SA JAGTERS GOLFDAG: 9 JUNIE 2017

  • Wednesday, 22 February 2017 10:11
  • Published in Other
  • Read 14939 times

Doel
Insamel van fondse vir die SA Jagters Regshulpfonds, by ‘n prettige geleentheid waar SA Jagters homself en sy Borge sal bekendstel en bemark.

Formaat
Vierbal Alliansie (beste twee tellings geld)

Plek
Wingate Park Country Klub, Pretoria

Afslaantyd
11h30

Inskrywingsfooi
R 4 000,00 per Vierbal. Vir hierdie inskrywingsfooi kry elke speler ‘n geskenkpak wat ‘n Black Knight gholfhemp en pet insluit, verversings op die baan, verversings by die halfweghuis en ‘n aandete.

Pryse
Verskeie pryse beskikbaar vir spelers, sowel as ‘n reeks ander pryse sal beskikbaar gemaak word. Soos ons die pryse ontvang sal meer inligting aan u verskaf word.

Verder Beskikbaar  

Borg ‘n Putjie

U kan vir R 5 000,00 ook ‘n putjie borg waarvoor u in elk geval ‘n vierbal sal kan inskryf. (Dit kos u slegs R 1 000,00 meer). Vir die borgskap kan u by die putjie u eie bemarkingsmateriaal versprei en ook ‘n banier uitstal.

Borg Pryse
U kan vir ons pryse borg vir die dag vir spelers. Omdat dit ‘n vierbal kompetisie is word u versoek om telkens 4 identiese pryse te skenk sodat al 4 die lede van die span dieselfde prys ontvang.

Spesifieke Pryse
U kan ook spesifieke pryse borg soos byvoorbeeld “naaste aan die pen” op ‘n gegewe putjie en “die langste dryf” op ‘n spesifieke putjie. Gesels asseblief hieroor met ons.

Hoofborg
Vir ‘n bydrae van R 60 000, kan u die hele dag borg. Hiervoor kan u by die klubhuis u baniere vertoon, tydens die aandete ‘n kort geleentheid kry om paar woorde aan gaste oor te dra, en erkenning kry by alle geleenthede waar SA Jagters hierdie Gholfdag sal bekendstel, onder ander in advertensies, skrywes aan alle lede en by die Gholfdag self.

Sou ‘n enkele Hoofborg die dag borg sal hy toegelaat word om vier Vierballe gratis in te skryf vir die dag se gholf

Medeborg
Sou SA Jagters nie daarin kan slaag om ‘n enkele borg vir die dag te kry kan daar ooreengekom word om twee verskillende borge te akkommodeer as medeborge, elk vir n bedrag van R 30 000,00 U sal soortgelyke blootstelling kry as die Hoofborg maar sal moet aanvaar dat ‘n ander organisasie saam met u as medeborg ook dieselfde geleenthede sal kry.

Die twee Medeborge sal elkeen twee Vierballe gratis kan inskryf op die Gholfdag.

Veiling
Tydens die ete die aand sal ‘n veiling aangebied word van memorabilia en ander items wat geborg word. Ons wil ook vriendelik versoek dat u vir ons geskenke borg wat by die veiling die aand aangebied kan word. Iets soos ‘n jaggeleentheid ‘n mooi geweer, teleskoop, verkyker of kamera sal baie welkom wees en ons help om die Regshulpfonds van SA Jagters se koffers so bietjie te vul om die koste van die Hofaansoek te kan dra.

Golfday Information

Filename Size Date
An Adobe Acrobat file SA Hunters Golfday 2017 Entry Form 758.88 KB 2017-02-22

Rate this item
(0 votes)
  • Last modified on Wednesday, 22 February 2017 10:37
  • font size

Who's Online

We have 80 guests and no members online

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za