• SA Jagters Golfdag Junie 2017

    SA Jagters Golfdag Junie 2017

    SA Jagters het op Vrydag 9 Junie 2017 vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n Gholfdag gehou. Hierdie dag is gehou Read More
  • SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

    SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

    SA Jagters het weer eens vanjaar by HuntEx Gauteng gehou te Gallagher Estate teen die einde van April ‘n spesiale poging aangewend Read More
  • First cheetah cubs born at Rietvlei Nature Reserve

    First cheetah cubs born at Rietvlei Nature Reserve

    Pretoria:  The birth of three cheetah cubs at Rietvlei Nature Reserve (RNR) south of Pretoria early in November 2016 has caused great Read More
  • 1
  • 2
  • 3

Inyathipark Nuus - Mei 2016

Geagte kollega

Met soveel navrae en afwagting ten opsigte van die SAJWV se hofaansoek oor die herlisensiëring van vuurwapens, val ek dus met die deur in die huis.

1. Court Application
At a very late stage in the legal process the state attorney requested more time for the Minister to prepare a responding affidavit. We accepted and agreed to the additional time but he still did not file the documents in good time. While writing this newsletter to your, the responding affidavit plus all the attachments thereto were being sent by e-mail. We received a copy of the Affidavit in electronic format but without all the supporting documentation it was impossible to get to grips with the case being argued.

We will take the time required to ensure a very detailed response to any allegations made by the Minister. Therefore, we might remain quiet for a while to prepare our response and I will report to you on progress made in this regard as soon as possible.

With respect to the case brought by the Dealers Association, we have been informed that the application had been withheld for amendments, which delayed the case from being heard.

2. Aansoeke vir Herlisensiëring
Ons waarsku lede al vir geruime tyd dat dit belangrik is om betyds hul vuurwapenlisensies te hernu. Die erns van hierdie saak kan nie genoeg beklemtoon word nie. Ons verneem dat aangewese vuurwapenbeamptes (DFOs) landwyd redelik homogeen optree en aansoekers wat hernuwingsaansoeke wil indien nadat lisensies verval het, meedeel dat hulle onwettig in besit van die wapens is en dat dit ingehandig moet word vir vernietiging. Die dreigemente van moontlike inhegtenisneming kom steeds plek-plek voor.

In terms of the guidelines provided by the SAPS, DFOs must accept any application for the renewal of a firearm licence that is submitted later than the 90 days prior to the date on which the licence lapses and the actual date of lapsing, as a normal renewal application, provided there is good reason for the late application.

Members that are told that their licence renewal applications will be treated in terms of Section 28 of the Act, and who are required to surrender their firearm, or who are threatened with prosecution should they refuse to surrender such firearm are still requested to report all such incidents to info@sahunt.co.za. Please send your full name and surname, ID number, membership number, mobile phone number, the name of the police station and the name of the DFO that you worked with. Please also scan a copy of any letter you might have been given in this regard and forward it with your e-mail to the address above address.

Practical Guideline on the Renewal of Licences
Practical guidelines for licensing and re-licensing are available under the Firearm Licensing section on the SA Hunters website.

3. Contributions to Fund the Court Application
We requested members to make a contribution to carry the cost of our court application against the Minister of Safety and Security. To date, we have received just more than 200 000 in contributions to the Legal Aid Fund of SA Hunters. Please accept this “thank you very much” as our recognition of your generosity and support.

Various other hunting associations as well as a number of Branches of SA Hunters also made contributions to the Legal Aid Fund. Thank you very much to each and every one of the Branches and associations for assisting us in the process. It is highly appreciated.

The account of the SA Hunters Legal Aid Fund is held at ABSA and the account number is 9134305406. It is important to note that this account number differs from the account number used for depositing membership fees and other amounts to SA Hunters. The Legal Aid Fund deliberately uses a different bank account. Please provide us with your name and membership number as reference when you deposit your donation. Please encourage other firearm owners to make a contribution. Every firearm owner in the RSA will benefit from the application we bring on behalf of our members.

4. Aansoeke vir Nuwe Lisensies
Ons ervaar skielik ‘n toename in die getal nuwe aansoeke vir wapenlisensies wat afgekeur word. Een van die redes waarom lisensie-aansoeke nou skielik afgekeur word, is omdat aansoekers nie die addisionele motivering geteken het nie. Indien u enige addisionele dokumentasie saam met u lisensie-aansoek verskaf, maak asseblief seker dat u elke enkele bladsy van sodanige dokumente teken anders kan u aansoek vir hierdie rede afgekeur word. Ons is ten volle bewus daarvan dat dit nie sin maak nie maar dis baie makliker en minder frustrerend om u handtekening op ‘n paar bladsye aan te bring as om óf ‘n nuwe aansoek te voltooi en in te dien óf om te appelleer.

5. Dedicated Hunter and Dedicated Sportshooter Status
We still have 2 168 members that have not yet submitted their activity reports to retain dedicated status for the previous year. In a last effort SA Hunters staff will phone these members to remind them to provide the 2015 activity reports to reach us by 30 June 2016, or forfeit their dedicated status. In terms of the Firearms Control Act, SA Hunters is obliged to report members whose status had lapsed to the Central Firearms Registry.

We want to reduce the number of activity reports that we receive via e-mail and fax and request members to update their activity logs online.

By now you should be aware that SA Hunters will also recognise participation of shooting activities offered by other accredited associations and formally registered shooting clubs as valid activities to maintain dedicated sportshooter status. Please log these activities on the system to ensure you retain your status. We have had specific questions from members who are employed by the SANDF, SAPS and security firms whether their shooting activities will be recognised. These will indeed be recognised to retain your dedicated status, provided that you capture the required information on the membership database.

6. Kommersiële sake
Die volgende ondernemings verskaf spesiale aanbiedinge aan ‘n groot aantal van ons lede of aan die nasionale kantoor en ondersteun die aktiwiteite van die Vereniging op nasionale vlak.

Hokaai Slaghuis Alle takke van Hokaai Slaghuis bied 5% korting aan SAJWV-lede op alle aankope en wildsvleisverwerking. Skakel Kenny Stanton by 079 900 5416 vir meer inligting.

Die Wildshoekie Vleismark in Centurion bied 5% korting aan lede. Skakel Robbie by 0822798380 vir meer inligting.

Hinterland Groep bied 10% korting aan SAJWV-lede op alle aankope in hulle wapenwinkels (Hinterland-kluise). Ondersteun hulle gerus.

Toyota SA: Lede van die SAJWV kry 0,5% korting se punte op hulle MyBonus lidmaatskap by die aankoop van alle Toyota produkte in die volle reeks van voertuie wat Toyota aanbied. Daar is geen beperking op die getal voertuie wat gekoop word nie. Hierdie ooreenkoms is geldig tot einde Desember 2016.

Vanaf 1 April 2016 sal Toyota SA vir elke Toyota-produk wat ‘n SAJWV-lid koop ook ‘n verdere donasie ter waarde van 0,5% van die netto waarde van die transaksie aan die Tinyarhi Trust skenk wat die bewaringswerk van die SAJWV finansier. Dankie aan Toyota SA.

Maak asseblief seker dat u met enige transaksie van enige Toyota-produk dit wel registreer en op rekord plaas dat u ‘n lid van die SAJWV is sodat u die MyBonus-punte kry waarop u geregtig is. Dit sal terselfdertyd ook verseker dat Toyota SA se donasie vanaf 1 April 2016 outomaties na die Tinyarhi Trust gaan.

Westvaal Nelspruit: Die Westvaal Groep bied 9% korting aan SAJWV-lede en hul direkte familie (ouers, broers en susters, kinders) op die aankoop van enige nuwe Isuzu-bakkie. Westvaal Nelspruit lewer voertuie regoor RSA af.

Skakel Jannie Nell van Westvaal Nelspruit indien u van hierdie aanbod wil gebruik maak. U kan ook (013) 757 5098 of 082 854 8318 skakel vir enige inligting sowel as kwotasies op enigeen van hulle produkte.

Action Ford: Ons verhouding met Action Ford is alombekend. Action Ford saam met Ford SA se Ranger-reeks van bakkies bied in Junie spesiale pryse aan onder hulle promosie van “Truck Month”. Addisioneel hiertoe sal Action Ford dan ook gratis lisensie en registrasie aan SAJWV-lede aanbied. Skakel Linda Botha van Action Ford by 086 022 8466 indien u van hierdie aanbod wil gebruik maak.

Selftrack: Selftrack bied aan lede ‘n voorkeurtarief van 10% korting op die standaardpryse met die aankoop van voertuig- en persoonlike opspoortoestelle. Selftrack gee aan gebruikers die vermoë om self hul voertuie of personeel na te spoor. Selftrack kan ook by die huis of werk gebruik word om geliefdes en/of werkers se voertuie te monitor vir veiligheid en ander redes. Kontak Dirk Bekker by 0861 909 101, 076 944 2739 of e-pos na dirk@selftrack.co.za.

Kragopwekkers: Mainsu bied 5% korting aan SAJWV-lede op die prys van alle Gentech en Kipor kragopwekkers. Skakel Fanie Swart by 082 901 7599 of per e-pos by fanie@mainsu.co.za vir meer inligting. Mainsu is in Pretoria geleë en verkoop, installeer, diens en herstel verskeie handelsmerke kragopwekkers soos Gentech, Kipor en Cummins. Die reeks sluit in petrol (digitaal, oop en stil) sowel as stil, diesel-kragopwekkers van 220V en 380V.

Heartech Gehoorbeskerming: Custom Fit Silicone Hearing Protection offers their products at the discounted price of R600 per set for adults and R375 per set for children under 15 years old. These sets usually sell for R800). Non-electronic custom fit silicone hearing protection is available at R699 per set, upgradable to CENS electronic hearing protection (regular selling price is R1000 per pair). The SA Hunters or branch logo can be printed on the fillers.

SHOT BLOCK analogue custom electronic noise protection is available at R3 780 for both suppression and amplification. It is water resistant and uses size 13 batteries to provide 400 hrs continuous use. The regular price is R4 500 per set.

Skakel Sean Stones by 0714736199 indien u van hierdie aanbod gebruik wil maak. Sean is ook bereid om SA Jagters-takke regoor die land te besoek om inligtingsessies oor gehoorverlies en gehoorbeskerming aan te bied en om sy produk bekend te stel.

Wildman Hunting and Outdoor: Alle takke (franchises) van die Wildman Groep bied 3% korting op alle aankope aan lede van SA Jagters. Hierdie korting sal as beskikbare punte op die lid se MyBonus rekening verskyn. Namens alle SA Jagters bedank ek graag vir Frikkie, Hennie en hulle span saam met al die “franchisees” vir die ondersteuning aan ons lede.

Pensmis: Stories uit die Wild en Jagbedryf: Een van ons lede, Tuba van der Walt van Ludwigslust wes van Musina, skryf ‘n gereelde rubriek in Wild en Jag en gee nou ‘n reeks van sy artikels in boekvorm uit. Tuba se skryfstyl lees lekker en hy huiwer nie om kwelvrae op ‘n baie interessante manier aan te spreek nie. Die boekie verkoop teen R120 elk. Hy bied spesiale korting aan indien Takke ‘n groter volume bestel. Kontak gerus vir Tuba of Retha by ludwigslust@xnets.co.za of 0792096233

Bos en Kombuis: Die nuwe uitgawe van SA Jagter se Bos en Kombuis sal teen die middel van Julie teen R45 elk beskikbaar wees. SAJWV-lede kan die tydskrif teen die afslagprys van R35 direk vanaf Media24 bestel. Aangesien slegs 'n beperkte aantal eksemplare  gedruk word, raai ons lede aan om die Bos en Kombuis tydskrif via hul takke te bestel. Takke kan ‘n massabestelling teen R35 per eksemplaar voor einde Junie aan dorothy@sahunt.co.za stuur.

7. Skietsake

Internasionale Sportskietkompetisies

SAJWV bied in Oktober 2016 weer ‘n Internasionale Ope Gallery Rifle Skietkompetisie in Welkom aan. Die proewe om die spanne te kies wat Suid-Afrika by hierdie geleentheid gaan verteenwoordig, is reeds afgehandel. Individue en internasionale spanne sal aan die Gallery Rifle kampioenskap deelneem.

Ons het u reeds meegedeel dat Duiker-tak ook ‘n Jaggeweer Sporting Rifle kompetisie in Balfour sal aanbied wat saamval met die internasionale besoek. Die proewe vir die kies van die SAJWV se twee spanne wat aan die kompetisie sal deelneem het die afgelope Saterdag plaasgevind en die manne en een vrou het van so ver as die Gamtoosvallei gekom om deel te neem. Die resultate van die proewe is reeds vanoggend uitgestuur. Baie geluk aan die skuts wat met hulle skietkuns die twee spanne gehaal het.

Die getal internasionale deelnemers is nog nie finaliseer nie. Die skietbaan kan 50 skuts akkommodeer en indien daar enige verdere plekke beskikbaar is, sal die SAJWV verdere spanne inskryf om sover moontlik ons skuts die geleentheid te bied om skouers te skuur met die internasionale skuts wat dan hier sal deelneem.

8. HuntEx2016
Al die HuntEx uitstallings vir 2016 is nou iets van die verlede. Die besoekersgetalle was deurgaans effens laer as verlede jaar maar in die meeste gevalle is die uitstallers tevrede met die verkope en die blootstelling van hulle produkte. Ons bedank al ons lede wat die uitstallings besoek het en die uitstallers wat die moeite gedoen het om hulle produkte uit te stal. Dit help om die bedryf gesond te hou.

The old expression, the difference between men and boys is the price of the toys, most likely remains applicable to many of us. Fortunately we could argue why we needed these new pieces of equipment and justified it to ourselves, at least.

9. SAJWV-lidmaatskap
Elke lid van SA Jagters wat tien of meer lede vir die Vereniging werf, ontvang gratis lidmaatskap vir die volgende jaar. Takke wat nuwe lede werf ontvang R100 van die nuwe lid se ledegeld bo en behalwe die taksubsidie ten opsigte van die nuwe lid.

Let daarop dat ons nie beide aansporings ten opsigte van ’n nuwe lid kan verskaf nie en dat óf die Tak óf die lid die geld ontvang.

Our membership increased slightly to just more than 40 000 members at the end of May 2016. Please help us to increase our membership numbers, because it strengthens the Association in representing hunters, firearm owners and conservationists.

10. HuntEx en Otterskloof Buffeljagkompetisie
Weens onvoldoende belangstelling in die Otterskloof Buffeljagkompetisie kon HuntEx en sy borge nie daarmee voortgaan nie en is dit gekanselleer. Jammer vir die paar manne wat wel kaartjies gekoop het en wat nou dalk nie die kans van ‘n leeftyd gaan kry nie.

11. Jagsake

Wildsvleis uit Namibië
Na ons vorige skrywe oor die verandering in die prosedures vir die vervoer van wildsvleis vanaf Namibië terug na Suid-Afrika, was daar ‘n redelike groot respons. Die protokol is weer eens verander. Voortaan sal daar personeel van Veeartsenydienste in Namibië by die Ariamsvlei- en Noordoewer-grensposte beskikbaar wees om die vleis te inspekteer en die permit te endosseer. Jagters kan die inspeksie dus by die grenspos laat doen en hoef nie meer na die naaste veeartsenykantoor aan die jagplaas te reis om die inspeksie te laat doen nie.

Die permitfooi van N$50-00 is steeds van toepassing en ‘n kwitansie daarvoor kan vooraf verkry word vanaf die veeartsenykantore in Mariental, Keetmanshoop of Karasburg, of by doeaneposte wat gemagtig is om geld in te vorder by die grensposte wanneer die jagters na Suid Afrika terugkeer. Dit is belangrik om kennis te neem dat die veeartsenydienste se personeel by die grensposte onder geen omstandighede geld mag invorder nie. Aangesien dit problematies is om die betrokke kwitansie op die grenspos te bekom, beveel ons aan dat jagters dit steeds vooraf by een van die veeartsenykantore aanvra.

Rig navrae in hierdie verband direk aan die Namibiese Direktoraat vir Veeartsenydienste by +264 63 22 3003 of +264 61 208 7111.

Hunting Licences
Some game and bird hunting licences are available from the SAHGCA national office. Members can contact Vanessa Bell on (012) 808 9306 or Vanessa@sahunt.co.za for more information. The table below indicates which licences are available from Vanessa.

Province Type of Licence Available
Gauteng Bird hunting licences only
Mpumalanga Bird hunting licences only
Free State Game and game bird hunting licences
Kwa/Zulu Natal Ordinary game licences, bird hunting licences and protected game licences
Eastern Cape Game and bird hunting licences
Western Cape Game and bird hunting licences
Northern Cape Licences are only available at selected Post Offices countrywide. Contact Vanessa for a list of these Post Offices where the licenses could be obtained

12. Kontakbesonderhede van Lede
Daar is steeds ‘n baie groot groep van ons lede vir wie ons nie ‘n korrekte e-posadres op rekord het nie. Ons sal weer eens hierdie lede per SMS versoek om hul e-posadresse self op die aanlyn lede-databasis reg te stel, of die korrekte inligting per e-pos na die kantoor te stuur. Kantoorpersoneel sal ook weer hierdie lede begin skakel om hulle korrekte besonderherde te kry.

Die reaksie tot dusver was baie positief en ons bedank lede hiervoor. Dit maak dit makliker om met lede te kommunikeer wanneer ons korrekte e-posadresse en telefoonnommers het. Ons versoek alle lede om hulle kontakbesonderhede op die SA Jagters webwerf na te gaan en op datum te bring waar nodig.

13. NMMU Questionnaire on Perceptions on Hunting
The hunting industry is increasingly scrutinized and criticized in public and also sometimes among members within the industry itself. Most likely a severe blow was when Cecil the lion became an example used as part of an international outcry against the whole industry. Mr Retief Celliers of Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU) is conducting research on people’s attitudes towards the hunting industry and certain practices that occur in the industry. The research is aimed at determining which, if any, hunting practices are acceptable, and if acceptable, to what extent it stretches. The survey will collect information about attitudes, opinions and beliefs about and within the hunting fraternity and members of hunting associations.

It is important to understand that some questions might be perceived as a threat towards the industry you are representing, but rest assured that the results from this survey will benefit the whole industry. It is important that you consider your answer carefully. It is expected that the information from this questionnaire will provide a clear picture of the various practices that occur in the industry, as well as the views about the relationship between the different organisations within the industry. It is for this reason that the questionnaire will only be distributed through the various organisations within the hunting industry.
Please take the time to complete the survey which you will find here: http://limesurvey.nmmu.ac.za/limesurvey/index.php?sid=87276&lang=en


14. Fotokompetisie
Die SAJWV maak gereeld gebruik van foto’s in aanbiedings by verskeie geleenthede en ons moet dikwels foto’s van ander verskaffers koop, bedel of smeek om te kan gebruik. Ons glo dat lede waarskynlik ‘n magdom goeie foto’s beskikbaar het wat ons by hierdie geleenthede sou kon gebruik. Ons nooi alle lede en takke van die Vereniging uit om deel te neem aan SA Jagters se Fotokompetisie sodat ons ‘n klompie foto’s kan versamel wat die Vereniging (met die toestemming van en erkenning aan die fotograaf) sal kan gebruik.

Die doel van die kompetisie is om ‘n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit onder andere tydens die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon. Die naam van die fotograaf en die tak waaraan die lid behoort, sal by die foto verskyn.

Aan die einde van elke maand sal ons foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.sahunters.co.za publiseer. Lede sal ook erkenning ontvang in die vorm van goud, silwer of brons sertifikate.

Die kategorieë vir die kompetisie is:

  1. Die moeite werd om te bewaar. Enige plant- of dierelewe wat na jou mening die moeite werd is om te bewaar.
  2. Dis hoekom ek jag. Wat maak jou jagtog soveel méér as net skiet.
  3. My tak is die beste. Hoekom jy dit geniet om aan jou SA Jagters-tak te behoort.

Lees gerus hier op ons webwerf meer hieroor en ook hoe om in te skryf.

Gaan kyk na die Mei-finaliste hier.

15. Conservation Matters

Biodiversity Economy Laboratory
SA Hunters sent Lizanne Nell and Johann van de Giessen to attend the biodiversity economy laboratory hosted by the Department of Environmental Affairs (DEA), which was aimed at clarifying the priorities and preparing a strategic framework for a biodiversity economy. Our participation ensured that conservation through sustainable utilisation remains one of the cornerstones of the process.

CITES CoP17 Meeting
The CITES next Conference of Parties meeting (CoP17) will be held in South Africa in September this year. SA Hunters registered two delegates to this conference and will ensure our participation in the matters linked to hunting and sustainable utilisation. Unfortunately the South African government did not deem it appropriate to request a review of the decision in trade in rhino products, while Swaziland will request once-off approval for the sale of their available rhino horn.

SA Hunters, like many other organisations, made a presentation to the panel of experts to an enquiry on rhino horn trade during 2015. Following a cabinet meeting on 13 April, DEA announced on 21 April 2016, that SA will not present a proposal for consideration by CITES at CoP17. The committee recommended that the country’s rhino horn stockpiles be kept as is and that the country’s strategic approach entails security; community empowerment; biological management; responsive legislative provisions that are effectively implemented and enforced; and demand management. A summary report on the findings and process is being developed and will be made available to the public.

Norms and Standards for Hunting Leopard

DEA distributed the Norms and Standards for hunting leopard for comment. Those of you that are interested and wish to provide comments are welcome to look at the proposed norms and standards that will be available here on our website here.

Please note that comments are required by no later than 10 June. People wishing to comment have very little time left to do so.

17. Internasionale Betrekkinge in Australië
Soos ek reeds in April berig het, het die Sporting Shooters’ Association of Australia SA Jagters na ’n konferensie in Australië genooi wat handel oor volhoubare gebruik van wild. Dr. Brian Reilly een van ons Raadslede is 'n gasspreker by die konferensie.

Ek vertrek binnekort na Australië vir 'n private familiebesoek en sal die geleentheid benut om met die president van die SSAA oor onderlinge samewerking te gesels. Ons sal kontak hou met die Australiese Sportskietvereniging met die doel om ’n internasionale federasie te stig sodat ons uiteindelik nasionale kleure aan ons eie skuts kan toeken. Ons het voorheen berig dat die toeken van nasionale kleure dalk nog so twee tot drie jaar in die toekoms is, maar hierdie is een van die stappe wat ons by die einddoel sal bring.

Mooi wense en lekker jag
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

  • Last modified on Tuesday, 07 June 2016 13:04
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za