Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters, sê hierdie vuurwapeneienaars het eenvoudig net vergeet dat die lisensies verval het. “Hierdie mense is nie kriminele nie en die wapens is ook nooit nie vir misdaad aangewend nie. Hulle het doodgewoon vergeet om die lisensies te hernu, net soos wat baie van ons soms vergeet om voertuiglisensies en bestuurderslisensies wat ook 'n beperkte leeftyd het, te hernu. In hierdie gevalle hernu 'n persoon die betrokke lisensie en 'n betaal 'n administratiewe boete sonder om van sy motor hoef afstand te doen.
Sedert 2011 het die Polisie elke lisensie-aansoek wat hulle laat ontvang het (selfs so lank as 5 jaar nadat die lisensie verval het), geprosesseer en die lisensie hernu indien die eienaar aan die vereistes voldoen het. Daar is duisende voorbeelde hiervan.
Die situasie het verander in Februarie 2016 toe die waarnemende kommissaris van Polisie alle polisiestasies opdrag gegee om geen laat aansoeke vir die hernuwing van 'n wapenlisensie te aanvaar nie. Verder moet hulle die aansoeker inlig dat hy/sy onwettig in besit is van die wapen en dit by die Polisie moet inhandig.
SA Jagters is van mening dat hierdie optrede van die Polisie onwettig is en het 'n hofaansoek gebring om die Wet te wysig en die leemtes in die Wet reg te stel. Indien SA Jagters se hofaansoek slaag, sal baie Suid-Afrikaanse vuurwapeneienaars hierby baat vind, en nie net die 40 000 lede van dié Vereniging nie.
Enige persoon of instansie wat SA Jagters in hierdie hofaansoek wil ondersteun, kan dit doen deur ‘n donasie tot die SA Jagters Regshulp Fonds te maak: ABSA Bank, Tak: 632005, Rekening: 9134305406
High Court Application April 2017 - Documents
Filename | Size | Date |
---|---|---|
![]() |
10.64 MB | 2017-04-13 |
![]() |
1.2 MB | 2017-04-13 |
![]() |
1005.3 KB | 2017-04-13 |
![]() |
11.85 MB | 2017-04-13 |
![]() |
7.27 MB | 2017-04-13 |
![]() |
3.81 MB | 2017-04-13 |
![]() |
2.77 MB | 2017-04-13 |
![]() |
1.81 MB | 2017-04-13 |
![]() |
1.76 MB | 2017-04-13 |
![]() |
5.99 MB | 2017-04-13 |
![]() |
2.03 MB | 2017-04-13 |
![]() |
3.94 MB | 2017-04-13 |
![]() |
1.63 MB | 2017-04-13 |
Kontak die SA Jagters Hoofkantoor indien sou belangstel in die hof aansoek aanhansels
Hofuitpraak en Appel dokumente
High Court Judgment and Appeal 2017 - Documents
Filename | Size | Date |
---|---|---|
![]() |
901 KB | 2017-07-11 |
![]() |
1.07 MB | 2018-02-07 |
![]() |
1.51 MB | 2018-01-10 |
![]() |
1.42 MB | 2017-07-11 |