• LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    Die Lynx Optics/SAJWV Presidentskietkompetisie is op 15 September 2018 baie suksesvol aangebied deur die Valschrivier tak op die Elandsrand skietbaan ongeveer 12 Read More
  • SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    Die SA Jagters, nasionale Intertak Spanskietkompetisie het plaasgevind op Saterdag, 18 Augustus 2018 op die Meerkatgat skietbaan van die Vrystaat Sandveld tak Read More
  • Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Elsa Esterhuizen gesels met Fred Camphor van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging met oor die kwessie rondom vuurwapenlisensies, en waar sake nou Read More
  • Responsible hunting organisations denounce shooting of captive-bred lion

    Responsible hunting organisations denounce shooting of captive-bred lion

    There is increasing pressure on all forms of wildlife-based tourism and enterprises in the wildlife sector to become more sustainable and to Read More
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4

Gebruik van Ivoor van Nico van Rooyen

  • Tuesday, 03 October 2017 07:10
  • Published in Other
  • Read 16914 times

Die Kongres het in 2016 goedkeuring verleen dat die ivoor uit Nico van Rooyen se erflating gebruik kan word om messe en juwele te vervaardig, ten einde die ivoor te gebruik eerder as om dit te laat vergaan omdat dit nie in ideale omstandighede gestoor kan word nie.

Na ‘n proses van besluitname deur die Raad en Uitgebreide Raad is die ivoor nou opgesny en die eerste messe is gemaak en beskikbaar vir bestelling. Van die afvalstukke ivoor sal juwele vervaardig en verkoop word deur ‘n aangewese juwelier wat dit in samewerking met SA Jagters sal doen.

Hierdie is ‘n unieke gelentheid om ‘n mes te bekom waarvan die hef van ivoor sal wees wat uit die versameling van Nico van Rooyen kom. Dit sal sekerlik nie goedkoop wees nie maar die mes is bedoel om ‘n versamelstuk te wees.

Daar sal ‘n beperkte reeks messe gemaak word omdat die beskikbare ivoor beperk is. Die eerste reeks sal die Nico van Rooyen Doctari reeks messe wees wat ‘n eie unieke verhaal het. Daar sal slges 150 messe in hierdie reeks gemaak word en elke mes sal genommer wees, beide op die mes sowel as op die kassie. Hierdie messe sal beskikbaar wees teen R 5 500,00 elk en sal vervaardig en versend word na die lid sodra die bestelling geplaas en die geld in die rekening van SA Jagters oorgeplaas is.

Indien u een van hierdie messe wil bestel doen die volgende: Plaas die bedrag van R 5 500 oor na die rekening van SA Jagters by ABSA met die rekeningnommer 01443990077. Takkode 632005 en gerbruik die volgende verwysing: Mes en u Selfoonnommer. Stuur asseblief ‘n bewys van die betaling na admin@sahunt.co.za

Die genommerde mes sal op ‘n eerste bestel eerste gelewer basis aan u versend word tesame met die permit om die ivoor wettig te besit.

Rate this item
(5 votes)
  • Last modified on Tuesday, 03 October 2017 11:04
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za