Back to map Rietbok

Pretoria Moot en Noord van die Magaliesberg

Chairman / Voorsitter:
Charles Robberts (082 441 7723)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

SAJWV skuts beïndruk tydens IGRF streekproewe

Die SAJWV Rietbok-tak het op 9 Februarie, die streekproewe van die Gallery Sporting Rifle kompetisie by die Vlakfontein-skietbaan aangebied. Hierdie proewe vorm die eerste been van die International Gallery Rifle Federation (IGRF) kompetisie, en wys die top kandidate aan wat in middel-2019 aan die finale proewe in Bloemfontein gaan deelneem. Die finale proewe bepaal die spanne wat Suid-Afrika by die IGRF Wêreldkampioenskap sal verteenwoordig teen skuts van Duitsland, Ierland, Engeland, Australië en Zimbabwe.


Die wenners van die Gallery Sporting Rifle MP Noord Streekskompetisie
1ste: Jors Humpel
2de: Boetie Kirchner
3de: Rudi Prinsloo

Die Rietbok-tak het op dieselfde dag ook ‘n klub skietdag aangebied wat die pistool- en .22 randslagskietoefeninge ingesluit het. Die algehele wenners was Ignis Steenkamp en Izél Barnett in die mans en vroueafdelings onderskeidelik.

Baie dankie aan al die skuts wat die dag saam met ons deurgebring het. Ons het baie komplimente ontvang vanaf die nasionale kantoor en ons is trots op dit wat ons het en kan bied. Dankie aan die skuts wat ver gery het om te kom deel neem. Die goeie sportmangees is noemenswaardig. Elkeen het veiligheid eerste gestel.

Ons volgende skietdag is 'n veld ghongskiet op 16 Maart. Kry gerus ʼn paar spanmaats byeen en ondersteun ons. Skakel Elize Barnett by 079 620 0275.