Back to map Sandrivier-58

Welkom

Chairman / Voorsitter:
Gert de Necker (082 348 1959)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Bestuur

Ondervoorsitter: S Potgieter 083 357 0847
Sekretaris: M van Heerden 072 868 9186
Tesourier: M Potgieter 079 878 6345
Dames: Y van Jaarsveld 083 345 0122
Skietkoördineerder: D Smit 082 457 5705
Juniors Robin Crabb 083 787 7706

Algemeen

Takvergadering
Maandelikse takvergaderings word elke derde Dinsdag van die maand om 18:30 by Excalibur-skietbaan gehou. Ons braai na afloop van die vergadering. Bring jou vleis en drinkgoed saam. Vure word verskaf.

Skietaangeleenthede
Skietdae vind plaas by Excalibur-skietbaan op elke derde Saterdag van die maand.
Gekwalifiseerde baanoffisiere is vanaf 09:00 aan diens.
Lede en nie-lede is welkom vir die volgende skietoefeninge: randslag, haelgeweer, handwapen, jaggeweer. Bring alle belangstellendes en vriende saam.

Opleiding
Skakel Deon van Jaarsveld by 083 623 0236 vir inligting oor opleiding van baanoffisiere, Toegewyde Jagter-, Sportskutstatus en kursusse vir juniors.

Lief en Leed
Baie geluk aan lede wat in die afgelope maand verjaar het. Ons wens julle 'n vreugdevolle en gesonde lewensjaar toe.
Sterkte aan almal wat siek is en / of operasies ondergaan het – ons wens julle 'n spoedige herstel toe.