Back to map Wesrand

West Rand

Chairman / Voorsitter:
André Botha (083 463 3620)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Website / Webwerf

Bestuur

Ondervoorsitter en Tesourier Ben Abeln 083-231-1409 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Sekretaris Chris Fourie 082-881-5544 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Jagsake en Bewaring Cassie Carstens 083-453-3312 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Opleidingskoördineerder Henco J van Rensburg 083 255 5603  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Skietkoördineerder Johan Geldenhuys 82-377-8729 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Haelgeweergroep Sampie Swiegers 083-302-7123 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Logistiek en Trofeekoördinering Theuns Botha 082-491-1686 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Kommunikasiebeampte Leon Jansen 083 634 8224 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Jeugkoordineerder Raymond Hoffmann 082 419 1909 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Algemene nuus

Op 8 Mei behoort ons ons demokratiese plig uit te oefen en gaan stem. Ons doen beroep op lede om dit wel te doen. In Mei is Wesrand-tak die gasheer van die Uitdaag Spanskietkompetisie.
Ons werk steeds aan die tak se identiteit en doen ‘n beroep op elkeen van ons lede om hul takhemde na ons aktiwiteite te dra.
Skakel met enige van die bestuurslede vir meer inligting of besoek ons webwerf by http://www.wesrand.co.za

Lede-aand
Neem kennis dat die maandelikse ledevergaderings om 18:30 vir 19:00 by die Florida-Noord Rolbalklubhuis sal plaasvind. Die geriewe by klubhuis is baie goed en bied veilige parkering, braaiplek, kontantkroeg en saal wat aan al ons behoeftes voldoen. Ongelukkig mag ons nie ons eie drank saambring nie maar drinkgoed is by die kontantkroeg beskikbaar teen klubpryse.

Die adres van Florida-Noord Rolbalklubhuis is:
Parkstraat 35, Florida-Noord
Latitude: S26°10'14.202", Longitude: E27°55'50.058"
Latitude: -26.17061168, Longitude: 27.93057168

Opleiding
Die tak bied tydens skietdae ook opleiding aan vir toegewyde sportskutstatus. Skakel die betrokke beheerliggaamslid indien u belangstel. Opleiding vir toegewyde jagterstatus word op 14 September aangebied. Opleiding aan juniors word ook op ʼn ad-hoc grondslag hanteer. Ons jeugkoördineerder tree in verbinding met juniors per SMS. As jy nie van ons hoor nie, kontak hom direk om jou naam op die lys te voeg.

Bewaring
Daardwerklike bewaring is een van die tak se doelwitte vanjaar. Ons geldinsamelingsprojek is ten bate van die Droogtehulp, Burre Burger se projek. Besoek http://droogtehulp.co.za/af/projek/ vir meer inligting.

Skietaangeleenthede

Op 18 Mei is die UITDAAG Spanskietkompetisie en ons doen ‘n beroep aan al ons lede om die kompetisie deel te neem. Dit is die Rooibok- en Vlakvarkskietoefeninge waarmee almal teen die tyd baie vertroud is. Ons ding mee teen Tembo-tak en Transvaal-tak.

Die April skietdag kon ons gebruiklik die drie tabelle weer uitsit. Die lede wat ons ondersteun het, baie dankie! Ons skietdag se formaat is as volg:

  • Tussen 08h00 – 10h00 skiet ons slegs jagskietoefeninge op die langbaan. Dus is daar tussen hierdie tye geen tafelskiet nie. Lede wat slegs vanaf die tafels wil skiet, sal dit eers na 10h00 of na afloop van die skietoefeninge kan doen.
  • Ons skiet in aflosse van ±15 skuts op ‘n slag. Vir die lede wat wil deelneem aan die skietoefeninge sal daar slegs een geleentheid per dag wees om dit te kan doen. Indien daar baie skuts is, doen ons genoeg aflosse sodat elkeen ten minste een kans per skietoefening kry.
  • Deelnemende skuts kry geleentheid om hul gewere in te skiet tussen 07h20 en 07h50. Baanoffisiere is aan diens om die inskiet te behartig.
  • Deelnemers moet teen 08h00 hulle name op die deelnamelys van die skietoefening plaas en gereed wees om die betrokke oefeninge te skiet.
  • Ons doen ‘n beroep op ons tak se toegewyde jagters en veral sportskuts om aan hierdie skietgeleenthede deel te neem omdat dit hulle sal help om te voldoen aan die vereistes vir die handhawing van toegewyde status.
  • Trofees word deurgaans by die maandelikse takvergaderings gemeet en geregistreer. Die inligting sal op lede se profiel op SA JAgters se aanlyn lede-administrasiestelsel verskyn.

Vir ons sportskuts en toegewyde jagters is ses maande al verstreke van die beskikbare tyd om toegewyde status te behou. Ons doen ‘n beroep op ons lede om so vroeg as moontlik te begin werk aan julle krediete. Die webwerf het ook die nuutste kalender bygewerk. Maak ‘n draai daar om te sien wat gebeur wanneer en waar.

Bemarking

Ons werk ook aan die tak se identiteit en doen ‘n beroep op elkeen van ons lede om hul takhemde na ons aktiwiteite te dra.
Ons neem deurgaans bestellings vir die nuwe takhemde wat slegs na betaling bestel word aangesien elke hemp volgens jou spesifieke naam en grote bestel word. Die prys is R350 per hemp wat die borduurwerk van beide jou naam en Wesrand se wapen insluit.

Program 2019

 

14 Mei Bestuursvergadering
18 Mei Wesrand Uitdaag Spanskietkompetisie
28 Mei Ledevergadering
11 Junie Bestuursvergadering
15 Junie Skietdag, Skietoefeninge A en Posligas
22 Junie Gallery Sporting Rifle
25 Junie Ledevergadering
16 Julie Bestuursvergadering
21 Julie Skietdag (Tabel B en posligas)
31 Julie Algemene Jaarvergadering