Inligting oor brandsiekte onder jakkalse aangevra

Dit is algemeen bekend dat Brandsiekte onder diere soos wildsbokke en vee voorkom. In die wolbedryf is brandsiekte ‘n ernstige en aanmeldbare siekte waarvoor boere op die uitkyk moet wees en betyds skape moet behandel om enstige ekonomiese skade te voorkom. Dit is egter grootliks onbekend of roofdiere ook brandsiekte kan opdoen en is daar al in die Karoo en Limpopo rooijakkalse met brandsiekte waargeneem.
 

Dr. Gerhard Verdoorn, roofdierspesialis verneem van produsente of hulle wel al ooit brandsiekte onder rooijakkalse waargeneem het en indien wel, vir hom ‘n kort boodskap daaroor aan te stuur. Brandsiekte mag dalk een van die natuur se meganismes wees om die rooijakkalsbevolking ‘n effense knou te gee.  Daar sal egter vasstel wil word hoe wyd verspreid dit voorkom.
 
Stuur asb enige waarnemings of inligting aan Gerhard Verdoorn by nesher@tiscali.co.za of skakel 082-446-8946 vir verdere navrae.

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za