Tinyarhi Bewaringsinisiatief

Die Tinyarhi Bewaringsinisiatief (Tinyarhi) is die bewarings-arm van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging wat in 1949 tot stand gekom het. Die Vereniging het 37, 000 lede wat by 73 takke regoor Suid-Afrika inskakel. Tinyarhi is by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geregistreer as 'n Artikel 18A(1)(a) nie-winsgewende organisasie met registrasienommer 930035936. Ingevolge Artikel 56(1)h van die Wet, kan Tinyarhi sertifikate vir belastingaftrekkings aan skenkers uitreik vir skenkings soos omskryf in Artikel 18A van die Inkomstebelastingwet. Tinyarhi is ook by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geregistreer as 'n onderneming sonder winsoogmerk, nommer 071-086-NPO en mag BBSEB-sertifikate (Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging) aan skenkers uitreik wat nie hulle eie sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte ingevolge die BBSEB-wetgewing bedryf nie.

 


Doelwitte

Om strategiese inisiatiewe te ontwikkel, beplan, fasiliteer en in werking te stel wat fokus op:

  • Biodiversiteitsbewaring;
  • Verantwoordwelike benutting van hernubare natuurlike hulpbronne;
  • Gemeenskapsgebasseerde natuurlike hulpbronbestuur; en
  • Bewaringsopvoeding.

Strategiese Inisiatiewe

  • Nasionale bewaringsprogramme met  gefokusde kleiner projekte.
  • Bewaringsprojekte wat die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging se 73 takke landwyd namens Tinyarhi bestuur.
  • True Green Bewaringsinisiatief.
  • Die Rhinos Alive veldtog.

Spesiefieke fokus areas

  • Biodiversiteit onder benuttingsdruk;
  • Jagbare wildspesies en hul habitatte;
  • Interafhanklikheid tussen bewaring en verantwoordelike benutting; en
  • Volhoubare Biodiversiteitsekonomie.
  • Last modified on Wednesday, 22 April 2015 16:45
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za