Back to map Pretoria Oos

Pretoria Oostelike Buurte 

Chairman / Voorsitter:
Dieter Labuschagne (082 654 3280)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Website / Webwerf

Algemene nuus

Voorsitter/Bewaring: Dieter Labuschagne 082 6543 280 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ondervoorsitter/ Ren Fourie 083 2895 069 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 
Kommunikasie/Senior opleiding  Ren Fourie 083 2895 069  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 
Tesourier: Pieter Herbst 074 1381 177 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 
Jnr Opleiding & Kommunikasie: Fanie Ungerer 083 2819 780 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 
Skietkoördineerder: Nico du Plessis  078 77 7397  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 
Jnr Opleiding & Kommunikasie: Hardu Buys 082 8505 719 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 
Bemarking: Jaco Herbst  076 0458 720 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Sekretaresse/Administrasie: Mia Vermeulen 084 5815 194 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 
Haelgeweerskietkoörd/Trofee: Andy Sutton 083 6113 953 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 
Jagkoörd/Aardwolf Vert: Jaco Berch 083 4095 279 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 

Algemene nuus

Veiling 2019
Namens Dieter en die hele komitee bedank ons almal wat items vir die 2019-veiling geskenk het. Alle opbrengste van die veiling word vir ons bewaringsprojekte aangewend. ’n Besondere woord van dank aan Willi Schürmann vir die groot skenking wat hy gemaak het. Baie dankie aan lede vir hulle ondersteuning.
Veiling 2020
Ons rig nou reeds ‘n versoek aan alle lede vir skenkings vir die 2020-veiling. Rig navrae of stuur inligting aan enige komiteelid.
Blesbokke vir Rietvlei Natuurreservaat:
Die Rietvleinatuurreservaat het ‘n tekort aan blesbokke. Enige lede en grondeienaars wat dalk oorvloed blesbokke het om aan Rietvlei te skenk, kan met Dieter in verbinding tree.

20-jaar herdenking
Pretoria Oos-tak is 20 jaar oud in Oktober en spesiale hemde kan bestel word om hierdie geleentheid te vier. Plaas bestellings voor 31 Julie per e-pos aan Mia by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Nog ander items gaan spesiaal gemaak word vir hierdie vierings en ons beplan ’n lekker makietie. Meer inligting sal vanaf volgende maand beskikbaar wees.

Veiling van Olifanttande
Die twee stele olifanttande wat die tak as geskenk ontvang het, gaan d.m.v. ’n Whatsapp-groep opgeveil word. Belangstellendes kan hulle name en kontaknommers stuur aan Dieter by 082 654 3280.

Aktiwiteite
Pretoria-Oos-tak het ‘n vaste program elke maand. Die tak se skietdae vind op die tweede Saterdag van elke maand vanaf 08:00 by Generaal Piet Joubert-skietbaan plaas.
Lede-aande vind op die derde Woensdag van die maand om 19:00 plaas. Vir die volgende vier maande vergader lede by Rafters Pub & Grill. Ons sal eers weer vanaf September by Rietvlei Natuurreservaat byeenkom. 

Opleiding vir toegewyde status
Die volgende opleiding vir toegewyde status vind op 8 Augustus plaas. Vir meer inligting tree in verbinding met Mia by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Skietsake
Trofeeregister
Ons herinner lede om trofees na lede-aande te bring om gemeet te word. Andy sal lede daarmee help.
Twee portefeuljes op die takkomitee sal vanaf September 2019 vakant wees, nl:
- Sekretaris
- Haelgeweerskietkoördineerder
Stuur gerus nominasies vir hierdie portefeuljes aan Dieter of Ren.

Program

8 Junie:     Skietdag
19 Junie:   Lede-aand
13 Julie     Skietdag
17 Julie:     Lede-aand
10 Aug:     Skietdag
21 Aug:     Lede-aand