• SA Jagters Golfdag Junie 2017

    SA Jagters Golfdag Junie 2017

    SA Jagters het op Vrydag 9 Junie 2017 vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n Gholfdag gehou. Hierdie dag is gehou Read More
  • SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

    SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

    SA Jagters het weer eens vanjaar by HuntEx Gauteng gehou te Gallagher Estate teen die einde van April ‘n spesiale poging aangewend Read More
  • First cheetah cubs born at Rietvlei Nature Reserve

    First cheetah cubs born at Rietvlei Nature Reserve

    Pretoria:  The birth of three cheetah cubs at Rietvlei Nature Reserve (RNR) south of Pretoria early in November 2016 has caused great Read More
  • 1
  • 2
  • 3

Inyathipark Nuus - Maart 2016

Geagte kollega

Herfs is in die lug en die oggende en nagte is duidelik al koeler. Al hoe meer van ons lede begin plan maak vir die jagseisoen wat voorlê. Dis nóú die tyd om die teleskoop te gaan instel, geweer skoon te maak en te olie ter voorbereiding vir later vanjaar se jag.

Ons het vir geruime tyd gewaarsku dat die aansoeke vir hernuwing van lisensies wat verval belangrik is en dit is bewys deur die chaos wat veroorsaak is deur genl. Phahlane se kennisgewing in Februarie dat laat aansoeke vir hernuwing van lisensies nie verder deur die aangewese vuurwapenbeamptes aanvaar sal word nie. Dit het uiteindelik gelei tot die hofaansoek wat ons teen die Minister van Veiligheid en Sekuriteit gebring het.

By die skryf van hierdie nuusbrief het ons nog geen terugvoer ontvang van die Staatsprokureur op die hofaansoek waarvan ’n kopie op 16 Maart by sy kantoor bedien is nie. Ons weet dus nog nie of die Minister en die Polisie ons hofaansoek gaan teenstaan nie.

Ons het wel kennis gekry dat beide SAGA en NAAACSA (die versamelaars) gaan toetree tot die aansoek, beide as vriend van die hof en ter ondersteuning van ons aansoek.

Ons sal lede inlig soos die saak verder ontwikkel.


1. Aansoeke vir Herlisensiëring
Die terugvoer van lede regoor die land dui daarop dat laat aansoeke vir herlisensiëring steeds verskillend hanteer word. Daar is stasies wat aansoeke aanvaar, verwerk en lisensies uitreik. Net só is daar stasies wat die opdrag van genl. Phahlane eng toepas en lede inlig dat hulle wapens waarvan die lisensies verval het, moet inhandig vir vernietiging. Daar is ook gevalle waar lede ingelig word dat hulle die wapens veilig moet toesluit en dit nie gebruik nie om te sien wat van ons hofaansoek word.

Net só is daar wyd uiteenlopende benaderings binne dieselfde polisiekantoor ten opsigte van welke dokumentasie nodig is om lisensies te hernu. Kyk asseblief op ons webwerf na die lys van dokumente wat nodig is om ’n lisensie te hernu. Die verwysing daarna word hieronder verskaf.

There is still huge uncertainty about the correct process for late application for the renewal of a firearm licence. DFOs interpret the directives differently and provide different instructions or guidance to firearm owners. Any application for the renewal of a firearm licence that is submitted later than the 90 days prior to the date on which the licence lapses should be accepted as a normal renewal application by your DFO in terms of the guidelines provided by the SAPS, on condition that there is good reason for the application being late.

Members that are told that their licence renewal applications will be treated in terms of Section 28 of the Act, and who are thus required to surrender their firearm, or who are threatened with prosecution if they refuse to surrender such firearm are requested to report all such incidents to info@sahunt.co.za Please send your full name and surname, ID number, membership number, mobile phone number, the name of the police station and the name of the DFO that you worked with. Please also scan a copy of any letter you might have been given in this regard and forward it with your e-mail to the address above.

 

Practical Guideline on the Renewal of Licences

We have been asked by a number of members to provide a practical guideline on the process and documents required to relicense firearms. Practical guidelines for licensing and re-licensing are available under the Firearm Licensing section on the
SAHGCA website.

2. Contributions to Fund the Court Application
We called on members to contribute to the legal costs of bringing the court application against the Minister of Safety and Security. Up to now we received R88 856 in contributions to the Legal Aid Fund of SA Hunters. An amount of R32 400 was donated by individuals, most of whom should each receive a personalized e-mail message to thank them for the contribution made. Unfortunately, some individuals did not provide their names or membership numbers or are not members of SA Hunters. Therefore, we cannot thank them personally for their contribution. Please accept our appreciation and recognition of your generosity and support.

An amount of R12 000 was donated by another hunting association and R44 456 was donated by six branches of SA Hunters. I wish to thank the following branches for their generous contributions to the Legal Aid Fund of SA Hunters:

  • Waterberg - R10 000 (the first branch to make a contribution)
  • Majuba - R1 000
  • Edenvale - R5 000
  • Olifants - R8 456
  • Baviaanspoort - R10 000
  • Eland - R10 000

This should be a challenge to each one of the 74 branches of SA Hunters to make a meaningful contribution to the Legal Aid Fund. Please consider this in your management team and make a donation to this fund.

The cost of merely preparing and serving the application already amounted to approximately R180 000 and we are not even close to a court date yet.

I deliberately plead with every member of SA Hunters to donate an amount you can afford to the Legal Aid Fund to contribute towards the cost of bringing this application. If we receive a mere R50 from every member of SA Hunters we would have an amount of R2 million to carry the cost of this court application, which could easily go to the Constitutional Court. In essence we requested the High Court to declare Section 24 of the Act unconstitutional, for various reasons.

The account of the SA Hunters Legal Aid Fund is held at ABSA and the account number is 9134305406. Please note this account number is different from the account number used for normal membership fees and other payments to SA Hunters. The Legal Aid Fund deliberately uses a different bank account. Please provide us with your name and membership number as reference when you deposit your donation. Please also request every other firearm owner you know to make a contribution because every firearm owner in the RSA will benefit from the application we brought on behalf of our members.

3. Kommersiële sake
Ons gaan soos in die verlede voort om inligting te verskaf oor ondernemings wat spesiale aanbiedinge aan ‘n groot aantal van ons lede of aan die nasionale kantoor verskaf en die aktiwiteite van ons lede sowel as die Vereniging op nasionale vlak ondersteun.

Hokaai Slaghuis bied steeds 5% korting aan SAJWV-lede op alle aankope en wildsvleisverwerking by al hulle takke. Rig navrae aan Kenny Stanton by 079 900 5416.

Die Wildshoekie Vleismark in Centurion bied ook steeds 5% korting aan lede. Skakel Robbie by 0822798380 vir meer inligting.

Hinterland Groep
se aanbod van 10% korting aan SAJWV-lede op alle aankope in hulle wapenwinkels (Hinterland-kluise) gaan ook steeds voort. Ondersteun hulle asseblief.

Toyota SA: Lede van die SAJWV sal steeds die 0,5% korting se punte op hulle MyBonus lidmaatskap kry by die aankoop van alle Toyota produkte in die volle reeks van voertuie wat Toyota aanbied en sonder enige beperking op die getal voertuie wat gekoop word. Hierdie ooreenkoms is geldig tot einde Desember 2016.

Vanaf 1 April 2016 sal Toyota SA vir elke Toyota-produk wat ‘n SAJWV-lid koop ook ‘n verdere donasie ter waarde van 0,5% van die netto waarde van die transaksie aan die Tinyarhi Trust skenk wat bewaringsaktiwiteite van die SAJWV finansier. Hiervoor bedank ons Toyota SA opreg.

Maak asseblief seker dat u met die aankoop van enige Toyota-produk dit wel registreer en op rekord plaas dat u ‘n lid van die SAJWV is en dat u die MyBonus-punte kry waarop u geregtig is. Dit sal terselfdertyd ook verseker dat Toyota SA se donasie vanaf 1 April 2016 outomaties na Tinyarhi Trust gaan.

Westvaal Nelspruit: Soos u nou reeds weet, bied die Westvaal Groep spesiale korting aan SAJWV-lede en hul direkte familie (ouers, broers en susters, kinders). Die aanbod van minstens 9% korting op die aankoop van enige nuwe Isuzu-bakkie aan lede van die SAJWV staan steeds. Westvaal Nelspruit sal ook voertuie regoor RSA aflewer.

Skakel asseblief vir Jannie Nell van Westvaal Nelspruit indien u van hierdie aanbod wil gebruik maak. U kan ook (013) 757 5098 of 082 854 8318 skakel vir enige inligting sowel as kwotasies op enigeen van hulle produkte.

Action Ford: Ons verhouding met Action Ford is nou al wyd bekend. In die aanloop na Huntex 2016 bied Action Ford enige Ranger bakkie aan alle lede met gratis toebehore ter waarde van R15 000.00 en gratis lisensie en registrasie. Skakel asseblief vir Linda Botha van Action Ford by 086 022 8466 indien u van hierdie aanbod wil gebruik maak.

Selftrack: Selftrack bied aan lede 10% korting op die standaardpryse met die aankoop van voertuig- en persoonlike opspoortoestelle. Selftrack gee aan gebruikers die vermoë om self hul voertuie of personeel na te spoor. Die nuutste rekenaartegnologie laat lede toe om outomatiese SMS alarms te ontvang van paniek, spoed, beweging, gevaarlike areas en ander belangrike insidente.

Selftrack kan ook by die huis of werk gebruik word om geliefdes en/of werkers se voertuie te monitor vir veiligheid en ander redes. Kontak Dirk Bekker by 0861 909 101, 076 944 2739 of e-pos na dirk@selftrack.co.za.

Kragopwekkers: Mainsu bied graag aan alle SAJWV-lede ’n voorkeur korting van 5% op die lyspryse van alle Gentech en Kipor kragopwekkers. Skakel asseblief vir Fanie Swart by 082 901 7599 of per e-pos by fanie@mainsu.co.za indien u van hierdie geleentheid wil gebruik maak. Mainsu is in Pretoria geleë en verkoop, installeer, stel in bedryf, diens en herstel verskeie handelsmerke kragopwekkers soos Gentech, Kipor en Cummins. Die reeks sluit petrol (digitaal, oop en stil) sowel as stil diesel kragopwekkerstelle in, 220V sowel as 380V.

Worsderms: Een van ons lede, Deon Smidt, het begin om worsderms in te voer en bied ‘n spesiale aanbod aan lede en Takke. Hy is bereid om die worsderms te verskaf teen die onderskeie pryse soos hieronder aangedui op voorwaarde dat Takke die bestellings koördineer en ‘n minimum bestelling van 50 bondels per tak plaas. Die worsderms wat Deon kan verskaf is 20/22BC/90m longs teen R75 per bondel, BTW uitgesluit, en 22/24BC/90m longs teen R95 per bondel BTW uitgesluit. Skakel asseblief vir Deon Smidt van Texel Casings by 0794 999 666

Heartech Gehoorbeskerming: Nog een van ons lede het na vore gekom met ‘n aanbod om gehoorbeskerming teen spesiale pryse aan lede aan te bied. Die volgende word aangebied.
Custom-fit silicone hearing protection at R600 per set for adults and R375 per set for children under 15 years of age (normal selling price is R800).

Non-electronic custom-fit silicone hearing protection at R699 per set upgradable to CENS electronic hearing protection (normal selling price is R1 000 per pair). The SA Hunters or branch logo could be printed on the fillers.

Both of the above are regulated to reduce noise levels to 29 db.

SHOT BLOCK analogue custom electronic noise protection at R3 780 for both suppression and amplification. Water resistant and uses size 13 batteries to provide 400 hrs continuous use (normal price is R4500 per set).

Skakel asseblief vir Sean Stones by 0714736199 indien u van hierdie aanbod gebruik wil maak. Sean is ook bereid om SAJWV-takke regoor die land te besoek om te praat oor gehoorskade en gehoorbesekrming en om sy produk bekend te stel.

Roaming with a Rifle: A former member of SA Hunters who retired and now resides in the UK, approached us with an interesting offer. He was awarded the Grand Championship Hunting Trophy by SAHGCA in 1994 following his hunting in Africa and abroad. He then wrote a limited edition book (1 000 copies only) “Roaming with a Rifle” about his various hunting expeditions. He has 350 copies of the book available which is offered to our members first at a price of R650 per copy, excluding postage. Each copy of the book is signed by the author and it sells at US$ 85 and GB£ 60. At R650 per copy the cost is actually reasonable to our members. Members interested in this offer, can send  an e-mail to admin@sahunt.co.za.

Robbie se Broer se Roer en Ander Jagstories: Een van ons ouer lede, oom (vir my) Pienkes du Plessis, het die boek geskryf. Vir die eerste keer sover ek weet, bied Kyknet ‘n boek oor jag as “boek van die maand” aan. Die boek word op 13 April 2016 in die program, Kwêla, bekendgestel en oom Pienkes sal vertel dat ons nie net ‘n spul bokdoodskieters is nie. Kyk gerus na die onderhoud oor die boek met oom Pienkes op Kwêla op 13 April (die aand net voor HuntEx begin). Ons probeer ‘n klompie eksemplare van die boek kry om by HuntEx by ons stalletjie beskikbaar te stel. Die prys sal in die omgewing van R250 per eksemplaar wees.

4. Dedicated Hunter and Dedicated Sportshooter Status
We still have 1 368 dedicated hunters and 868 dedicated sportshooters that have not yet submitted their activity reports for the previous year towards retaining their dedicated status. These individuals can expect a call from our staff to enquire about their activities for the past year to ensure that they use the opportunity to submit the required information prior to being reported as no longer being an active dedicated member. If we do not receive your activity report for 2015 by 30 June 2016, your dedicated status will terminate and it will be reported to the Central Firearms Registry as the Act requires.

We want to reduce the number of activity reports that we receive via e-mail and/or fax and request members to update their activity logs online.

Members logging in for the first time, must type their 6-digit SA Hunters membership number in both the Member no and Password fields. The system will guide you through the password reset process. You will need access to either your e-mail or mobile phone number registered with us on your SA Hunters member profile to complete this process. After logging in, a link to the user manual is available at the bottom of your ‘Member profile’ page. Members can also contact Mart-Marie on 083 2688 622 for assistance with the members administration system.

The Board of SA Hunters, supported by the branch chairmen, agreed to change the requirements for maintaining dedicated sportshooting status. From a date to be announced shortly, SA Hunters will also recognise shooting activities at other accredited associations and formally registered shooting clubs to maintain dedicated sportshooting status. A specific message with detailed information in this regard will be sent to members as soon as our electronic system is adjusted to accommodate this change. Please look out for this message if you are a dedicated sportshooter.

5. NTVF
Die Nasionale Takvoorsittersforum het op 4 en 5 Maart 2016 plaasgevind. Afgevaardigdes van die meeste takke het dit bygewoon en standpunte wat wysigings aan die Vereniging se grondwet vereis, grootliks gefinaliseer. Lede sal op die hoogte gehou word van die proses. Na verwagting sal die wysigings aan die grondwet tydens die Kongres van 2016 voorgehou word vir goedkeuring.

6. Skietsake
Gallery Rifle Proewe
Die proewe om die spanne te kies wat Suid Afrika in Oktober 2016 by die internasionale uitnodigingskiet te Welkom gaan verteenwoordig, vind op Saterdag 9 April 2016 by Sandrivier 58-tak in Welkom plaas. Enige persone wat 'n semi-outomatiese .22 geweer, of hefboomaksie geweer in die kaliber .38 Special, .357 Magnum of .44 Magnum besit is welkom om aan die proewe deel te neem. Skakel asseblief vir Nic Roets vir finale reëlings of stuur ‘n e-pos aan nic@sahunt.co.za

Internasionale Sportskietkompetisies
SAJWV bied in Oktober 2016 weer ‘n Internasionale Ope ‘Gallery Rifle’ Skietkompetisie in Welkom aan. Duiker-tak bied ook ‘n jaggeweer ‘Sporting Rifle’ kompetisie in Balfour aan. Daar sal geleentheid wees vir individuele en internasionale spandeelname by die ‘Gallery Rifle’ kampioenskap in Welkom.

Presidentskiet en Mees Veelsydige Skut vir Gestremde Skuts

Hierdie kompetisies het op 11 en 12 Maart 2016 plaasgevind en is suksesvol afgehandel. Adriaan Rudolph het beide die kompetisies gewen. Baie geluk met hierdie prestasie, Adriaan en baie dankie aan al die rolspelers wat bygedra het om hierdie geleenthede vir ons lede met gestremdhede moontlik te maak.

Ander Skietkompetisies
Die SA Jagters streekskietkompetisies wat gewoonlik gedurende die eerste ses maande van die jaar landwyd plaasvind, is tans in volle swang. Die Uitdaag Spanskietkompetisie word ook in sekere streke aangebied. Dit behels die skiet met enige senterslagkaliber op die Vlakvark- en Rooibok met rus skietoefeninge. Van die 18 skote vir die kompetisie is net drie vanaf 200m en die res almal vanaf 100m en nader. Enige jaggeweer en teleskoop kan dus hier kompeterend ingespan word. Hierdie skietkompetisie vind net op streekvlak plaas en diegene wat reeds daaraan deelgeneem het, berig dat dit groot pret is. Indien u nog nie daaraan blootgestel was nie, doen navraag hieroor by u takvoorsitter of skietkoördineerder.

7. SAJWV Lidmaatskap
Onthou asseblief dat elke lid van SA Jagters wat 10 of meer lede vir die Vereniging werf sy/haar lidmaatskap gratis kry vir die volgende jaar. Net so sal takke wat nuwe lede werf ook R100 van die nuwe lid se ledegeld ontvang, bo en behalwe die taksubsidie ten opsigte van die nuwe lid.

Onthou asseblief net dat ons nie beide insentiewe ten opsigte van ’n nuwe lid kan verskaf nie. Dit is óf die tak óf die lid wat die aansporing ontvang vir die nuwe lid wat gewerf is.

Our membership increased slightly to 39 279 at the end of March 2016. Please help us to increase our membership numbers, because it strengthens the Association in representing hunters, firearm owners and conservationists.

8. HuntEx2016
Diarise the dates for HuntEx 2016 and visit one near you.

  • HuntEx Gauteng      14 to 17 April 2016 at Gallagher Estate
  • HuntEx East Cape    27 to 29 May 2016 at Mentorskraal

Please remember that 14 April is VIP day at HuntEx and it is not open to the public or members. On this day only invited guests of exhibitors will be allowed to visit HuntEx at Gallagher Convention Centre. Please do not pitch at the gates on 14 April and think you will be able to buy a ticket and visit HuntEx. Only the guests invited by the exhibitors with their specially obtained tickets will be allowed access to HuntEx on this date.

Ons het ‘n hele reeks van aansporings om nuwe lede te werf en bestaande lede wat ons besoek en hulle ledegeld betaal by Huntex Gauteng te beloon.

Ons het die volgende donasies ontvang en bedank die donateurs graag hiervoor:

  • 3 Black Shadow windgewere vir drie nuwe junior lede wat tydens HuntEx Gauteng by SA Jagters aansluit.
  • R10 000 geskenkbewys van Wildman aan ‘n nuwe gewone lid wat tydens HuntEx Gauteng by SA Jagters aansluit.
  • Savage Axis jaggeweer aan ‘n nuwe gewone lid wat tydens HuntEx Gauteng by SA Jagters aansluit.
  • 12 Leopold jagmesse aan nuwe gewone lede wat tydens HuntEx Gauteng by SA Jagters aansluit.
  • Howa jaggeweer aan ‘n lid van SA Jagters wat die stalletjie besoek by HuntEx Gauteng en sy lidmaatskapgeld vir die volgende jaar betaal.
  • 12 Leopold jagmesse aan lede van SA Jagters wat die stalletjie besoek by HuntEx Gauteng en sy lidmaatskapgeld vir die volgende jaar betaal.

9. Hunting Affairs
Hunting Licences
Some game and bird hunting licences are available from the SAHGCA national office. Members can contact Vanessa Bell on (012) 808 9300 or Vanessa@sahunt.co.za for more information. The table below indicates which licences are available from Vanessa.

Province Type of Licence Available
Gauteng Bird hunting licences only
Mpumalanga Bird hunting licences only
Free State Game and game bird hunting licences
Kwa/Zulu Natal Ordinary game licences, bird hunting licences and protected game licences
Eastern Cape Game and bird hunting licences
Western Cape Game and bird hunting licences
Northern Cape Licences are only available at selected Post Offices countrywide. Contact Vanessa for a list of these Post Offices where the licenses could be obtained


Hunting in KZN
Tourism KwaZulu/Natal intends promoting hunting in KwaZulu/Natal as a viable niche market activity, taking into consideration all the other sectors that benefit directly from hunting. Through SAHGCA’s participation in the Hunting Advisory Committee of Ezemvelo KZN Wildlife, we were requested to participate in a provincial survey. Tourism KwaZulu/Natal developed an online survey questionnaire which is available here to facilitate the response from hunters. Members that hunt in KwaZulu/Natal are requested to participate in the research, which may prove beneficial to all hunters.

Hunters Conserve Wildlife
A number of fairly recent events, such as the shooting of Cecil the lion in Zimbabwe, created negative perceptions about hunting that has a detrimental impact on all of us. A huge debate is developing in the USA on the question whether hunting contributes to conservation. I appeal to members to participate in a poll linked to an upcoming debate on 4 May 2016 between Field & Stream Magazine Editor Anthony Licata against HSUS CEO Wayne Pacelle and Adam Roberts, CEO of Born Free USA. This debate will be part of the USA nationally syndicated radio programme, Intelligence Squared, and will be aired on 200 public radio stations as well as webcast and podcast in the USA. The poll results will be part of the programme. Winning the poll is critical to put animal rights extremists on the defensive right from the start of the programme. You may participate in the poll even if you are not based in the USA. You will find the link here. Please click on the tab “Cast Your Vote”  and vote in the poll.

10. Kontakdetail van Lede
Daar is sowat 5 209 van ons lede vir wie ons nie ‘n korrekte e-posadres op rekord het nie. Ons het hierdie lede per SMS versoek om hul e-posadresse te verskaf deur dit óf self op die aanlyn lede-databasis reg te stel, óf die korrekte inligting per e-pos na die kantoor te stuur. Kantoorpersoneel het ook hierdie lede begin skakel om hulle korrekte besonderherde te kry.
Die reaksie tot dusver was baie positief en ons bedank lede hiervoor. Dit maak dit makliker om met lede te kommunikeer wanneer ons korrekte e-posadresse en telefoonnommers het. Ons versoek alle lede om hulle kontakbesonderhede op die SA Jagters webwerf na te gaan en op datum te bring waar nodig.

11. Fotokompetisie
Die SAJWV maak gereeld gebruik van foto's in aanbiedings en by verskeie geleenthede. Ons moet gereeld foto's van ander verskaffers koop, bedel of smeek om te kan gebruik. Ons glo dat lede waarskynlik ‘n magdom goeie foto's beskikbaar het wat ons by verskeie geleenthede sou kon gebruik. Dus nooi ons alle lede en takke van die Vereniging uit om deel te neem aan SA Jagters se Fotokompetisie sodat ons ‘n klompie foto's kan versamel wat die Vereniging (met die toestemming van en erkenning aan die fotograaf) sal kan gebruik.

Die doel van die kompetisie is om ‘n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit byvoorbeeld tydens die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon. Die naam van die fotograaf en die tak waaraan die lid behoort, sal by die foto verskyn.

Aan die einde van elke maand sal ons foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.sahunters.co.za publiseer. Lede sal ook erkenning in die vorm van goud, silwer of brons sertifikate ontvang.

Die kategorieë vir die kompetisie is:

  1. Die moeite werd om te bewaar. Enige plant- of dierelewe wat na jou mening die moeite werd is om te bewaar.
  2. Dis hoekom ek jag. Wat maak jou jagtog soveel méér as net skiet.
  3. My tak is die beste. Hoekom jy dit geniet om aan jou SA Jagters-tak te behoort.

Lees gerus hier op ons webwerf meer hieroor en ook hoe om in te skryf.

Maartmaand se finaliste in die fotokompetisie se foto’s kan hier gesien word.

Vriendelike groete
Fred Camphor
SAJWV: HUB

  • Last modified on Wednesday, 06 April 2016 07:08
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za