Back to map Namakwa

Springbok

Chairman / Voorsitter:
Carel Oberholzer (082 805 0181)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 Bestuurskomitee

 

PORTEFEULJE NAAM EN VAN SELFOON NR E-POS
Voorsitter Carel Oberholzer 082-805-0181 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ondervoorsitter Andre Smith 082-445-1456 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Tesourier Kobus Nel 083-633-4190 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Sekretaresse Ronel Groenewald 082-496-3710 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Kommunikasiebeampte Carel Oberholzer 082-805-0181 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Opleiding Seniors      
Opleiding Juniors Jimmy Dippenaar 079-502-7764 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Skietkoordineerder Jimmy Dippenaar 079-502-7764 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Bewaringskoordineerder Karel du Toit  082 492 8291  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 
Sosiale koordineerder Andre Smith 082-445-1456 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Trofeekoordineerder Carel Oberholzer 082-805-0181 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ledesake Ronel Groenewald 082-496-3710 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 Algemene nuus

Soos met enige nuwe Tak - ek neem maar aan dit is so - was ons fokus veral die eerste paar maande om ons baan en toerusting te verbeter en op standaard te kry. Ons is bevoorreg met ‘n baie entoesiastiese baan- en grondeienaar en eintlik is ons baan in ‘n pragtige toestand. Dit het ons toegelaat om op toerusting te fokus.

Die 400 meter lang skietbaan het dan ook ‘n gedeelte links en regs van die baan wat geskik is vir veldskiet en ook langafstand skiet. Ons kan met gemak sowat 1000 meter ver skiet vir diegene wat in hierdie dissipline sou belangstel. Ek moet sê die ghongs lui gereeld op hierdie baan en daar is altyd onderlinge kompetisie tussen die lede gewoonlik na ‘n SA Jagters skietoefening geskiet is!
Ons eerste groot uitbreiding was dan ook die aankoop van ‘n 6M houer wat ons optooi in SA Jagters-kleure en embleem waarin ons toerusting kan stoor. Dit is ongelooflik hoe gou bates toeneem wanneer ʼn mens fokus en positief bydra tot die verbetering van geriewe vir die genot van die lede.
As voorsitter is ek dankbaar vir toegewyde lede wat nie skroom om hand by te sit waar dit nodig is nie! Saam is ons ‘n gedugte span.


Skiet- en Jagaangeleenthede

Skietaktiwiteite vind maandeliks plaas en ons het die jaar afgeskop met ‘n groeperingskiet vroeg in Januarie. Hier kon lede sommer vroeg in die jaar gewere op skoot kry en ladings toets. In die volgende maande het ons skietoefeninge geskiet, die Gamoep Boerevereniging se jaarlikse Ghongskietkompetisie vir hulle georganiseer en afgehandel en ook ‘n baie suksevolle borge-dag op ons baan gehad. In kort, ek dink ons skiet genoeg en nog meer!
Die Tak het ook sy eie medalje-stelsel wat ons gebruik waneer ‘n skietdag plaasvind wat buite die spektrum van SAJWV se skietoefeninge val. Dit dien as  groot motivering vir ons juniors wat kranig kompeteer om iets vanaand huis toe te vat om vir ma te wys!

 Met Namibië op ons voorstoep, is jaggeleenthede relatief volop in ons omgewing. Ek sien lede gereeld op die baan hierdie tyd van die jaar met die groter kalibers besig om jagladings te toets of sommer net weer die stof uit die ou grotes te blaas!

Opleiding

Drie van ons bestuurslede het op 4 Mei in Citrusdal met groot entoesiasme die kursus in trofeemeet onder leiding van Boetie Kirchner bygewoon. Alhoewel die uitslae nog onbekend is, wag ons met groot afwagting daaop. Die jagters is trots op hulle bokke en ons is dan ook gretig om binnekort hulle trofees te meet en te reigstreer.
Opleiding in Toegewyde Sportskutstatus en Baanoffisiere gaan voort en die Tak is voortdurend besig met die opleiding van een of twee individue op ‘n slag.

Bewaring

Natuurlik loop bewaring en jag hand aan hand en ons is gelukkig om ‘n bewaringskoordineerder, Karel du Toit, as deel van ons span te hê. Hy is ‘n deskundige op vetplante wat ‘n baie sensitiewe deel van ons habitat in Namakwaland is. Ek voorsien dat sy bydraes in die toekoms van groot waarde sal wees, nie net vir ons tak nie, maar ook vir bewaring in SA.
Die Tak het reeds in ons kort bestaan drie bewaringsinitiatiewe afgehandel. Die belangrikste een voel ek was die skepping van ‘n waterpunt vir klipbokkies wat uiterste druk ervaar met die lang en voortslepende droogte in ons omgewing. Hierdie mooi gebaar deur van ons lede het beslis ‘n positiewe impak gehad op die voortbestaan van hierdie groepie diere op die plaas Neip in die Boesmanland.


Aktiwiteite
 
Die lede skiet, herlaai, gesels gewere en die entoesiasme ken geen perke. Idees vir verandering en groei is volop en die bestuur het sy hande vol om alle idees tot wasdom te bring.
Ons het onlangs dan ook ses windkouse op die baan opgerig om windrigting en -sterkte te bepaal. Hierdie ligte windkouse is nie net prakties vir die taak nie maar gee ook ‘n feestelikke atmosfeer aan die skietbaan.
Ons volgende groot uitdaging is die skepping/bou van ‘n administratiewe kantoor en klubhuis. Die uitgawe versus die grootte van ons tak maak dit ‘n groot ekonomiese besluit. Daar is nog nie konsensus behaal oor hierdie toekomstige ontwikkeling nie, maar ons droom groot!
Sondae sien ek ook families op die skietbaan wat sommer net vleisbraai en die buitelewe geniet. Dit prikkel die belangstelling van nie-lede in skietbedrywighede en ek kan die positiewe uitwerking van hierdie blootstelling onder die publiek sien.


Program

15 Junie:    SG04 .22 Skietoefening
20 Junie:     Kliprand Veldskiet (datum sal bevestig word)
17 Aug:       SG01 - handwapen en veldskiet