Back to map Transvaal

Randfontein

Chairperson / Voorsitter:
Ria Zeelie (083 390 8465)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Bestuur

Voorsitter: Ria Zeelie
Ondervoorsitter: Herman Kriel
Sekretaris en tesourier: Amanda Fürstenburg
Skietkoördineerder: Fred Jooste
Skietkoördineerder, jaggeweer: Deon Smal
Skietkoördineerder, handwapen: Justin Slabbert
Skietkoördineerder, randslag: Berty Thompson
Senior opleier: Ben Herbst
Junior opleier: Christie Venter
Adjunk junior opleiers: Wesley Reid en Rejaun Snoer
Adjunk senior opleier: Chris du Plooy
Trofeebeampte: Faan Zeelie
Jagkoördineerder: Andre Schoombee
Geleentheidsbestuurder: Antoinette Schoombie
Bewaringskoördineerder: Stephan du Toit
Adjunk-bewaringskoördineerder: Martie Jonker
Haelgeweer-skietkoördineerder: Johan de Jager
Adjunk haelgeweer-skietkoördineerders: Daneel Louw

Ledevergadering
Die ledevergadering het goed afgeskop met die uitdeel van die skiettoekennings en verwelkoming van nuwe lede. Fred Smith het met ons gesels oor sy byeboerdery en die vele voordele wat heuning en die byprodukte inhou. Almal teenwoordig het behoorlik aan sy lippe gehang.

Skietaangeleenthede
Ons gereelde skietdag was ‘n groot sukses en al die skuts het dit baie geniet om hul handwapens uit te haal en mekaar opdraand te gee. Die juniors het weer eens baie goed gevaar met die randslag dissiplines.
President- en Intertakskietbyeenkoms: Transvaal-, Wesrand- en Tembo-takke was baie goed verteenwoordig by die skietdag waar 64 skuts deelgeneem het.
In die top 20 skuts van die dag was die takke as volg verteenwoordig: Transvaal: 9; Tembo: 7; en Wesrand: 4. Baie geluk aan die skuts. In die spanverband was Tembo se Jeppe-span eerste, gevolg deur Transvaal se Ketties en Voorlaaiers wat onderskeidelik tweede en derde was. Almal het die dag en die kompetisie geniet.

Bemarking
Plaas bestellings vir hemde of breerandhoede by Lindie Wessels. Die hoede het die tak se wapen op geborduur en is beskikbaar teen R80 elk. Daar is nog 'n paar van die tak se verjaarsdaghoedjies oor. Die hoedjies kos R150 elk.

Opleiding
Ons het nie vir hierdie jaar spesifieke datums vooruit bepaal vir opleiding nie, maar verskillende kursusse sal aangebied word op aanvraag.

Program 2019

9 Mei Ledevergadering
11 Mei Skietoefening A
18 Mei Wesrand Boogjag
25 Mei Ghongskiet Rodora
28 Mei Bestuursvergadering
6 Junie Ledevergadering
8 Junie Wesrand Boogjag
15 Junie Skietoefeninge C
22 Junie Junior skietdag Rodora
26 Junie Bestuursvergadering
4 Julie Ledevergadering
13 Julie Skietoefening A
23 Julie Bestuursvergadering
27 Julie Wesrand Boogjag