Back to mapWesrand

West Rand

Chairman / Voorsitter:
André Botha (083 463 3620)
e-mail / e-pos
Website / Webwerf

Bestuur

Tesourier Ben Abeln 083-231-1409 sahgcwestrand@gmail.com
Sekretaris Chris Fourie 082-881-5544 sahgcwestrand@gmail.com
Jagsake en Bewaring Cassie Carstens 083-453-3312 sahgcwestrand@gmail.com
Opleidingskoördineerder Vakant    
Skietkoördineerder Johan Geldenhuys 82-377-8729 sahgcwestrand@gmail.com
Haelgeweergroep Sampie Swiegers 083-302-7123 sahgcwestrand@gmail.com
Logistiek en Trofeekoördinering Theuns Botha 082-491-1686 sahgcwestrand@gmail.com
Kommunikasiebeampte Leon Jansen 083 634 8224 sahgcwestrand@gmail.com

Algemene nuus

Skakel met enige van die bestuurslede vir meer inligting of besoek ons webwerf by http://www.wesrand.co.za

Neem kennis dat die maandelikse ledevergaderings om 18:30 vir 19:00 by die Florida-Noord Rolbalklubhuis sal plaasvind. Die geriewe by klubhuis is baie goed en bied veilige parkering, braaiplek, kontantkroeg en saal wat aan al ons behoeftes voldoen. Ongelukkig mag ons nie ons eie drank saambring nie maar drinkgoed is by die kontantkroeg beskikbaar teen klubpryse.

Die adres van Florida-Noord Rolbalklubhuis is:
Parkstraat 44, Florida-Noord
Latitude: S26°29′43.6″, Longitude: E28°21′41.5″
Latitude: -26.17061168, Longitude: 27.93057168

Lede-aand

Gedurende September se ledevergadering het ons geluister na spesies en hulle verskille. Stephen Carton-Barber, outeur van die boek - African Game Species and Subspecies het vir ons ‘n paar interessante feite meegedeel oor ons diereryk.
Baie van ons lede het ook by die vergadering kom spog met die trofees wat gejag was. Wesrand meters het die mates geneem. Al die afmetings is al klaar op die web aangebring en lede sal dit kan sien as hulle aanteken by die lede-administrasie op SA Jagters se webwerf.

 Skietaangeleenthede

Die ope uitdaag skietdag op 6 Oktober was weer eens ‘n reuse sukses. Ons is baie dankbaar vir al die spanne wat ingeskryf en ons ondersteun het. Baie geluk aan die wenners en ons hoop om almal weer volgende jaar te sien. Hou ons webwerf dop vir al die uitslae.
Oktobermaand was ook die SAJWV se nasionale “Gallery Shoot” kompetisie waar van ons lede uitgenooi was. Baie geluk aan 2 van die wat onder die top 20 geëindig het. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie, baie geluk!

Ons skietdae se formaat is as volg:

  • Tussen 08h00 – 10h00 skiet ons slegs jagskietoefeninge op die langbaan. Dus is daar tussen hierdie tye geen tafelskiet nie. Lede wat slegs vanaf die tafels wil skiet, sal dit eers na 10h00 of na afloop van die skietoefeninge kan doen.
  • Ons skiet in aflosse van ±15 skuts op ‘n slag. Vir die lede wat wil deelneem aan die skietoefeninge sal daar slegs een geleentheid per dag wees om dit te kan doen. Indien daar baie skuts is, doen ons genoeg aflosse sodat elkeen ten minste een kans per skietoefening kry.
  • Deelnemende skuts kry geleentheid om hul gewere in te skiet tussen 07h20 en 07h50. Baanoffisiere is aan diens om die inskiet te behartig.
  • Deelnemers moet teen 08h00 hulle name op die deelnamelys van die skietoefening plaas en gereed wees om die betrokke oefeninge te skiet.
  • Ons doen ‘n beroep op ons tak se toegewyde jagters en veral sportskuts om aan hierdie skietgeleenthede deel te neem omdat dit hulle sal help om te voldoen aan die vereistes vir die handhawing van toegewyde status.
  • Trofees word deurgaans by die maandelikse takvergaderings gemeet en geregistreer. Die inligting sal op lede se profiel op SA JAgters se aanlyn lede-administrasiestelsel verskyn.

Bemarking

Ons werk ook aan die tak se identiteit en doen ‘n beroep op elkeen van ons lede om hul takhemde na ons aktiwiteite te dra.
Ons neem deurgaans bestellings vir die nuwe takhemde wat slegs na betaling bestel word aangesien elke hemp volgens jou spesifieke naam en grote bestel word. Die prys is R350 per hemp wat die borduurwerk van beide jou naam en Wesrand se wapen insluit.

Program 2018

30 Oktober Ledevergadering
3 November SA Jagters kongres
13 November Bestuursvergadering
17 November Pretskiet
27 November Ledevergadering

 

Branch Matters

  • SAHGCA – Unique contribution by Branches >

    IntroductionThe South African Hunters and Game Conservation Association (SAHGCA) is a voluntary association, managed by members for members. Branches and Read More
  • Annual evaluation of branches >

    SAHGCA branches play an essential role in providing services to members at local level. Therefore, the development and establishment of Read More
  • Candidates for branch management >

    One of the important annual events at branches of SA Hunters is the Annual General Meeting (AGM). An important item Read More
  • Activities at SAHGCA branches >

    Some branches are very innovative when finding solutions to deliver services to their members. Vrystaat Sandveld branch at Soutpan is Read More
  • Involving the youth in SAHGCA branch activities >

    The youth is our future, look after them. They will eventually take over from us at various levels amidst huge Read More
  • Are we neglecting our senior hunters? >

    Senior, experienced hunters have played a prominent role in earlier hunting communities such as the Eskimos, San, American Indians and Read More
  • Shooting ranges - important benefit to members >

    The old reference, “boer en sy roer” has an association with the modern hunter and his/her rifle. Our forbears' way Read More
  • Branch success story >

    During a branch visit by the writer in January 2007 to the Mopani branch at Phalaborwa the branch chairman, Pierre Read More
  • Range Officers: Shortage at branch level and at shooting competitions? >

    Most SAHGCA branches have enough trained and qualified Range Officers, but in spite of that, at one stage or another, Read More
  • 1

Taksake

  • SAJWV – Unieke bydrae deur takke >

    InleidingDie Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) is ’n vereniging vir lede bedryf deur lede en die takke en hulle Read More
  • Jaarlikse evaluering van takke >

    Die takke van die Vereniging is dié uiters belangrike platvorm vir praktiese dienslewering aan lede op plaaslike vlak. Vir die Read More
  • Kandidate vir takbestuur >

    Een van die belangrike jaarlikse geleenthede by die takke van SA Jagters is die Algemene Jaarvergaderings (AJV). ‘n Belangrike item Read More
  • Aktiwiteite by SAJWV takke >

    Die vindingryke oplossings wat takke landwyd vind om te verseker dat hul diens lewer aan hulle lede is verstommend. Vrystaat Read More
  • Juniorbetrokkenheid by die takke van die SAJWV >

    Ons jeug is die toekoms, koester hulle, in die nabye toekoms moet hulle by ons oorneem, op meer as een Read More
  • Senior jagters – skeep ons hulle af? >

    In die vroeë jagkulture soos die Eskimo’s, San (Boesmans), Amerikaanse Indiane en ons eie Boere het die senior jagter ‘n Read More
  • Skietbane – belangrike voordeel vir lede! >

    Die ou verwysing na die “boer en sy roer” het raakvlakke met die hedendaagse jagter en sy geweer. Die wyse Read More
  • Suksesverhaal van ’n tak >

    Gedurende ’n takbesoek in Januarie 2007 deur die skrywer aan die Mopani tak op Phalaborwa het die nuwe voorsitter, Pierre Read More
  • Baanoffisiere: tekort op takvlak en by skietkompetisies? >

    Ten spyte daarvan dat die meeste takke beskik oor genoeg opgeleide en ervare Baanoffisiere, ontwikkel baie takke op een of Read More
  • 1

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za