Back to map Riemland

Bethlehem

Chairman / Voorsitter:
Kobus Maree (082 924 5565)
Co-ordinator: Free State Region
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 Bestuurskomitee

Voorsitter Kobus Maree  082 924 5565
Ondervoorsitter en senior opleiding Danie Symington 082 563 0323
Bemarkingskoördineerder Anton Pienaar 082 490 2246
Tesourier Willie Kruger 083 628 5091
Logistiek en Jagkoördineerder Okkie Meyer 082 448 8445
Junior Opleiding Pieter Schuss 083 265 6538
Skietkoördineerder Vakant  
Bewaringskoördineerder Bertus Geldenhuys 083 462 7261
Trofeemeting en opleiding Andre Burger 083 632 8729
Sosiale koördineerder Vakant  

Algemene Nuus
Tydens die laaste bestuursvergadering is daar besluit om meer aandag aan juniors te gee en om meer geleenthede te bied om aan skietbyeenkomste deel te neem. Derhalwe sal spesiale skietdae een keer in twee maande en waarskynlik op ‘n Saterdagmiddag aangebied word. Meer besonderhede sal aan lede gestuur word. Intussen kan belangstellendes vir Pieter Schuss skakel by 0832656538 en solank hulle name opgee sodat ons julle direk kan kontak as daar finale reëlings is.

Jagaangeleenthede
Ons staan aan die begin van 'n nuwe jagseisoen. Jagters word versoek om inligting te stuur oor jagplekke wat hulle graag besoek en ook van plekke wat dalk minder aangename ervarings was. Die doel hiervan is om die inligting in ‘n databasis in te sluit tot voordeel van ander jagters. Lede kan inligting stuur aan Okkie Meyer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 082 448 8445.

Opleiding
Danie Symington staan aan die stuur van opleiding. Skakel hom by 082 563 0323 vir meer inligting.

Bewaring
Bertus Geldenhuys is ons bewaringskoördineerder. Bertus is 'n ernstige jakkalsjagter en hou daarvan om dit uiters wetenskaplik te benader. Hy is ook op die bestuur van Bethlehem se Natuurlewe Vereniging. Die Riemland-tak is bevoorreg om nou betrokke te wees by die Natuurlewe Vereniging se reservaat net buite die dorp. Hier is heelwat wild en dit is 'n besonderse plek vir voëlkykers.
Bertus het ook 'n uilprojek aan die gang waar hy poog om nonnetjiesuile se getalle in ons omgewing te verhoog. Enigeen wat wil betrokke raak kan met Bertus kontak maak.

Trofeemeting
Ons wil graag hê lede moet besonderse trofeë laat meet en opskryf. Ons wil ook erkenning gee aan individue wat besonderse trofeë gejag het. Andre Burger is gemoeid met trofeemeting en opleiding. Skakel hom by 083 632 8729 vir inligting oor opleiding in die meet van trofeë.

Program 2019

11 Mei: Presidentskiet by Bloemfontein, gasheer is Soutpan