• Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2017

    Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2017

    Die SA Jagters, nasionale Intertak Spanskietkompetisie het plaasgevind op Saterdag, 12 Augustus 2017 op die nuwe Meerkatgat skietbaan van die Vrystaat Sandveld Read More
  • Nasionale President skietkompetisie 2017

    Nasionale President skietkompetisie 2017

    Die Nasionale President skietkompetisie wat op Saterdag, 23 September 2017 op die Elandsrand skietbaan te Kroonstad plaasgevind het. Read More
  • SA Jagters Golfdag Junie 2017

    SA Jagters Golfdag Junie 2017

    SA Jagters het op Vrydag 9 Junie 2017 vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n Gholfdag gehou. Hierdie dag is gehou Read More
  • SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

    SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

    SA Jagters het weer eens vanjaar by HuntEx Gauteng gehou te Gallagher Estate teen die einde van April ‘n spesiale poging aangewend Read More
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4

Inyathi Park News - January 2018

While the first month of 2018 is officially on its back and will be down and out in another day, I wish all members of SA Hunters well for 2018. May this be a year with more rain and ample hunting opportunities.


1. Constitutional Court Case
It is common knowledge that the Minister of Police appealed against Judge Tolmay’s ruling in the Gauteng North High Court on 4 July 2017, while SA Hunters applied for ratification of the same High Court order in the Constitutional Court.

Both these applications will be heard on 7 February 2018, instead of on 8 February as previously announced. The reason is because Parliament opens on 8 February 2018, which requires the official presence of the Chief Justice.

During December 2017, SA Hunters compiled the court record for the SAPS (because they did not make progress in this regard), which was filed with their consent in the Constitutional Court as required. The Minister’s heads of argument were filed on 22 December as directed by the Chief Justice. SA Hunters in turn filed its heads of argument by 5 January as directed.

After conclusion of this process, Fidelity Security Services and Gun Free SA (GFSA) applied late to join the case as Amicus Curiae (friends of the Court). This required both the Minister of Police and SA Hunters to respond to these late applications. While writing this newsletter, the last documents of SA Hunters were filed in response to these late applications.

I have just been informed that GOSA may also possibly make a late application to join the case, most likely also as Amicus Curiae. SA Hunters will not object if they decide to do so, but it must be understood that such as application would be extremely late and outside the rules of the Court.

Various rumours have been doing the rounds on social media platforms that SA Hunters did not respond to the GFSA application in the correct manner. I deliberately did not respond to these incorrect rumours, because I could use my time better to prepare our responses to the late applications and to get ready for the hearing. I advise members to ignore the nonsensical stories going around on this matter.

2. Bydrae tot SA Jagters Regshulpfonds
In ‘n poging om geld bymekaar te maak vir hierdie hofaansoek, loot ons die geweer uit wat Sons of Guns vir ons borg. Vir ‘n bydrae van R50 of enige veelvoud daarvan staan u die kans om ‘n Howa in .308 Win of 6,5 Creedmoor (u keuse tussen die twee kalibers) met ‘n Leopold VX 3i teleskoop in ‘n gelukkige trekking te wen.

Doen asseblief u betaling by wyse van ’n EFT aan die Regshulpfonds van SA Jagters in veelvoude van R50. Die rekening van die Regshulpfonds is by ABSA en die rekeningnommer is 9134305406.Neem asseblief kennis dat die rekeningnommer verskil van die normale rekening van SA Jagters waarin ledegeld en ander bedrae betaal word. Wanneer u die oorplasing doen verskaf asseblief die volgende inligting as verwysing, met ‘n spasie tussen elkeen van die entiteite:

  • K
  • U Selfoonnommer

Helber Punte en Helber Safaris het aangebied om ook vir die gelukkige wenner van die geweer, twee pakkies Helber Titan punte te gee, ladingontwikkeling vir die geweer te doen en ‘n rooibokjag te borg. Ons bedank hulle hartlik hiervoor.

Hierdie versoek vir bydraes en moontlike wen van die geweer in ‘n gelukstrekking is nie beperk tot lede van SA Jagters nie maar is oop vir deelname vir alle lede van die publiek. Dit is nie slegs lede van SA Jagters wat voordeel sal trek as die Grondwethof in ons guns sal beslis nie maar alle wapeneienaars wat dieselfde voordeel sal kry. Versprei asseblief hierdie inligting so wyd moontlik na alle wapeneienaars of belangstellendes. U kan die inligting selfs in u plaaslike en streekskoerante laat publiseer om dit wyer bekend te stel.

Hierdie is werklik die laaste kans om teen so min as R50 ‘n bydrae te maak tot die koste van die Hofaansoek en om ‘n kans te staan om ‘n geweer, twee pakkies punte, ladingontwikkeling vir die geweer en ‘n Rooibokjag te wen.

I deliberately repeat the message above also in English.

Contribution to SA Hunters’ Legal Aid Fund
In an effort to raise money to help cover the cost of the Constitutional Court case, we will have a lucky draw in which one person can win a hunting rifle in .308 Win or 6,5 Creedmoor (your choice of one of the two calibres) with a Leopold VX 3i telescope donated by Sons of Guns for only R50 or any multiples thereof.

Please make payment by EFT into the Legal Aid Fund of SA Hunters in multiples of R50. The Legal Aid Fund’s account is with ABSA and the account number is 9134305406. Please note that this is a different account number from the regular account used for paying in membership fees and other payments. When transferring the money, please use the following information as reference, with a space between the two entities:

  • K
  • Your mobile phone number

Helber Bullets and Helber Safaris also offered two packets of Titan Bullets and load development for the lucky winner of the rifle and sponsor an Impala Hunt. This is an unexpected bonus and we are very grateful for this donation.
Please note that this competition is not limited to members of SA Hunters, but open to anyone. All firearm owners will benefit from a favourable decision in the Constitutional Court, not only members of SA Hunters. You may distribute this information as widely as you wish and even have it published in your local or regional newspapers.

This is really a last chance to win a rifle, two packets of bullets, load development for your rifle and an Impala Hunt for as little as R50.

Lidmaatskap

Op hierdie stadium in Januarie 2018 staan die Vereniging se ledetal op 41 954 lede. Kom ons maak vanjaar erns daarmee om die Vereniging sterker te maak deur elkeen net nog een lid te werf.
Elke lid van SA Jagters wat tien of meer gewone lede vir die Vereniging werf, kwalifiseer vir gratis lidmaatskap vir die volgende jaar. Takke wat nuwe lede werf, ontvang ook R100 van die nuwe lid se ledegeld, bo en behalwe die taksubsidie ten opsigte van die nuwe lid.

Let daarop dat slegs een aansporing ten opsigte van ’n nuwe lid van toepassing is, m.a.w. óf die Tak óf die lid ontvang die aansporing vir die nuwe lid gewerf.

3. Dedicated Status
This is an early reminder for Dedicated Hunters and Dedicated Sport Shooters to attend and record the required activities to retain dedicated status. You have nine months left to the end of October to record the required activities to maintain dedicated status.

4. Sportskietnuus

Gallery Sporting Rifle
Ons loods vanjaar die Gallery Sporting Rifle as ‘n afsonderlike skietdissipline met sy eie reëls. Teen die finale sluitingsdatum het bykans 290 skuts vooraf geregistreer om aan hierdie dissipline deel te neem. Die eerste kompetisies het reeds afgeskop. Ek verneem dat die nuwe teikens wat in hierdie kompetisie gebruik word nogal ‘n uitdaging is vir skuts wat aan SA Jagters se jagverwante teikens gewoond is.

Ons sal lede op die hoogte hou van hoe die nuwe kompetisie verloop. Hierdie is die aanvoorwerk vir moontlike deelname van top skuts aan die Gallery Rifle Wêrelkampioenskap wat SA Jagters in Oktober 2019 in RSA aanbied.

Deelname aan Streekskietgeleenthede

SA Jagters het reeds sedert 2014 voorsiening gemaak in die reëls dat ‘n streek kan verkies om ‘n streekskietgeleentheid uitsluitlik vir lede van takke in die streek aan te bied. Die grootste rede hiervoor is bloot die beperking van die getal skuts wat die betrokke skietbaan kan hanteer sowel as die beskikbaarheid van opgeleide baanoffisiere om die skietgeleentheid te bestuur.

Daar is inderdaad sommige streke en gasheertakke wat wel van hierdie reëling gebruik maak. ? Streek en die gasheertak mag voorkeur gee aan lede van takke in die streek tot ‘n sperdatum voor die kompetisie. Lede buite die streek mag na die sperdatum vir die betrokke kompetisie inskryf.

Hierdie reëlings is vervat en duidelik uiteengesit in die jaarlikse skietprogram wat André van der Merwe saamstel en uitstuur.

Ek herinner alle skuts om vooraf in te skryf vir enige kompetisie waaraan hulle wil deelneem en om die gasheertak voor die tyd te skakel vir inligting oor die betrokke skietgeleentheid. Skuts wat by ‘n streekskietgeleentheid opdaag sonder om navraag te doen, mag dalk moet omdraai indien dit ‘n geslote kompetisie is.

Ek versoek gasheertakke om vooraf met André van der Merwe te skakel oor die korrekte reëlings indien hulle ? geslote skietbyeenkom wil hou, sodat die skietprogram vir die jaar die korrekte inligting bevat. Geen streek of gasheertak kan op die ingewing van die oomblik besluit om ‘n kompetisie eksklusief vir lede in die streek aan te bied nie. Dit moet vooraf behoorlik gereël word.

5. Use of Ivory Inherited from Nico van Rooyen

In 2016, Congress granted approval to manufacture jewellery and a range of commemorative knives from the ivory inherited from Nico van Rooyen. The necessary permits were obtained from the Department of Nature Conservation in Gauteng and the ivory was cut up.

The first set of commemorative knives made are known as the Doctari/Nico van Rooyen knives, which are available on order. Because each knife is hand-made, there is a waiting period of approximately three months from the receipt of your order and payment, to the date of delivery.

Only 150 of these knives will be made and each knife will be numbered. Should you wish to order one of these knives please transfer R5 500 to the account of SA Hunters by means of an EFT. The account of SA Hunters is with ABSA, account number 01443990077, branch code 632005. Use Knife and your cell phone number as the reference, and forward proof of payment to admin@sahunt.co.za
45 of these knives have already been sold and the chance to obtain one is becoming slim.

6. Fotokompetisie
SA Jagters se fotokompetisie vir lede word weer in 2018 aangebied. Die doel van die kompetisie is om ‘n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit by geleenthede soos die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon. Die naam van die fotograaf en die tak waaraan die lid behoort, sal by die foto verskyn.

Aan die einde van elke maand sal ons foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.sahunters.co.za publiseer. Lede sal ook erkenning in die vorm van goud, silwer of brons sertifikate ontvang.

Die inligting oor die pryse en borgskap is reeds ook op die webwerf geplaas..

Die kategorieë vir 2018 se kompetisie is:

  • Ons Erfenis. Enige plant- of dierelewe wat ons land en of buurlande se natuurlike erfenis uitbeeld.
  • Jagveld stories. Foto’s wat jou jagveld ervaring uitbeeld. Onthou asb. dat hierdie kategorie nie foto’s van gejagte diere insluit nie. Stuur daardie foto’s gerus na die tydskrif se Bokspog.  

Lees gerus hier wat jy moet doen om in te skryf.

7. Hunting Affairs
Hunting Packages Available
The Eastern Cape Province made a number of hunting packages available for sale from some of their reserves. These hunting packages will be on sale at an internet auction by Tirhani Auctioneers from 11:00 on 6 February 2018 to 14:00 on 8 February 2018.

More information is available here.

Please check the available information and register your bid should you be interested in any one of these hunting packages.

Contribution to Development of Informal Business in the Industry
The Gauteng Directorate of Nature Conservation approached SA Hunters to contribute to the development of informal business in the sector by donating horns and bones of hunted animals to be used for producing jewellery or to be used by traditional healers.

We will explore the needs and requirements with them and provide you with more information. This might be a good example of how hunters can contribute freely to developmental objectives by donating animal products.
8. Veranderinge by Sentrale Vuurwapenregister
Genl. Jaco Bothma, bevelvoerder van die Sentrale Vuurwapenregister het uit die Polisie bedank en verlaat die SAPD aan die einde van Januarie 2018.

Volgens informele inligting wat ons ontvang het, sal genl-maj. Mamotheti, wat in 2015/6 vir ‘n tyd aan die stuur van Sentrale Vuurwapenregister was, hom opvolg. Ons sal lede ingelig hou soos ons meer inligting ontvang.
9. HuntEx 2018
HuntEx Gauteng will be held at Gallagher Convention Centre in Midrand from 27 April to 1 May 2018. Pleas diarise these dates and plan accordingly.

10. Jaglisensies en Permitte
Elke provinsie vaardig sy eie ordonnansies en jagregulasies uit wat dikwels wesenlik van mekaar verskil. Johann van de Giessen ontleed tans die permitstelsel wat ons binne volgende maand of twee aan lede sal beskikbaar stel.

Sommige van die permitte en/of lisensie is beskikbaar by die kantoor van SA Jagters.

Jaglisiensies is gewoonlik beskikbaar by die kantore van die provinsiale departemente van Natuurbewaring. In die Noord-Kaap is jaglisensies by verskeie poskantore beskikbaar.

Die Poskantoor se databasis is op ons webwerf beskikbaar (onder: Regulasies en Proklamasies).

Die volgende lisensies is ook direk by SA Jagters se nasionale kantoor beskikbaar. Kontak Vanessa Bell direk by (012) 808 9306 of stuur ‘n e-pos na Vanessa@sahunt.co.za.

Gauteng Slegs voëljag
Mpumalanga Slegs voëljag
Vrystaat Gewone wild en voëljag
KwaZulu Natal Gewone wild, beskermde wildspesies en voëljag
Oos Kaap Gewone wild en voëljag
Wes Kaap Gewone wild en voëljag
Noord Kaap Lisensies beskikbaar by sekere poskantore in die provinsie asook Centurion, Gauteng


Die volledige inligting oor die lisensies en permitte is hier beskikbaar

11. History of SA Hunters
SA Hunters will be 70 years old in 2019. In 2016, we started with a process with Oom George Nell to compile the history of SA Hunters over this period with a view to publish a book in 2019, when SA Hunters reaches the ripe age of 70 years.

Oom George will appreciate any information on the Association, its activities, role-players and how the Association grew during the 70 years of its existence. He already received loads of information and documents kindly provided to him by members of SA Hunters. Please be patient while we peruse the documentation for possible inclusion in the book. He will take good care of your possessions.

Please contact Oom George at 082 926 9641 if you have any useful information.

12. Kommersiële sake
Soos gebruiklik, sluit ons skakels in na ons webwerf vir meer inligting oor spesiale aanbiedings vir SA Jagters se lede. Kliek op die skakel waarin u belangstel.

Ons sluit kort beskrywings in van spesiale boodskappe of inligting oor nuwe verskaffers wat afslag aan lede bied.

Die volgende leweransiers bied spesiale voordele aan lede van SA Jagters.

  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit
  • Action Ford       
  • Hinterland Groep
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Heartech Gehoorbeskerming
  • Herlaaikursusse deur Cassie Nienaber

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

13. National Conservation Project
At the last Board meeting the SA Hunters Board decided to launch a national conservation project in support of the National Arbor Day (Nasionale Boomplantdag). More information on this project and on the national tree of the year for 2018 will be made available in good time to allow members and branches to participate in the process.

14. Navrae na SA Jagters se Nasionale Kantoor
Dit gebeur gereeld dat enkele van die bestuurders algemene navrae ontvang en nie noodwendig die betrokke lid kan help met die inligting wat hy/sy benodig nie. Vir spoedige diens, maak seker dat u navrae na die regte afdeling verwys.

Die kontaknommers en e-posadresse vir navrae is soos volg:
•    Navrae oor lidmaatskap, administrasie en finansies
Tel (012) 808 9300 vra vir Finansies: e-posadres: admin@sahunt.co.za
•    Navrae oor opleiding
Tel (012) 808 9300 vra vir Opleiding;  e-posadres: nic@sahunt.co.za
•    Vuurwapenhulplyn, endossemente, motiverings en navrae oor lisensie-aansoeke.
Tel (012) 808 9300 vra vir Vuurwapenhulplyn; e-posadres: firearmsupport@sahunt.co.za
•    Toegewyde status en registrasie van aktiwiteite
Tel (012) 808 9300 vra vir Toegewyde Status;     e-posadres: dedicated@sahunt.co.za
•    Bewaringsaangeleenthede
Tel (012) 808 9300 vra vir Bewaring; e-posadres: vanessa@sahunt.co.za
•    Jagsake
Tel (012) 808 9300 vra vir Jagsake; e-posadres: johann@sahunt.co.za
•    Navrae oor Takaangeleenthede en verwante sake
Tel (012) 808 9300 vra vir Takaangeleenthede;     e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
•    Navrae t.o.v. skietsake en verwante aangeleenthede
Tel (012) 8089300 vra vir Skietsake; e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
•    Navrae oor enige aanlynstelsels, webwerf, tabletrekenaars
Tel (012) 8089300 of e-posadres: martmarie@sahunt.co.za
•    Enige algemene of ander navrae
Tel (012) 8089300 of e-posadres: info@sahunt.co.za

Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

  • Last modified on Thursday, 01 February 2018 15:07
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za