for possible inclusion in the book. He will take good care of your possessions.

Aankope van Nuwe Gewere
Ons het in die afgelope maand minstens twee gevalle gehad van lede wat nuwe gewere koop en dan agterna probleme ervaar omdat die wapen se kamer nie heeltemal reg gesny is nie en standaard patrone dan nie in die kamer pas nie. Ons vind dit nogal vreemd maar wil lede tog maan om versigtig te wees en baie seker te maak by die aankoop van `n nuwe geweer dat die kritiese afmetings van veral die kamer en slot wel korrek is. Jy spaar jouself baie moeite deur vooraf seker te maak eerder as om na die tyd probleme reggestel te kry.

Kommersiële sake
Soos gebruiklik, sluit ons skakels in na ons webwerf vir meer inligting oor spesiale aanbiedings vir SA Jagters se lede. Kliek op die skakel waarin u belangstel. Daar is hierdie maand `n splinternuwe aanbod beskikbaar van Helle messe teen 15% korting op hulle gewone pryse.

Ons sluit kort beskrywings in van spesiale boodskappe of inligting oor nuwe verskaffers wat afslag aan lede bied.

Die volgende leweransiers bied spesiale voordele aan lede van SA Jagters.

  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit
  • Action Ford       
  • Hinterland Groep
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Heartech Gehoorbeskerming
  • Herlaaikursusse deur Cassie Nienaber
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle messe

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Ivoorprojek
Die ivoormes-projek is weer goed op dreef nadat ons effe agter geraak het met bestellings en aflewerings. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien slegs 150 messe in hierdie projek gemaak word. Daar is reeds 62 messe verkoop.

The first set of commemorative knives available on order are known as the Doctari/Nico van Rooyen knives. Each knife is hand-made. Therefore, a waiting period of approximately three months from the receipt of your order and payment, to the date of delivery will apply.
Only 150 of these knives will be made and each knife will be numbered. Should you wish to order one of these knives, please do the following: transfer R5 500 to the account of SA Hunters by means of an EFT. The account of SA Hunters is held at ABSA with the account number 01443990077. The Branch Code is 632005. Please use the following reference: Knife and your mobile phone number. Please forward proof of payment to admin@sahunt.co.za.

Baobab Custom Knife Show
`n Groep van ongeveer 27 mesmakers hou op 26, 27 en 28 Oktober `n uitstalling van hulle werk in die Koedoe-saal by Safari Kwekery in Pretoria. Die koste van Toegang is R30 per persoon maar lede van SA Jagters sal gratis toegang tot die skou kry. SA Jagters lede sal ook outomaties in aanmerking kom vir `n handgemaakte mes wat teen die einde van die skou na `n gelukstrekking geskenk sal word. U kan gerus hierdie mesmakers ondersteun. Meer inligting is beskikbaar by hantie7.wixsite.com/baobab

Navrae aan SA Jagters se Nasionale Kantoor
Dit gebeur gereeld dat enkele van die bestuurders algemene navrae ontvang en nie noodwendig die betrokke lid kan help met die inligting wat hy/sy benodig nie. Vir spoedige diens, maak seker dat u navrae na die regte afdeling verwys. Hou asseblief u lidnommer byderhand omdat dit dikwels baie makliker is om navrae te kan beantwoord.

Die kontaknommers en e-posadresse vir navrae is soos volg:
•    Navrae oor lidmaatskap, administrasie en finansies
Tel (012) 808 9300 vra vir Finansies: e-posadres: admin@sahunt.co.za
•    Navrae oor opleiding
Tel (012) 808 9300 vra vir Opleiding;  e-posadres: nic@sahunt.co.za
•    Vuurwapenhulplyn, endossemente, motiverings en navrae oor lisensie-aansoeke
Tel (012) 808 9300 vra vir Vuurwapenhulplyn; e-posadres: firearmsupport@sahunt.co.za
•    Toegewyde status en registrasie van aktiwiteite
Tel (012) 808 9300 vra vir Toegewyde Status;     e-posadres: dedicated@sahunt.co.za
•    Bewaringsaangeleenthede
Tel (012) 808 9300 vra vir Bewaring; e-posadres: vanessa@sahunt.co.za
•    Jagsake
Tel (012) 808 9300 vra vir Jagsake; e-posadres: johann@sahunt.co.za
•    Navrae oor Takaangeleenthede en verwante sake
Tel (012) 808 9300 vra vir Takaangeleenthede;     e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
•    Navrae t.o.v. skietsake en verwante aangeleenthede
Tel (012) 8089300 vra vir Skietsake; e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
•    Navrae oor enige aanlynstelsels, webwerf, tablette
Tel (012) 8089300 of e-posadres: johanvo@sahunt.co.za
•    Enige algemene of ander navrae
Tel (012) 8089300 of e-posadres: info@sahunt.co.za

Name en Kontakdetail van Raadslede
Op versoek, plaas ons ook die kontakbesonderhede van raadslede.

Pos Naam E-posadres Selfoonnommer
President Gerhard Verdoorn nesher@tiscali.co.za 082 446 8946
Adjunk-President Carl Arnold carl@avrlaw.co.za 083 230 9823
Vise-President Jagsake Basie Bergh epvbergh@lantic.net 082 923 3547
Vise-President Skietsake Andre van Heerden falcodor116@gmail.com 082 319 3534
Vise-President Opleiding Danie de Villiers excelsiordev@gmail.com 082 877 7705
Vise-President Bewaring Brian Reilly reillybk@tut.ac.za 082 784 1895


`n Verkiesing van streekkoördineerders vind tans plaas. Sodra die proses afgehandel is, sal ons ook hierdie persone se kontakbesonderhede in die nuusbrief plaas.

Vriendelike groete

Fred Camphor
SA Jagters: HUB

  • Last modified on Tuesday, 23 October 2018 10:32
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za